Adri Kotze: My Pad met Kanker

Adri Kotze: My Pad met Kanker.

‘n Geloofsgetuienis.

Inleiding

November 2021 koop my skoonseun vir my ‘n vliegtuigkaartjie Ierland toe.

Nou ja, toe is ek verplig om die “JAB” te vat. 23 November 2021 is ek op die vliegtuig oppad om vir my kinders in Ierland te gaan kuier, glad nie siek nie. Land 24 November, voel nog goed.

Die 27ste November begin sleg voel, 29 November positief getoets vir Covid.

Was vir 3 weke baie siek, plat in die bed en gehoes vir die beker.

Met die hoesery het my menstruasie teruggekom wat vir 5jaar weg was. In ‘n erge graad. Herstel gelukkig van Covid en geniet toe ‘n verdere maand by my kinders in Ierland, voel net baie moeg met tye.

Die dag voordat ek terugvlieg SA toe

Het my maag begin swel en ek het baie opgeblaas gevoel. Terug in SA raak die swelling erger en kan ek nie juis eet nie. Die 1ste Februarie het ek ‘n dokter gaan sien. Ek word gediagnoseer met blaasinfeksie, en dit klaar nie op in 3 dae nie.

By ‘n tweede opinie

Kom hul agter daar is fout in my buik en stuur my vir ‘n sonar. Sonar tel toe op daar is ‘n 15cm gewas in my buik, my lewer en milt is vergroot en daar is is baie vog in my buik.

Regter eierstok vertoon ook nie normaal nie.

Ons het nie ‘n mediese fonds nie

So, my enigste uitweg is toe Steve Biko.

Sondag, 13 Februarie 2022 het ons ingegaan Steve Biko toe. Op 14 Februarie, 2022 met toetse begin. X-strale, sonar, bloed getrek, Biopsie geneem by my baarmoeder.

Stuur my huistoe want hulle moet 6 weke wag vir uitslae.

Bel my die 18de Februarie en sê ek moet dringend die 21ste Februarie kliniek toe kom. Dokter deel my mee dat my bloedtellings oor die 900 is en, dat ek dringend geopereer moet word.

Ek word gediagnoseer met “Kanker van die eierstok en uterus.”

My HB bloedtelling was ook baie laag. Dit was 7.5 in plaas van 12.

Ek word 28 Februarie 2022 opgeneem. Moet 5 eenhede bloed ontvang. My bloedgroep is B negatief.

Ek glo dat die Here spesifiek vir my bloed eenkant gesit het, wat alreeds op my verjaarsdag geskenk was. Hy het vooruit beplan, dit was vir my iets wonderlik.

Operasie word toe eers die 9de Maart gedoen omdat die HB in bloedtelling laag bly. “Die kanker verteer my bloed”, so verduidelik die dokter toe vir my.

Ek ontvang met die operasie ook ‘n histerektomie en hul verwyder ook my blindederm.

Volgens die dokters was die operasie ‘n groot sukses. Hul kon alles wat kwaadaardig was, verwyder en ‘n verdere 3 liter vog uit my buik getap.

Die herstelproses het goed gegaan

Dit was net baie pynlik en seer, maar, ek het deurgedruk. Ek kry erge brandpyne in my linker en  regterbeen en voel asof die been ‘n kol het wat dood is.

Kom later toe agter dat my “Sciatic Nerve” in teater seergekry het, en ek sukkel nou nog daarmee.

Met my 6 weke ondersoek

Kon ek nie ‘n skoon verslag ontvang nie. Hul sê net dat ek moet voorkomend Chemo en bestraling moet ontvang.

Ek hoor en lees van Pierre. Vele mense praat van hom. Op 26 April 2022, klop ek by Pierre aan vir hulp.

Ek kry na ‘n besoek aan hom sy hele regime van voeding vir die immuunsisteem.

  • Geen suiker en stysel nie
  • Kolon skoonmaak en lewer detoks
  • Kolostrum
  • Kollageen
  • Fulvicsuur
  • Al sy probiotika en Bioworx en Umkhonto en sy kefir
  • En sy Kabucu produk, wat uit kankerbos, buchu en curcumin met bioperine bestaan.

Ek het die hele kombo wat help om die immuunsisteem te ondersteun om kanker te beveg.

Maggie Viviers

My pad kruis met een van sy personeel, wat spesiaal die 27ste April inkom om ‘n sagte immuunstimulering op my liggaam te doen.

Ek stap toe die pad met Pierre en sy personeel. Drink al die voorgestelde produkte as voeding om my immuunstelsel kragtig te maak en gaan gereeld vir immuunstimulering by Maggie.

Ek word verwys op 11 Mei na “Radiation Oncology”

Die dokter vind niks op my leër waarmee gewerk kan word wat chemo of bestraling nou regverdig nie. Daar is ook geen teaterverslae nie.

Bloed word getrek.

Stuur my vir ‘n CT -skandering. Ook terug na Ginekologie om daar verslae te gaan kry.

By Ginekologie is die oordeel dat ek nog baie kanker in my liggaam het en dat ek bestraling en chemo moet kry. Maar, daar is geen nuwe verslae van die bloedtoetse nie. Die bloed van 11 Mei het gestol. Die Laboratorium kon dit nie gebruik nie.

Op 8 Junie trek hulle weer bloed by “Radiation Oncology”

Dit is om vas te stel wat die kankertelling nou in my bloed is. ‘n Afspraak word geboek vir 15 Junie 2022 om die uitslae te bespreek by “Medical Ongcology” en, om uiteindelik ‘n Onkoloog te sien.

Ek besluit toe om by Ampath die 12de Junie vir bloedtoetse te gaan.

Die onsekerheid vreet my op. Landwyd het ek vir mense gevra om te bid vir my genesing.

Mandag 13 Junie 2022 kry ek hul uitslae en my nuwe kankertelling.

  • CA-125 was 910 en nou 10
  • CA-19-9 was 838 en nou 4

My hart en my hele wese juig van dankbaarheid. Ek prys God en sê dankie. Dankie vir Pierre se produkte, wat nie enige erkenning wil hê nie. Dankie vir my immuunstelsel. Dankie vir Maggie se omgee en hoop en bid en immuunstimulering by die fabriek.

Ek prys God vir genesing en Pierre vir sy produkte wat bygedra het tot my genesing. En natuurlik Maggie (wat ook gebid het) en die limfklier dreinering gedoen het.

 Ek glo ek is vry van kanker. Ek moet dit nou net oppas en handhaaf.

Die feite is: I’m a cancer survivor!!! Jy moet veg om ook een te word.

November 2021👆🏻

Net na haar operasie in Maart 👆🏻

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: