Onversorgde voete en toonnaels

  1. Foot Detox:

Hierdie produk is ‘n unieke produk van Pierre-Ecohealth. Dit is veral ontwikkel om veral voete en toonnaelbakterie suksesvol te verwyder, naels skoon en sag te maak, die vel te versorg en te vernuwe sonder om die natuurlike pH-balans van die voete en naels te versteur.

Die produk se spesifieke redes tot formulering word onder beskrywe.

2. Nail and Cuticle Oil

Hierdie olie is ‘n natuurlike olie wat geen preserveermiddels bevat nie en daarom in die winter effe stywerig mag wees. Dit het ten doel om die nael, naelbed, en die vel wat die nael omring se pH-balans te handhaaf, vel te voed en te versorg, elasties te maak en voedingstowwe voortdurend vir die aktiewe groei van naels beskikbaar te stel.

Die produk is ontwikkel om gesondheid by natuurlike naels te bevorder en om beskadigde naels, soos gesin in hierdie skrywe, beste moontlik te versorg en te normaliseer.

Pierre@ Ecohealth voetbehandeling

Die woordjie “Cellulitis” duik vele kere hier op die Blad op.

By ons immuunstimulering hier by die fabriek, sien ons vele voete. Voetwonde en die Bakterie-draak se eie spens vol skadelike bakterie, onversorgde toonnaels.

Onversorgde naels en toonnaels word vir vreemde en werklik onverstaanbare redes verdra en toegelaat. Selfs by goed versorgde vroue. En sommige plak net meer Cutex op.

Onversorgde naels is ʼn groot reservoir van vele skadelike bakterie.

Verdikking en skeiding van die toonnael weens versameling van bakterie

Onversorgde naels huisves gevaarlike en skadelike fungi en bakterie teen die vel. Bring skadelike patogene naby senuweepunte en die bloedstroom onder die naels.

Toonnael fungus en bakterie besmet beenwonde

vogtige omstandighede van slymvliese. Daar word byvoorbeeld elke dag aan die oë gevat en gevrywe, kos in die mond geplaas, pubiese areas gevat en gevrywe, vaginaal, mond, oë en wonde  bloedstroom  huisves nie.

Want onskuldig en onskadelik is dit beslis nie.

Daardie bakterie van veral toonnaels is vieslike goed.

Mense wat sukkel met gewig, diabetes, swak bloedsomloop, onder behandeling van immuunonderdrukkende medikasie, chemo en bestraling is veral teikens van hierdie bakterie- en fungi-kriminele.

Die swart en dooie weefsel vorm gangereen en moet suksesvol verwyder word

Onversorgde voete en toonnaels bring ‘n verskeidenheid swam- en bakteriese siektes na die mens toe. Hierdie bakterie kan in klein skeurtjies en skaafplekke aan die voete, ingeskeurde toonnaels, ingroeitoonnaels, verkeerd geknipte toonnaels, sagte klam en nat voet, vuil sokkies en skoene, openbare toilette en storte en ander wasplekke die mens besmet.

Hier is ʼn paar toestande.

 Cellulitis

Cellulitis is ‘n hardnekkige veltoestand, waar skadelike bakterie vatplek kry het in ‘n klein wond of skaafplek, uitgeskeurde toonnael, sny of sagte klam voetomstandighede. .

Streptococcus aureus is een van die belangrike groepe bakterie wat die oorsaak is van cellulitis. Die bakterie veroorsaak baie vinnig inflammasie, koors, swelling, pyn en kenmerkende “bloedvergiftiging” rooi streep wat die been opvolg.

Die rooi inflammasie staan ook bekend as “lymphangitis” wat ‘n aanduiding is dat die infeksie na die limfnodes toe beweeg, wat ‘n baie gevaarlike toestand kan word.

Atletiese voete (Tinea Pedis)

Atletiese voetsimptome vertoon skilferig, gaan met jeuk gepaardgaande, het ‘n ligte rooi inflammasie en kom veral voor in nat plekke, soos openbare storte, swembaddens, gimnasiums. Oorleef hoofsaaklik in nat sokkies, klam skoene en voete wat nooit behoorlik droog nie. Word versprei in klam handdoeke, vloere en selfs klere.

Erythrasma

Word deur die “Corynebacterium minutissimum” bakterie veroorsaak.

Soos en met swamme, vestig die bakterie homself in voue van die vel, onder armholtes, bors, pubiese area en ook tussen tome. Vel vertoon pienk en skilferig voordat dit bruin word en vel afskilfering.

Gewone toonnaelfungus (Onychomycosis)

Onychomycosis is ‘n term wat die stadige opbouing van fungus onder die toonnael beskrywe. Kenmerkende kleur is effe wit of geel wat die afskilfering van die toonnael veroorsaak, en mettertyd die toonnael van die naelbed wegskuiwe.

Versameling van ‘n verskeidenheid voet-, toonnaelbakterie

Die versameling van hierdie fungus onder die toonnael, naas dat persone nie genoeg aandag skenk aan voetsorg nie, huisves ‘n horde ander skadelike bakterie en fungi, en soms ook virusse. Vogtige omstandighede van die voete in die naelbed, of wonde en skaafplekke wat by die voete mag ontstaan, veroorsaak dat die bakterie in die bloedstroom penetreer en vele ander siekte toestande veroorsaak.

Toonnael bakterie se gevolge

Veral mense wat diabetes het, oorgewig is, atletiese voete het, onderdrukte immuunstelsel het, swak bloedsomloop en of hartvatsiektes, is onwetend vatbaar vir die bakterie en hul nagevolge.

Tipes bakterie wat skadelik is vir die mens.

  1. Salmonella: – voedselvergiftiging
  2. Escherichia coli (E. coli): – Maagwerkings
  3. Tuberkulose: – (Mycobacterium tuberkulose)
  4. Staphylococcus aureus (MRSA) wat weerstandig is teen penisillien tipe antibiotika
  5. Clostridium difficile (C. diff) wat natuurlik in ingewande voorkom, wat oorhand kry met die gebruik van antibiotika en verswakte immuunsisteem
  6. Longinfeksies, wat deur verskeie bakterie veroorsaak word, soos Streptococcus pneumonie, Klebsiella pneumonie, Pseudomonas aëruginosa
  7. Vaginale vaginitis, wanneer daar ‘n wanbalans ontstaan met natuurlike flora van die vagina en afskeidings en reuke ontstaan wat onaangenaam is.
  8. Heliobacter pylori (H. pylori), ‘n bakterie wat chroniese gastritis en maagsere veroorsaak. Hierdie bakterie kan versprei reg deur die liggaam weens sooibrand, refleks, pH wanbalanse, rook.
  9. Gonorree is ‘n seksueel-oordraagbare bakterie (Neisseria gonorrhoeae.)
  10. Vibriose, wat deur die bakterie “Vibrio vulnificus” veroorsaak word ‘n vleisetende bakterie
  11. Necrotising Faciitus is die beskrywing van ‘n groep vleisetende bakterie wat die afsterwe van veroorsaak van die liggaam se sagte weefsel
Vleisvretende bakterie

Bakterie is geneig om te fokus op bepaalde areas en of organe in die liggaam. Onversorgde liggaamsdele, soos onversorgde voete en toonnaels kan hierdie bakterie huisves wat tot besmetting lei.

Pierre van Niekerk Ecohealth

Leave a comment