Waterstof Peroksied 3%

Algemene Gebruike

Waterstof peroksied (H2O2) word in ingeligte kringe beskou as een van die beste huishoudelike produkte om te gebruik waarby diere ook by kan baat vind.

Min lesers weet dat hul waarskynlik hul eerste slukkie waterstof peroksied gehad het net nadat hulle  hul eerste asemteug geneem het moedersmelk ingeneem het. Dit is bekend dat naas voeding, nog ‘n belangrike funksies van biesmelk is om die immuunstelsel te stimuleer in die pasgeborene om teenliggaampies te produseer teen skadelike bakterie, fungi en virusse van die omgewing.

Biesmelk, kolostrum of dan moedersmelk, bevat uiters hoë konsentrate van H2O2 of waterstof peroksied. Dit is dus een van die eerste stowwe wat die soogdier se babas inneem.

In die 19de eeu was waterstof peroksied wyd gebruik in medisyne. Vele bakteriese infeksies (insluitend sifilis) het reageer op H2O2 waar geen ander behandeling effektief was nie. In die begin van 20ste eeu was H2O2 gebruik om verskeie algemene siektes soos kinkhoes, cholera, ingewandskoors, maagsere, tuberkulose en asma te behandel.

Nuwe medikasie en praktyke bevorder deur die farmaseutiese industrie het hierdie baie effektiewe en goedkoop met nuwe duurder produkte. Interessant om te weet dat die soogdier se liggaam in sy immuunreaksie teen verskillende skadelike organismes, waterstof peroksied vrygestel in T-selle om ongewenste bakterie, virusse en fungi te vernietig. Bloedplaatjies stel ook waterstof peroksied vry sodra die ongewenste indringers in bloed opspoor.

Peroksied is die Natuur se manier om ongewenste organismes te vernietig. Niks anders is in werklikheid meer effektief as die ware oplossing soos gegee deur Moeder Natuur nie. As dit is, is dit meer skadelik. In soogdiere se groter of boonste ingewande word peroksied produseer deur die bakterie “acidophilus Lactobacillus.  Dit is ‘n natuurlike bakterie wat in die soogdier se spysverteringstelsel, mond en in die vroulike vagina voorkom.

Acidophilus Lactobacillus produseer die Vitamien K in die liggaam en het die bakterie ook vele gebruike soos by die maak van jogurt gebruik. Peroksied keer effektief dat candida, veral bekend by geslagsorgane, buite beheer vermeerder.

Wanneer candida buite die ingewande versprei, ontsnap dit die liggaam se natuurlike beheer waar peroksied gevorm word. Sou dit gebeur en sou dit versprei na ander plekke in die liggaam of organe,  vorm dit ‘n toestand wat as “Kroniese- moegheid- sindroom” bekend staan.

Waterstof peroksied, soos in die naam afgelui, is gelaai met suurstof. Hoe dit presies werk is nog nie baie duidelik nie, behalwe dat dit ook baie effektief is vir vele oorinfeksies soos gistoestande in die oor. Myte en bosluise, asook ander bakterie wat daarin kan wegkruip word ook onmiddellik vernietig. Tydens griep kan peroksied ook in die oor gegooi word om die infeksies wat daarin ontstaan te vernietig. Dit bring byna onmiddellike verligting.

Wanneer H2O2 deur die liggaam opgeneem word (mondelings of binneaars) vermeerder die suurstof inhoud van die bloed en liggaamsweefsel dramaties.

Ander gebruike

Waterstof peroksied kan ook gebruik word as ‘n natuurlike bleikmiddel om klere witter te maak, as ‘n sproei om voetswamme en ander voetfungi te vernietig, as ‘n nasale sproei om sinus infeksies te verlig, as ‘n goedkoop en effektiewe mondspoeling, saam met koeksoda as ‘n natuurlike tandepasta en met asyn om ‘n nie-toksiese ontsmettingsagent te skep.

Dit is ook baie effektief om as ‘n sproei te gebruik wanneer publieke toilette, storte en soortgelyke gedeelde plekke gebruik word, veral as mens op reis is en van die geriewe gebruik moet maak. In toetse wat deur Virginia Tech gedoen is, het hul peroksied en asyn (gebruik as ‘n sproei mis) en feitlik alle salmonella en E. coli bakterie vernietig op erg besmette kos en oppervlaktes.

By die inname van gif by diere kan peroksied ook gebruik word om braking te bevorder. Die enigste graad wat vir interne gebruik aanbeveel word, is 35% voedselgraad waterstof peroksied, wat behoorlik verdun moet wees tot 3% met water.

Waterstof peroksied wat by jou plaaslike apteek beskikbaar is, tensy spesifiek anders vermeld, moet nie mondelings ingeneem word nie. Net voedselgraad peroksied wat jy by jou apteker kan aanvra en dan verdun na 3% toe met water.

Pierre van Niekerk © 2016  (18.10.16)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s