Vele mense kla oor hul honde se slegte asems. Hier is ‘n paar goed om in gedagte te hou wyl ons almal wat al by ‘n tandarts was weet, skadelike bakterie begin in die mond en stop nie daar nie.

3_68fa8db1-a6f6-42c5-88fb-cb007961ac3b_1024x1024

Slegte bakterie penetreer die tandvleise, beland in die longe en bloedstroom, die lewer en die niere. Net soos by mense. Selfs die hart kan die bakterie ontvang en hartkondisies ontwikkel.

Charcoal-Uses-and-Benefits-

Dit gesê, onkunde by diere-eienaars oor die tande van hul troeteldiere, hardlywigheid en ook hondekosse met ‘n hoë styselselinhoud wat plaak veroorsaak is die grootste probleem.

93828061_686601081901207_496957407256117248_n

 

Wanneer die hond se asem sleg ruik, bekyk die volgende;

1. Swak tipe droë kosse met hoë styselinhoud wat aan die tande vasplak
2. Kosse wat gelaai is met preserveermiddels, kunsmatige kleurstowwe en geurmiddels en soos genoem stysel (gluten) wat sinusreaksies veroorsaak en die asem laat sleg ruik
3. Hardlywigheid, weereens as gevolg van die verteerbaarheid van die kos
4. Swak immuunstelsel en metabolisme

home-remedies-for-bad-breath-in-dogs-main
5. Laastens, omgewingsoorsake soos huisstof, stuifmeel, stofmyte, vlooibyte, wurms, gras, voedselprodukte soos koffie, sjokolade, suiker en werklik duisende ander produkte wat die dier se liggaam nie kan verwerk of omskakel of uitskei nie.

52f7c19b87ee0bcd2db7a0d47fed788b

Lees hier oor die belangrikheid van Probiotika wat ‘n natuurlike manier is om skadelike bakterie te beheer en te onderdruk.

Dental-Disease-DNM-2

Ken die oplossing

1. Borsel met die Pierre@ Ecohealth natuurlike tandepasta, ons mengsel van bentoniet klei en geaktiveerde houtskool.

93828061_686601081901207_496957407256117248_n

2. Gee rou bene soos sagte ribbebene en sagte koppe van bene wat die tande natuurlik kan skuur maar nie splinter nie.

Of ons Barkills produk. Dit is natuurlike gedroogte beespenisse wat baie voedsaam is, koubaar vir veral jeukende tande van jong honde en, ‘n baie natuurlike proteienryke produk wat hul al die kante in die mond besig hou sonder skuurskade.

93612129_2521933944579121_509041916218703872_n
3. Tandestokkies van natuurlike aard. Hou onnodige chemiese goed weg van jou diere
4. Speel met stokke en toue of speelgoed wat as natuurlike vlos kan dien

cet-dental-info

5. Oorweeg ‘n hondekos soos Montego, Supreme Pet wat hul formulasie so geformuleer het dat dit die skoonmaak en voeding van tande in ag neem.

6. Gereelde veeartsbesoeke wat ook na die tande kyk

Pierre van Niekerk © Vir Dieregesondheid.

3 Comments on “Slegte asems by honde”

Leave a comment