n Brief van ‘n lid

Goeie middag Pierre.

Ek het verlede jaar Mei raad gevra oor my toon naels wat al 20 jaar sukkel. Het behandel soos jy aanbeveel het maar kry nog nie resultate nie. Intussen het naels weer begin verbrokkel en kom soos doppe af. Naels is heeltemal los van die naelbed.

toe

Net ter inligting

  1. Wat ons met die vorige behandeling reggekry het was om die swam /fungi dood te maak
  2. Sou ons dit nie doen nie, sou ons nooit die naelbed en naelsplaat skoon kon kry, voed en die die hele toon se oppervlakte en groeiarea probeer normaliseer om natuurlike groei op die naelplaat te verkry nie.

Om ‘n los nael en of toonnael te hê kan baie irriterend wees. Veral as mens nie die oorsaak daarvan weet of kan beheer en behandel nie.

In meeste gevalle is die losmaking van die naelplaat iets wat oor tyd gebeur. Behalwe by trauma, waar die nael seergemaak is en of bloed opbou onder die naelbed en blou word.

onychomycosis

Die Anatomie van ‘n Nael

  • Die nael staan bekend as die naelplaat.
  • Dit is geheg aan die naelbed, die velkleurgedeelte onder die naelplaat.
  • Die wit halfmaan word as identifiseer as “Lunula”
  • Die lunula merk die gebied af waar die naelmatrix begin, waar naelgroei ontstaan
  • Enige skade by die naelmatrix, kan veroorsaak dat die nael van die naelbed skei en dus afval

unnamed

Ander oorsake van naels wat los word.

  • Die toestand word “Onycholysis” genoem en word deur fungi “onychomycosis
  • Die toestand word gewoonlik by mense gevind wat se hande of voete meer as normaal aan water blootgetsel word.
  • Allergiese reaksies teen naelprodukte, pedikure
  • Psoriasis
  • Fotosensitering weens medikasie
  • Skildklierprobleme
  • Bloedarmoede
  • Bakteriese infeksies

p-1-whats-up-with-the-toenails-1517492144

 

Sommige voorkoms van infeksies is;

  • Naelverkleuring
  • Naelverdikking
  • versameling van vuilgoed onder die nael of in die hoeke
  • naels wat losraak
  • naelfungi wat soms ‘n groen en ook bruin kleur vertoon
  • verkeerde skoene

Vele harde oefeninge, hardloop, ballet of sportsoorte wat hard is op die voete en toonnaels kan bloeding onder die toonnaels veroorsaak,

Sal naels weer teruggroei

Enige besering aan die naelmatriks kan veroorsaak dat die naelgroei permanent van kleur of tekstuur of vorm kan verander.

Damaged-Toenail-Bed

Moontlike behandelinge

 

Olive-scrub1

  • Smeer die voete goed met ons olyfolie pulp.
  • Doen dit oornag waar dit kan, of as dit net toonnaels is, sit die toon met die olie in ‘n kondoom, of vinger van sjirurgiese handskoen en dra deur die dag
  • Week dan wanneer dit kan, in ‘n voetbad met gelyke hoeveelhede Engelsesout, koeksoda, suiker en sout

homemade-remedy-foot-fungus-GettyImages-513653459-inside

  • Skaf ‘n visdampompie aan wat die water sirkuleer en as dit moontlik is, fokus op die infekteerde toonnael om die toon skoon te was met die waterstroominge.
  • Gewoonlik is die toonnael daarna verskriklik sag

images (3)

  • Sou die toonnael ingroei, knip die toonnael met ‘n baie skerp en skoon knipper of toonnaeltang (gebruik warm water en of spiritus)
  • Moenie die nael op enige manier skeur nie, of in die naelbed terug knip nie.
  • Drup ook voor of na die tyd, 10-20 druppels peroksied, 3% Volume 10, op die geinfekteerde area en laat dit die bakterie of fungus goed uitkook
  • Spoel af met flou soutwater. 2 Teelpels tafelsout in 1 liter skoonwater.

Vele bakteriese salwe kan ook in die kondoom gebruik word, soos Bactoban

Oorweeg liewers om die proses ‘n paar keer te herhaal, soos in behandelinge beskrywe. Met die olyfoliepulp, wat uiters voedsaam is vir die vel, met vele minerale in die pulp om die area te penetreer en die ontsteking en bakterie/fungi se voortbestaan te ontwrig.

Onychomycosis-Getty-Manuel-F-O-0738c55a0e9446d3b7e9c39837a29c4f

  • Nie net sal dit die nael en naelbed en matriks voed met minerale nie
  • Dit sal ook suurstofbehoefte van die bakterie en fungi afsny
  • Die habitat waarin bakterie en fungi floreer vernietig
  • Die hele weefselstruktuur sag maak
  • Sodat behandeling met water en die pompie behoorlik onder die nale voldoende infeksiebeheer kan toepas.

Verdowing

  1. Emla salf
  2. Allergex salf of soortgelyk

Deurlopende behandeling

  1. Gewone zincsalf kan in ‘n kondoom geplaas word en oor die toon getrek word.
  2. Lees die skakel oor die werkinge van zinc
  3. Trek kous bo oor en poog om die zinc permanent op die ontsteekte toon te hou.
  4. Die zinc sal die selle penetreer, die ontsteekte selwande se integriteit versterk en ook verhoed dat die fungi/bakterie kan repliseer oor aanwas.
  5. Oxygenated Olive oil (Ozone salf)
  6. Antioxidant Salf

download (1)

Tooninfeksies moet ook van binne die liggaam beveg word

  1. Bloedtoetse sou aantoon dat die witbloedtelling/infeksietelling verhoog is. Daarom is dit nodig om ook die immuunstelsel te ondersteun
  2. Kolostrum
  3. Kollageen

ColosW

  1. Fulvic suur
  2. Probiotika
  3. Curcumin plus om ontsteking te inhibeer
  4. Triphala om die lewer skoon te maak
  5. Vitmiene A-Z

Oxygenated

Laaste behandeling

Dit word voorgestel dat kolostrum later gebruik word as poeier, miskien gemeng met wondsproei om dit n vaster basis te gee, en dit later ook in kondoom te plaas om die nodige groeifaktore op die beskadigde selle te plaas om soveel as moontlik natuurlike herstel van die skade te bevorder.

Pierre van Niekerk ©

Leave a comment