Afdeling A: Erektiele Disfunksie Deel 1

EREKTIELE DISFUNKSIE: Deel 1

Inleidende Agtergrond

Erektiele disfunksie is die onvermoë by mans om bloed suksesvol deur die bloedvatstelsel in die penis te kry, om ‘n ereksie te bewerkstellig en ook om dit lank genoeg te behou. Sonder die suksesvolle insypel van genoegsame bloed, sal geen ereksie bewerkstellig kan word vir normale penetrasie en seksuele omgang nie. Ook nie om ereksie vir ‘n genoegsame tyd te kan behou nie.

Erektiele disfunksie is ‘n simptoom van ander interne faktore.

Erektiele disfunksie kan nie in afsondering gesien word as ‘n enkele en afsonderlike funksie wat onafhanklik uitgevoer word van ander faktore in die liggaam nie. ED is ‘n simptoom wat weens ander gesondheidstoestande (mediese toestande) ontstaan. Faktore wat nie bewustelik ervaar of beleef word as wanneer dit gebeur, gesien word as verbandhoudend tot ED nie.

Die vraag wat beantwoord moet word, is wat is die oorsaak van ‘n persoon se ED?

Bloed is ‘n belangrike faktor en funksie van ereksie. So ook verskeie ander biologiese faktore. Onderstaande is moontlike oorsake waarom daar nie genoegsame bloed vir die penis voorsien kan word deur arteries, wat na en in die penis vloei nie.

Faktore en oorsake is
  • neurologiese toestande
  • geestesgesondheidstoestande
  • beserings
  • rugbeserings
  • mobiliteit
  • obesiteit
  • suiker
  • inflammasie
  • bloeddruk
  • bloedgesondheid
  • vloeibaarheid van bloed
  • vervette are en bloedvate
  • vrees
  • onsekerheid
  • medikasies
  • alkohol en
  • dwelmgebruik.

Daar is nog aspekte van belang, maar bogenoemde faktore verduidelik genoegsaam dat daar verskillende rolspelers is wat in die hele liggaam teenwoordig kan wees wat ereksie kan beïnvloed.

Belangrike mediese toestande:

Enkele toestande word in die onderstaande skrywe na verwys. Dit is belangrik dat ‘n persoon nie homself sal diagnoseer nie. Daar is geen “quick fix” nie.

Die gebruik van middels wat tydelike ereksie kan meebring, moet nie goedsmoeds gebruik word nie. Dit kan rampspoedig wees. ‘n Dokter moet seker maak dat ‘n persoon se bloedvatstelsel, die hart en die brein, waar ‘n orgasme ook diep beleef word, gesond genoeg is om die onnatuurlike langdurige bloedtoevoer te kan hanteer.  

Dit is nie die moete werd nie.

Lees daarom die onderstaande stukke om bogenoemde stelling beter te verstaan.

Arteriosklerose

Arteriosklerose word in Literatuur gedefinieer as verharding, of plaakopbou, of vervetting van arterie in die liggaam.

Die opbou van plaak in die bloedvatstelsel is ‘n toestand wat met enige persoon kan gebeur. Dit is ook nie beperk tot net tot die hart en of brein nie. Jong mense, in klaarblyklike perfekte fisiese toestand, kan onbewustelik arteriosklerose opbou.

Arteriosklerose is ‘n toestand wat stadig en geleidelik, ook onbewustelik opbou deur die hele bloedvatstelsel. Sonder enige duidelike bewustelike simptome en of enige waarskuwings.  

Arteriosklerose is nie net tot mans beperk nie.

Dit is eweveel ‘n toestand wat by vroue teenwoordig kan wees op ‘n baie vroeë en jong ouderdom.

  • Koronêre arteriesiekte: Plaakafsettings in kransslagaar blokkeer die bloedvloei.
  • Karotis arteriesiekte: Halsslagaar wat in die nek voorkom en die toevoer van bloed na die brein word aangetas as gevolg van plaakopbou in die arterie.
  • Perifere arterie siekte: Vernouing van arterie wat in die onderlyf voorkom.
  • Niersiekte: Plaakafsetting in nierslagare. Arteriosklerose van hierdie arteries kan lei tot nierversaking.

Bogenoemde toestande kan almal bydraend wees tot erektiele disfunksie.

Faktore wat tot arteriosklerose bydra is;
  • Rook
  • hoë bloeddruk
  • suikerryke voedselsoorte en soda koeldranke
  • hoënormale bloedsuiker en diabetes
  • kitskosse
  • verfynde voedsel
  • versadigde vette
  • hoë trigliseriede, ‘n tipe vet (lipied) in bloed
  • te min oefening
  • vetsug of obesiteit
  • inflammasie van soorte wat veroorsaak word van kondisies soos artritis, lupus, swam-, virus en bakteriële infeksies, parasiete in bloedvatstelsel.
  • infeksies of inflammasie van onbekende oorsake wat deur stres en hoë inname van suiker en stysel, asook ander ondersteunende produkte onderhou word.

Erektiele disfunksie: Dieselfde plaak wat in ander arterie van die liggaam opbou, bou terselfdertyd en ook onbewustelik op in die bloedvate van die penis, wat erektiele disfunksie veroorsaak.

Dit word in Afdeling B in meer detail bespreek.

Arteriosklerose is ‘n vroeë vorm van hartsiektes.

Dit gebeur wanneer die epiteelselle (die binnewande) van arterie beskadig word en abnormale verharding begin intree. Dit het die gevolg dat bloedvloei na die hele liggaam ontwrig word en bloed ook moontlik na die belangrikste organe ingeperk word.

Die opbou van plaak binne die arteries kan verskeie toestande veroorsaak.
  • Hartversaking: Hart se pompaksie en funksies pomp nie genoegsame bloed om nodige bloedvloei vir vele kritieke funksies van die liggaam te handhaaf nie. Dit word later en skrywe genoem.
  • Beroerte: Wanneer ‘n bloedklont of enige ander versteuring veroorsaak dat genoegsame bloed nie belangrike gedeeltes van die brein bereik nie. Die toestand weerhou die brein van die nodige suurstof, wat veroorsaak dat selle in die brein doodgaan en liggaamsfunksies ontwrig.
  • Aneurismes: Dit is ‘n toestand wat nie altyd duidelike simptome wys nie. Dit is wanneer ‘n bloedvat abnormaal verwyd of verbreed weens swakheid of elastisiteit in die wand (elastisiteit = kollageentekorte) van ‘n betrokke arterie.

Die werklike probleem met aneurisme is dat dit kan lei tot die skeuring van die bloedvat, wat kan veroorsaak dat die slagaar bars, en veroorsaak dat bloed lek. Ondergenoemde toestande beskrywe waar aneurismes enige plek in die bloedvatstelsel  kan ontstaan.

  • Brein aneurisme
    • Sakkulêre aneurisme
    • Spoel -aneurisme
    • Mikotiese aneurisme
    • Aorta -aneurisme
    • Torakale aorta -aneurisme
    • Abdominale aorta -aneurisme
Kroniese niersiektes: of Nefropatieë.
  • Kroniese niersiekte
    • Nierkanker
    • Akute nierversaking
    • Nierstene
    • Diabetiese nefropatie
    • Glomerulonefritis
    • Nier trauma
    • Hoë bloeddruk
    • Polisistiese niersiekte
    • Piëlonefritis
    • Fokale en segmentele glomerulosklerose
    • 12. Nefritiese sindroom
    • 13. Berger se siekte
    • 14. Alport se sindroom
    • 15. Fabry se siekte
Rugpyn:

Rugpyn kan mans en vroue in enige stadium van die lewe kan affekteer, wanneer bene en spiere slagoffers word van te min beweging/oefening en fisiologiese agteruitgang daarmee bevorder word. Dit perk die bloedtoevoer tot die hele onderlyf ook in.

Rugpyn is dan gewoonlik as gevolg van skielike en gedwonge bewegings, traumas en beserings wat die liggaam nie kan absorbeer nie. Genoegsame bloed word ook nie gepomp om beserings en voeding en herstel te bevorder nie.

Alhoewel die hoof simptoom skerp en steek of dowwe pyn met tinteling is, kan lae rugpyn wanneer dit met ander patologiese toestande geassosieer word, hom manifesteer met ‘n reeks ander afwykings wat die spiere, ligamente en vertebrale bene aantas.

Wat gebeur wanneer bloedtoevoer in arteries ontwrig word?

Dit beteken ook dat belangrike orgaanfunksies wat weens nodige bloedtoevoer en bloed se funksies moet plaasvind, ontwrig en skadelik vir gesondheid ingeperk word.

  • Genoegsame suurstof word nie in selle tydig afgelewer nie en daarom vind geprogrammeerde seldood van gesonde selle plaas. (Apoptose).
  • Nuwe selle wat oues moet vervang, kan nie vorm en of vestig nie.
  • Die gevolg daarvan is dat ‘n versameling van dooie selle hoop in die weefsel op, wat daar verrot weens te min suurstof en tot wonde en sere lei.
  • Nuwe selgroei kan nie hervorm waar verrotting nie verwyder word nie.
  • Genoegsame hormone vir hormonale instruksies vir belangrike organe om bepaalde liggaamsfunksies uit te voer, word nie tydig of genoegsaam afgelewer nie.
  • B-en T-selle van die immuunstelsel bereik ook nie die organe en plekke waar moontlike patogene of infeksies voorkom nie.
  • Die verwydering van koolsuurgas (vrye radikaal- in die bloed en selle) vind nie genoegsaam plaas nie, wat die afsterwe, veroudering en verrotting, asook ‘n donker verkleuring van weefsel meebring.
  • Die versameling van afvalstowwe en vrye radikale kan ‘n oorsaak van kanker en ook ander siektes wees.
Simptome van Arteriosklerose.

Die opbou van “arteriosklerose” het gewoonlik geen simptome nie. Dit toon geen tekens nie. Die simptome van matige tot ernstige arteriosklerose hang weer af van die tipe arterie wat beïnvloed word.

Die simptome sluit in:
  • Borspyn of angina
  • Pyn in jou been, arm en enige ander plek wat ‘n geblokkeerde slagaar het
  • Kortasem
  • Kroniese moegheid
  • Verwarring, wat voorkom as die blokkasie sirkulasie na jou brein beïnvloed
  • Spierswakheid in jou bene as gevolg van gebrek aan bloedsirkulasie

Einde van Deel 1

Leave a comment