Endometriose is ‘n pynlike toestand met sy oorsprong in die baarmoeder of uterus van ‘n vrou. Dit het ‘n wye verskeidenheid simptome met pyne wat voorkom in die vroulike bekken, die buik,  voorkom in die rug. Endometriose kan ook swaar en pynlike menstruasie periodes veroorsaak.

Endometriose kan verder onvrugbaarheid veroorsaak.

Omdat van die vergroeisels ‘n weefsel vorm buite die baarmoeder wat die fallopiaanse buise kan afsluit en bevrugting kan inhibeer.

Endometriose

Endometriose is, voordat dit enige iets anders is, ‘n biologiese toestand waar inflammasie ontstaan buite die uterus of baarmoeder.

Vroulike geslagsorgaan

Die pynlike toestand ontstaan omdat selle wat binne die baarmoeder moet groei en ontwikkel, vir onbekende redes buite die vrouedele ontwikkel.  

Die selle buite die baarmoeder vorm op die;

•             eierstokke

•             fallopiese buise

•             buitewande van die baarmoeder

•             dermkanale

•             blaas

•             en die rektum.

Die vroulike menstruale siklus

Tydens die menstruasie siklus, vervaardig die eierstokke hormone wat die wand van die uterus stimuleer om te verdik.

Die verdikking van die endometrium (die wand binne die baarmoeder), is een van die biologiese prosesse van die vroulike liggaam om ‘n bevrugte eiersel te kan ontvang.

As die eiersel nie suksesvol bevrug word nie, stel die uterus die hormonaal-gestimuleerde verdikte wand natuurlik vry. Hierdie verdikking breek natuurlik af as dit nie ‘n bevrugte eiersel ontvang nie. Hierdie natuurlike proses van afbreking word ‘n bloederige afskeiding wat vaginaal uitskei.

Hierdie toestand word as die menstruale siklus beskryf word.

Endometriose ontstaan, soos gesê, wanneer selle wat binne vroulike dele tydens die verdikking van die baarmoeder moet ontwikkel, vir ongedefinieerde redes buite die baarmoeder voorkom en op plekke groei vestig waar hul nie hoort nie.

Endometriale selle

Endometriale selle se aard en karakter bly dieselfde buite die baarmoeder.

Hul reageer presies soos wat hul binne die baarmoeder sou reageer het op daardie hormone wat ‘n vrou in haar daaglikse ontwikkeling sou produseer, buite die baarmoeder waar hul ook al heg.

Hier eksterne selvorming ontwikkel in weefsel veroorsaak inflammasie, bloeiende toestande buite die baarmoeder wat tot koors en ander immuunresponses lei.

Soos met alle stres en meeste degeneratiewe toestande, word inflammasie heel eerste gevorm om die liggaam teen vreemde “indringers” te beskerm. Een van die natuurlike reaksies is verhoogde bloedtoevoer na waar die situasie ontwikkel.

Die immuunstelsel gebruik kortisol wat deur die byniere produseer word om te reageer en hierdie situasie lei tot vreeslike erge pynlike toestande in die buik.

By die afbreek van hierdie verdikkingsweefsel, wat reageer soos wat die op die natuurlike produksie van hormone, breek hierdie weefsel elders af soos wat dit binne die uterus sou afbreek.

Die probleem is egter nou dat hierdie bloederige afbreking nie vaginaal dreineer nie, maar in die liggaam vasgekeer word.

Dit lei tot verhoogde stres, pyn en spanning asook verhoogde bloedtoevoer. Die immuunsisteem moet dan biologiese prosesse vind om hierdie dooie materiaal op te neem en uit die liggaam te kry.

Endometriale weefsel vorm

Littekens vorm weens die onnatuurlike vorming van selle en selhegtings buite die organe waar dit groei.  Dit kan ook veroorsaak dat op en om falloptiese vergroeisels vorm wat dit totaal disfunksioneel maak en ‘n vrou ook onvrugbaar.

Endometriose wat in die eierstok voorkom, kan siste of swere vorm wat bekend staan as “sjokoladesiste.”

Hierdie siste word deur die hormone gestimuleer en bloei ook gedurende elke menstruale periode. Die inflammasie en swelling van weefsel verhoed dat liggaamsvloeistowwe in die eierstokke natuurlik uit en weg dreineer. Dit laat die ou bloed opbou wat donker sjokolade voorkoms het.

Hoe behandel mens Endometriose op ‘n natuurlike manier.

  1. Stres en pyn. Beperk die produksie van kortisol deur die byniere -Tulsi en of Ashwagandha
  2. Bestuur inflammasie natuurlik met Kabucu (Kankerbos, buchu en curcumin) en Ashwagandwha, Tulsi
  3. Voed die immuunstelsel wat inflammatoriese toestande moet bestuur en wondheling wil bevorder: – (Kolostrum en kollageen, probiotika, kefir)
  4. Voeding om die stres wat die liggaam afbreek em immuunstelsel wil onderdruk. Bone broth, Vit A, Vit B, Vit C, Vit K en voeding in die vorming van volledige maaltydvervanger (Hippie shake.)
  5. Die versameling van vrye radikale wat vorm, moet geoes en versamel word en deur die kolon en lewer afgebreek en uitgeskei word.
  6. Hardlywigheid en disfunksionele lewerfunksies is nie in enige vrou wat endometriose ly, se beste belang nie. Daar is ‘n enorme versameling van toksiese stowwe wat die liggaam vergif en die toestand van endometriose natuurlik sal vererger: Engelsesout purgasie voorkomend (vir magnesiumopname) en daarna fulvicsuur, kefir, kambucha, probiotika.
  7. Die totale uitskakeling van suiker en stysel, omdat dit alle inflammasie stimuleer en aanvuur.

8 Comments on “Endometriose”

  1. Hallo daar,

    Ek wil graag hoor of daar enige van jul produkte beskikbaar is vir endometriose?

    Ek is huidiglik op Visanne 2mg, maar het verskriklik baie newe effekte en alles tref my liggaam. Die endometriose krimp wel, maar benadeel ander dele van my liggaam.

    Ek het endometriose in my maag spier en nie my baarmoeder of eierstokke nie.

    Ek sal dit waardeer indien daar iets anders is wat wel werk wat natuurlik is.

    Like

  2. Helo. Ek sien u het “sample” wat u wil toets op vroue met endomitriose. Ek het nooit geweet ek het dit nie totdat ek ‘n gynea moes gaan sien…Ek het altyd erge krampe gedurende en voor my menustruasie gehad…my vloei was ook verskriklik erg…so jammer dokters nie in ou dae geweet wat dit is nie…Ek gebruik nou vir lang tyd 2 maande inspuiting. Het Visanne ook gebruik.solank ek nie menustrueer nie is ek gelukkig en kan normale lewe lei…Ek het graad 4 endomitriose gehad en Dr Botha bekende fertiliteits dokter in PE het my 2 keer opereer. Ek het ook eierstok wat beskadig is deur endo en dink my ander eierstok funksioneer maar ja ek seker ook te oud om ooit aan kinders van my eie te dink. Wens daar was net meer bekendmaking of sal ek sê bewusmaking van hierdie toestand. Niemand sal weet die pyn waardeer iemand met die toestand gaan nie. En sommige mense dink jy sit aan…was dit nie vir inspuiting nie het ek seker elke liewe maand vir 2weke indien nie langer op my rug gelê en gewens ek was in ander wêreld…dit is nie pyn wat ek kan beskryf nie. Groete.

    Like

  3. Hallo

    Na jare se pynlikse menstruasies, lae rugpyn, lae immuunstelsel, kroniese moegheid, depressie en pynlike geslagsomgang ens, het die dokters uiteindelik ‘n laparoskopie gedoen en dit wat ek nog altyd vermoed, bevestig. Ek het endometriose.

    Ek gaan Maart maand vir die volgende operasie waar hulle die endometriose gaan uitsny.

    Ek sal graag wil weet watter produkte ek kan gebruik om hierdie simptome te verlig?

    Ek begin more om stysel en suiker uit te sny. Is Keto n goeie eetplan om te volg?

    Like

  4. Ek het na 3 maande se gebruik van Visanne begin met RA simptome. Dit het so erg geraak dat ek nie uit die bed uit kon opstaan nie en in die hospitaal was vir n paar dae. Ekt van die begin af gese dis die Visanne maar drs bly dit ontken want daar is nie bewyse nie. Ek is nou 29.
    Ek het die Visanne gelos n paar dae terug met die hoop dat die RA ook sal verdwyn want ek is tans op baie medikasie om dit onder beheer te hou en dit het baie langtermyn newe effekte.
    Ek hoop regtig die produkte van Pierre kan help om my endometriose weg te hou.

    Like

Leave a comment