Ingroei Toonnael Behandeling

Featured

n Brief van ‘n lid

Goeie middag Pierre.

Ek het verlede jaar Mei raad gevra oor my toon naels wat al 20 jaar sukkel. Het behandel soos jy aanbeveel het maar kry nog nie resultate nie. Intussen het naels weer begin verbrokkel en kom soos doppe af. Naels is heeltemal los van die naelbed.

toe

Net ter inligting

  1. Wat ons met die vorige behandeling reggekry het was om die swam /fungi dood te maak
  2. Sou ons dit nie doen nie, sou ons nooit die naelbed en naelsplaat skoon kon kry, voed en die die hele toon se oppervlakte en groeiarea probeer normaliseer om natuurlike groei op die naelplaat te verkry nie.

Om ‘n los nael en of toonnael te hê kan baie irriterend wees. Veral as mens nie die oorsaak daarvan weet of kan beheer en behandel nie.

In meeste gevalle is die losmaking van die naelplaat iets wat oor tyd gebeur. Behalwe by trauma, waar die nael seergemaak is en of bloed opbou onder die naelbed en blou word.

onychomycosis

Die Anatomie van ‘n Nael

  • Die nael staan bekend as die naelplaat.
  • Dit is geheg aan die naelbed, die velkleurgedeelte onder die naelplaat.
  • Die wit halfmaan word as identifiseer as “Lunula”
  • Die lunula merk die gebied af waar die naelmatrix begin, waar naelgroei ontstaan
  • Enige skade by die naelmatrix, kan veroorsaak dat die nael van die naelbed skei en dus afval

unnamed

Ander oorsake van naels wat los word.

  • Die toestand word “Onycholysis” genoem en word deur fungi “onychomycosis
  • Die toestand word gewoonlik by mense gevind wat se hande of voete meer as normaal aan water blootgetsel word.
  • Allergiese reaksies teen naelprodukte, pedikure
  • Psoriasis
  • Fotosensitering weens medikasie
  • Skildklierprobleme
  • Bloedarmoede
  • Bakteriese infeksies

p-1-whats-up-with-the-toenails-1517492144

 

Sommige voorkoms van infeksies is;

  • Naelverkleuring
  • Naelverdikking
  • versameling van vuilgoed onder die nael of in die hoeke
  • naels wat losraak
  • naelfungi wat soms ‘n groen en ook bruin kleur vertoon
  • verkeerde skoene

Vele harde oefeninge, hardloop, ballet of sportsoorte wat hard is op die voete en toonnaels kan bloeding onder die toonnaels veroorsaak,

Sal naels weer teruggroei

Enige besering aan die naelmatriks kan veroorsaak dat die naelgroei permanent van kleur of tekstuur of vorm kan verander.

Damaged-Toenail-Bed

Moontlike behandelinge

 

Olive-scrub1

  • Smeer die voete goed met ons olyfolie pulp.
  • Doen dit oornag waar dit kan, of as dit net toonnaels is, sit die toon met die olie in ‘n kondoom, of vinger van sjirurgiese handskoen en dra deur die dag
  • Week dan wanneer dit kan, in ‘n voetbad met gelyke hoeveelhede Engelsesout, koeksoda, suiker en sout

homemade-remedy-foot-fungus-GettyImages-513653459-inside

  • Skaf ‘n visdampompie aan wat die water sirkuleer en as dit moontlik is, fokus op die infekteerde toonnael om die toon skoon te was met die waterstroominge.
  • Gewoonlik is die toonnael daarna verskriklik sag

images (3)

  • Sou die toonnael ingroei, knip die toonnael met ‘n baie skerp en skoon knipper of toonnaeltang (gebruik warm water en of spiritus)
  • Moenie die nael op enige manier skeur nie, of in die naelbed terug knip nie.
  • Drup ook voor of na die tyd, 10-20 druppels peroksied, 3% Volume 10, op die geinfekteerde area en laat dit die bakterie of fungus goed uitkook
  • Spoel af met flou soutwater. 2 Teelpels tafelsout in 1 liter skoonwater.

Vele bakteriese salwe kan ook in die kondoom gebruik word, soos Bactoban

Oorweeg liewers om die proses ‘n paar keer te herhaal, soos in behandelinge beskrywe. Met die olyfoliepulp, wat uiters voedsaam is vir die vel, met vele minerale in die pulp om die area te penetreer en die ontsteking en bakterie/fungi se voortbestaan te ontwrig.

Onychomycosis-Getty-Manuel-F-O-0738c55a0e9446d3b7e9c39837a29c4f

  • Nie net sal dit die nael en naelbed en matriks voed met minerale nie
  • Dit sal ook suurstofbehoefte van die bakterie en fungi afsny
  • Die habitat waarin bakterie en fungi floreer vernietig
  • Die hele weefselstruktuur sag maak
  • Sodat behandeling met water en die pompie behoorlik onder die nale voldoende infeksiebeheer kan toepas.

Verdowing

  1. Emla salf
  2. Allergex salf of soortgelyk

Deurlopende behandeling

  1. Gewone zincsalf kan in ‘n kondoom geplaas word en oor die toon getrek word.
  2. Lees die skakel oor die werkinge van zinc
  3. Trek kous bo oor en poog om die zinc permanent op die ontsteekte toon te hou.
  4. Die zinc sal die selle penetreer, die ontsteekte selwande se integriteit versterk en ook verhoed dat die fungi/bakterie kan repliseer oor aanwas.
  5. Oxygenated Olive oil (Ozone salf)
  6. Antioxidant Salf

download (1)

Tooninfeksies moet ook van binne die liggaam beveg word

  1. Bloedtoetse sou aantoon dat die witbloedtelling/infeksietelling verhoog is. Daarom is dit nodig om ook die immuunstelsel te ondersteun
  2. Kolostrum
  3. Kollageen

ColosW

  1. Fulvic suur
  2. Probiotika
  3. Curcumin plus om ontsteking te inhibeer
  4. Triphala om die lewer skoon te maak
  5. Vitmiene A-Z

Oxygenated

Laaste behandeling

Dit word voorgestel dat kolostrum later gebruik word as poeier, miskien gemeng met wondsproei om dit n vaster basis te gee, en dit later ook in kondoom te plaas om die nodige groeifaktore op die beskadigde selle te plaas om soveel as moontlik natuurlike herstel van die skade te bevorder.

Pierre van Niekerk ©

Lewer Detoks

Natuurlike manier om lewer te detoks.
big-liverdetox
Vele begryp nie die belangrikheid van die lewer en hoe om byvoorbeeld “Fatty Liver” af te breek en die lewer natuurlik te detoks nie.
Detoks jou lewer gereeld, ten minste 1 x ‘n week.
phases-of-liver-detoxification-infographic
Jy kan dit ook elke dag doen. Hierdie is ‘n saamgestelde mengsel vanuit 27 verskillende organiese resepte
  1. 3-4 lemoene
  2. 1 suurlemoen
  3. 1 lemmetjie
  4. 150-200 ml skoon water
  5. 5 klein huisies /klofies/ knoffel
  6. 25 mm vars gemmer
  7. Ekstra virgin (witte reine maagdelike) olyfolie 5 eetlepels.
  8. 3 x Triphala
  9. 2 x Spice Mix
  10. 5 ml organiese appelasyn
  11. 5 ml Fulvic suur

1370037958_detox-pathways

  • Sit in ‘n blender en maal vir hulle vir 2-3 minute
  • Elke bestandeel hier speel ‘n belangrike rol in lewergesondheid in die proses om van gifstowwe in die lewer ontslae te raak.
  • Kan eenmalig of deur die dag of laaste ding voor slapenstyd ook gebruik word. Ek dink nie jy hoef dit sommer een slag weg te sluk nie.

images (3)

  • Proe persoonlik nie te onaardig nie, wat Fulvic suur as prima noodsaaklike produk is vir my verskriklik sleg, maar bitter nodig.
  • In twee toetsweke het ek persoonlik 2 kg verloor sonder enige aanpassing in die diëet.

31732f80946e20f88938d76c8eb32b9d

  • Het ook 1  x ‘n week ook geaktiveerde houtskool gedrink om van alle swaarmetale en giwwe ontslae te raak.
  • Het die lewer laat toets na die twee weke en die in prima gesondheid gevind. Geen skete, moontlike “fatty liver” tekens nie anders dan ten volle funksioneel en normaal.

LIVER.001

Kandida 1

  1. Inleiding

Die term “Kandida” blyk ‘n onderwerp te wees wat liewers vermy word. Dit blyk ook dat dit verkeerd gediagnoseer word. Enkele gerespekteerde mediese artikels in Mediese Joernale spreek die onderwerp aan en dit dien as die verwysingsbron van die skrywe.

maxresdefault

Kandida se wetenskaplike naam is “Candidiasis” (candida overgrowth), ‘n mediese toestand wat in die 1970’s deur Amerikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer is. Beperkte hoeveelhede kandida is in elke mens se liggaam teenwoordig.

candida-overgrowth-symptoms-V

2. Kandida in die Algemeen

Kandida is deel van die groep “negatiewe bakterie” wat deel is van elke mens se bestaan. Wanneer mens gesond is, lewe kandida in die spysverteringstelsel as ‘n gis wat meeding met ander bakterie vir plek en oorlewing in die spysverteringstelsel.

candida-test-treatment-for-candida-candida-overgrowth-treatment_3

  • Soos bakterie, is kandida aërobies. Dit is afhanklik van suurstof.
  • Wanneer ‘n mens afsterwe, stop suurstofryke bloed om deur ons liggame te vloei. Wat meebring dat bakterie afsterf

hqdefault1

  • Maar kandida, soos alle vorms van gis (yeast), omvorm in ‘n suurstofarme (anaerobiese) omgewing in fungi (spore) wanneer suurstof afgesny word.
  • Kandida as fungi in ‘n anaerobiese omgewing versprei sy spore radikaal in omgewings of habitatte in die liggaam wat vir welke redes, soos met die afsterf van ander probiotiese bakterie (antibiotika) vakant gelaat word.

candida-2.jpg

  • Kandida in spoorvorm is instaat om deur die wande van die spysverteringstelsel te beweeg.
  • In spoorvorm vestig kandida in ander liggaamsdele waar dit velerlei siektetoestande en mediese kondisies veroorsaak.

2b18b64

Kandida vernietig ander selle in die liggaam se selwande. Op die manier voorsien dit voedsel aan ander skadelike organismes. Baie spesifiek die wurmgroepe wat die liggaam verteer.

a21cf9d59c851e868e51fe7b12d94fa0--candida-symptoms-candida-diet

Die Egiptenare het dit duisende jare gelede ontdek wanneer hul dooie liggame wou mummifiseer. Hul het die binnegoed so vinnig moontlik na afsterwe verwyder om verrotting te keer wanneer hul die liggaam met plantolies wat fungi verdryf gebalsem het om oorblywende fungi te dood of te neutraliseer.

Met die diagnose van kandida by ‘n persoon, beteken dit in effek dat die “verrotting” by die persoon reeds begin het.. Wyl hul nog steeds lewe.

symptoms-of-toenail-fungus-600x270

Klink verskriklik erg, maar kandida maak nie noodwendig ‘n persoon onmiddellik dood nie. Wat dit in wese beteken is dat wanneer kandida in groot getalle in ‘n persoon se liggaam gevind word, die immuunstelsel ‘n enorme stryd het om ‘n persoon gesond te hou. Wat ‘n geweldige tol eis wanneer ‘n persoon met verdere medikasie kandida in groter getalle vestig in die liggaam.

4c1faed5ea78584b60387870f56a5f3b--systemic-candida-candida-albicans

Nuwe Literatuur toon aan dat kandida in sy weerstandige vorm in hospitale wel die dood van vele mense veroorsaak. Volg gerus die skakels soos hier gegee vir bewyse van kandida wat Suid Afrikaanse hospitale as een van die “Super bugs” bekend staan.

Lees ook hier verder wat in die Mediese Joernaal “Mycoses” staan en ook hier oor Kandida Auris.

Everything was positive — the walls, the bed, the doors, the curtains, the phones, the sink, the whiteboard, the poles, the pump,” said Dr. Scott Lorin, the hospital’s president. “The mattress, the bed rails, the canister holes, the window shades, the ceiling, everything in the room was positive.

“C. auris is so tenacious, in part, because it is impervious to major antifungal medications, making it a new example of one of the world’s most intractable health threats: the rise of drug-resistant infections.”

ClinicalTrend11-18-16

Kandida het ‘n erg negatiewe invloed by persone wat onderdrukte of onderdrukte  immuunstelsels. By nuwe geboortes, babas sonder gesonde hoeveelhede kolostrum,  ouer verswakte persone, diabete, rokers, persone met reeds gevestigde auto-immuun siektes en persone wat steroïede neem.

Verskillende vorme Kandida

Die National Candida Society groepeer kandida in verskillende groepe.

Groep 1: “Leaky Gut Syndrome”

Skade aan die dermkanale, wat die dermkanale deurlaatbaar maak en meebring dat die afvalstowwe van die liggaam tesame met toksienes wat vir uitskeiding in die dermkanale van die lewer en gal gestort word, deur die dermkanale filtreer terug in die bloedstroom in.

Candida-Intestines

Kandida wat deur die dermkanale beweeg veroorsaak onder andere die volgende;

  • Voedselallergieë
  • Hoofpyne en migraines
  • Seer spiere
  • “Foggy brain”

Groep 2: Disfunksie van die Endokrienstelsel.

Wanneer kandida spore deur die dermkanale filtreer in die liggaam in die bloedstroom en in spoorvorm in ander organe beland, het dit volgens die Literatuur die vermoë om die funksionele werking van die Endokrienstelsel totaal te verongeluk. Die endokrienstelsel in ‘n disfunksionele staat te laat funksioneer.

candida-2.jpg

Die National Candida Society noem die volgende simptome by ‘n disfunksionele endokrienstelsel.

thNUS59AOH

  • “Cystitis” wat blaas infeksie is, of urienweginfeksie, wat deur ʼn bakterie veroorsaak word.

Header-Candida-Overgrowth

Groep 3: Ingewandskwale

  • “Bloatedness” of opgeblase gevoel
  • Diarree
  • Hardlywigheid
  • Flatulence of buitengewoon hoeveelheid winde.

Kandida word ook geïmpliseer by Endometriosis  en, word ook hier geïmpliseer

Antibiotika en anti-swam of fungi medikasie

Is belangrike medikasie om verskeie tipes infeksies by mense en diere te beheer. Antibiotika word wyd gebruik in die landbou by dierproduksie, veral hoenders, en varke. Produkte wat swamme beheer word wyd gebruik om te verhoed dat groente en vrugte verrot.

Sommige wetenskaplikes blameer die wye gebruik van antibiotika en anti-fungi of swam produkte vir die groter skadelike effek op mense en diere en die bevordering van kandida in die algemene samelewing..

Publiek se begrip

Die probleem, die skadelike effekte en invloed van kandida, blyk deur min persone verstaan te word. Dit blyk ook dat die toestand natuurlik daartoe lei dat meer en meer medisyne gekoop en gebruik moet word. Dit blyk ook dat owerhede en die beroepe wat hiermee deel, verkies om nie veel hieroor te noem nie.

Kandida Auris (vervolg)