T0txc2_5zT-W1x

Inleiding

Kollageen is waarskynlik die proteïen wat die meeste in die liggaam voorkom en waarskynlik 30% van die proteïene in ‘n liggaam verteenwoordig.  Moderne tegnieke soos die hidrolisering van kollageen, (die verbreking of afbreking van sy natuurlike vorm), het meegebring dat kollageen meer bio-opneembaar is vir funksies in en vir weefsel in die die liggaam.

oF91vsGdhxnu9Z

Kollageen is die belangrikste komponent in die verbindingsweefsel in die liggaam. Daar is groot  hoeveelhede kollageen te vind in mens en dier se ligamente, vel, spiere, senings ens.

kTmTuWh3d8MLtF

Kollageen het vele belangrike funksies in die liggaam. Kollageen speel ‘n belangrike rol by die verstadiging van die oudword proses. Die voorkoms van die vel moet ‘n natuurlike ferm gesondheid projekteer, wat ten alle tye instaat is om eksterne faktore en vrye radikale se invloed te weerstaan.

BalmS2

Nog ‘n belangrike aspek van die vel se voorkoms, is ‘n skelet wat beensterkte waarborg.

Verskeie voedselsoorte is hoë bronne van kollageen, soos varkvel en ook murgbene waarmee voedsame disse soos bron en sop gekook kan word. Die inname van kollageen in bio-opneembare vorme het vele voordele, soos;

  • Velgesondheid
  • Verligting van gewrigspyn
  • Voorkoming van beenverswakking en bevordering van beendigtheid
  • Bou van spiere
  • Hartgesondheid
  • Breingesondheid
  • Kolongesondheid
  • Hare en naelgesondheid
  • Gewigsverlies

hIIi3qFvjvKsw0

Kollageen het vir baie goeie redes populêr geword.

Veral in gehidroliseerde formaat wat beteken dat dit afgebreek aangebied word sodat dit meer bio-opneembaar kan wees in die spysverteringstelsel.  Kollageen kom voor in varkvel en bene of beenmurgsop.

Gehidroliseerde Kollageen

Kollageen in die Literatuur het vele gesondheidsvoordele;

6O3GNQtt-edsnY

Kollageen is ‘n wesenlike gedeelte van die vel, die grootste oorgaan in die mens en dier se liggaam.

  • Kollageen versterk die vel se selle aktief
  • Bevorder beweegbaarheid of elastisiteit van die vel
  • Voorkom dehidrase van die vel

5pP59mf2xcNKV8

Namate mens ouer word, begin die dierlike liggaam minder kollageen produseer. Dit verlaag vogvlakke in die selle, (dehidreer), wat plooie se vorming meebring weens die vedroging wat meebring dat die selle aan die oppervlak wat die vel jeugdig moet hou, veroudering bevorder en dus skade opdoen.

Son-op-gesig

Voedselsoorte wat help vir ‘n gesonde vel kan hier gevind word.

Verskeie studies bevind dat kollageenpeptiedes help dat die vel nie voortydig verouder nie. Maar dan moet die kollageen afgebreek wees (Gehidroliseer) sodat dit bio-opneembaar vir die liggaam kan wees.

  1. Voordele van gehidroliseerde kollageen
  • Die inname van gehidroliseerde kollageen stimuleer die liggaam om weer self weer kollageen te vervaardig
  • Stumuleer die produksie van proteiensoorte (elastien en fibrilien) wat die struktuur van die vel intakt hou en versterk.
  • Dit waarde van die twee proteiene  kan in die skakels onderstaande bestudeer word

61lkB0i3dRll81

  1. Gewrigspyne en probleme
  • Kollageen se vervaardiging in die liggaam wat weens ouderdom verminder, veroorsaak die die verswakking van onder andere kraakbeen.
  • Die verswakking van kraakbeen wat belangrik is vir gemaklike gewrigsfunksies, kan degeneratiewe en disfunksionele gewrigte meebring wat tot osteoartritus lei.
  • Dit is dus nog ‘n funksie van gehidroliseerde kollageen om die vorming van kraakbeen te stumuleer, om kraakbeenverliese te herstel en te versterk en
  • Om funksionele werking van gewrigte met genoegsame nuwe kraakbeen te bevorder.
  • Verskeie studies het bevind dat die inname van 2-10 gram kollageen oor ‘n tydeperk van 2 maande, gewrigspyne aansienlik verminder het en beweging van beseerde atlete tot ingeperkte ouer mense aansienlik verbeter het.
  • Verskeie navorsers teoretiseer dat kollageen wat per mond ingeneem word, in kraakbeen in die liggaam akkumuleer en dit stimuleer die immuunstelsel om weer eie produksie van kollageen in die liggaam in produksie te bring.
  • Daar is ook verskeie studies wat beweer dat die inname van 8-12 gram kollageen per dag, aansienlike vermindering van gewrigspyne meegebring het.

Opsomming

  • Die inname van kollageen verminder dus inflammasie in gewrigte en stumuleer die sintese of vervaardiging van kollageen in die liggaam.
  • Veral belangrik vir persone wat van sportbeserings herstel, operasies, ouderdom en ook osteoartritus probleme ondervind.

OIPQOJD3UER

  1. Kollageen kan ook beenverlies verhinder

 

Die bene in die skelet is hoofsaaklik kollageen en word onderhou en gebou deur kollageen.

LMjkefYD3D3UjX

Kollageen gee die bene in die liggaam struktuursterkte. Kollageen is die belangrikste proteien in bene en bevat verskeie aminosure, prolien, lysien, wat bene help vorm, ook spierweefsel, ligamente en ander weefsel.

Soos wat die produksie van kollageen in die liggaam weens ouderdom verminder, verminder beenproduksie, beensterkte en beendigthied weens die tekorte aan kollageen.

Body-Consists-Of-Collagen

Kollageen, bevind die Literatuur, verminder die verbrokkeling van beenstrukture, die verswakking van velstrukture, verminder die kanse op die vorming van osteoartritus, osteoperose, en beenfrakture wesenlik.

93NAr7ZrG2QfJX

Opsomming

Die inneem van gehidroliseerde kollageen bevorder beendigtheid en behoort ook die proteiene in die bloed wat die aftakeling van beenstrukture (weens ouderdom) bevorder, te inhibeer.

  1. Kollageen en Spiervorming

OIPG07R5JYC

  • Kollageen is die proteien wat die meeste gevind word in spiermassa. Kollageen, of die proteien “kollageen” is nodig om spiere sterk en funksioneel te hou.
  • Persone met “sarcopenia”, of persone met die verlies van spierfunksies en spiermassa, kan baie baat by die inname van kollageen.
  • Navorsers teoretiseer dat gehidroliseerde kollageen wat ingeneem word, oor ‘n tydperk aansienlike spierversterking kan meebring, omdat dit die proteien “kreatien” stimuleer en spierversterking wesenlik bevorder.

Collagen

  1. Kollageen en Hartgesondheid

anatomy-of-the-human-body-1279987-300x277

  • Verskeie Literatuurstudies teoretiseer oor watter bydrae gehidroliseerde kollageen speel by hartgesondheid, omdat kollageen struktuur verleen aan bloedvate, hartspiere en die sterkte van hartkleppe.
  • Tekorte aan kollageen in die hart kan ‘n toestand genaamd “aterosklerose” veroorsaak, ‘n toestand waar hartvate verhard en dalk ook plaakagtige materiaal in die are versamel. ‘n Toestand aalgemeen aanvaar die oorsaak is van hartaanvalle.
  • Studies wil ook beweer dat die inname van kollageen ook die opname van goeie cholestrol (HDL) bevorder, ‘n belangrike aspek by risiko’s van die hart.
  1. Bykomende Voordele van Kollageen

nail-fungus-600px

  • Versterking van hare en naels
  • Voorkom verbrokkeling van naels
  • Kan help dat hare minder breek en langer groei
  • Is ‘n belangrike rolspeler by die herstel van lekkende dermwande, ook genoem leaky gut syndrome.
  • Breingesondheid en, daar is beweringe dat dit ook gemoedere verhoog en verbeter wanneer kollageen genoegsaam ingeneem word en, tekens van depressie en angs kan verlig
  • Gewigsverlies, omdat dit selle se metabolisme verhoog

Opsommend

  • Daar is sterk aannames dat kollageen die hart, brein, vel, hare, naels ander organe se strukture ondersteun en versterk.
  • Daar is in onlangse studies die belangrikheid van die “leaky gut” sindroom uitgewys in die onstaan van outoimmuunsiektes.
  • Kollageen speel ‘n belangrike rol in die herstel van selle en selwande in die spysverteringskanaal, wat die bron en oorsaak is van vele van die ongeveer 80 tipes auto immune siektes in die liggaam.

Voedselsoorte wat kollageenopname bevorder

  • In voedsel soos hoendervel, varkvel, beespote, afval en “bone broth” of sop van bene gekook. Dit sluit viskopsop in.
  • Verskeie groentes
  • Verskeie vrugte

Ensieme in die spysverteringstelsel breek kollageen in voedsel af in individuele aminosure en peptides.

Gehidroliseerde kollageen is kollageen reeds afgebreek en daarom sal die inname daarvan beter opgeneem word in die liggaam, as die soorte van kollageen wat die ensieme in die spysverteringstel nog op afbreek om te metaboliseer en om bio-opneembaar vir die liggaam te wees.

Newe-effekte van kollageen.

  • Daar is nie veel bekend oor die newe effekte wat by die inname van kollageen bestaan nie
  • Daar kan wel individue wees wat vir sekere kollegeentipes allergies kan wees, soos skulpvis, vis en eiers.
  • Hier is ‘n skakel na algemene allergieë in voedselsoorte
  • Sommige mense noem dat hul met die inname van sekere kollegeenryke kossoorte hardlywigheid ervaar, sooibrand en ‘n ervaring dat hul oorversadig is.
  • Sommige mense noem dat kollageen hul ‘n slegte smaak in die mond gee.

Opsomming

  • Gehidroliseerde kollageen het meer voordele in opname as die kollageen wat in voedsel afgebreek moet word vir opname
  • Kollageen is ‘n baie veilige en gesonde produk, met vele gesondheidsvoordele betreffende selle en selstukture in die ligaam by kritiese organe.

Bykomende Leestof

  1. Oorspronklike artikel in Healthline
  2. Here’s What You Need to Know About Vegan Collagen – EcoWatch ›
  3. What Are the Benefits of Collagen Powder and Supplements? | Time ›

 

2 Comments on “Pierre @ Ecohealth Gehidroliseerde Kollageen”

  1. My man het nierversaking. Het blaas verwyder en n nuwe blaas van sy dunderm, deur meds ens nier verloor en deur sepsis 2de nier wou verwyder en ekt geweier. Tussen 9 en 15% werking. Was op dialise…nou amper 3jaar sonder dialise…geen medikasie. Ekt met gemmer, suurlemoen, pietersielie en pynappel of blueberries begin. Hys positief en werk voltyds. Die nier dieët net baie sleg vir hom en daar n groot uitdaging want word gegee volgens etiese afrika oorlewing. Hy was hoogs allergies van kinsbeen af. Ek weet die beste is om net die kalium te beheer en die gut en infeksie maar dít is uitdagend. Wat stel jy voor asseblief…hy glo nie aan n masker en gebruik geen medikasie..n ruk lank dr Vogel se alkaliese poeier gebruik om sy suurvlak te beheer

    Like

Leave a comment