Katte se fisiologie is ontwikkel om vleis te verteer en nie plante nie. In teenstelling met rotte wat ‘n natuurlike voedselbron is vir katte, het rotte net 4% proteïen in hul dieet nodig het, wyl katte ongeveer 20% proteïen benodig.

Katte is buitengewoon afhanklik van die aminosuur “Arginien” en ’n gebrek daaraan veroorsaak gewigsverlies en kan selfs hul dood veroorsaak.

‘n Belangrike funksie wat katte natuur het is dat hul die aminosuur  “Tourien” self vervaardig, waarsonder hulle kan blind word.

Katte eer ook hul hele prooi en kry op so manier belangrike minerale in deur die rou bene ook te eet. ’n Dieet wat net uit vleis sou bestaan, kan ’n kalsiumtekort tot gevolg hê in katte.

’n Kat se spysverteringstelsel is ook aangepas by die eet van rouvleis:  Die tydperk in die spysverteringskanaal is ook baie korter as by planteters. Katte het ook lae vlakke van die nodige ensieme om koolhidrate te kan verteer in hul spysverteringstelsel.

Pierre van Niekerk

https://www.facebook.com/groups/pierredieregesondheid/

 

1532060_985514708133965_1143416114348498730_n

Leave a comment