Virus-Dodende Bio-Ensieme

Featured

Pierre @ EcoHealth: Natuurlike Biologiese Virusdodende Bio-Ensieme

Inleiding

Verskeie skadelike virusse bedreig mens en dier se lewe. Mense, onwetend skep weens hul vrees vir bakterie en virusse, met die toediening van skadelike harde dood-makende chemiese middels vol swaarmetale en vrye radikale, dooie habitatte in hul erf, huise en omgewings wat ideaal is vir die bakterie en virusse om in hierdie ongebalanseerde habitatte te oorleef.
family-discovery-s

Weens die tekort aan natuurlike bio-organismes wat natuurlik hierdie skadelike virusse en bakterie kan verteer en in balans hou.

diagram-showing-different-kinds-of-viruses-vector-17039896

Die toediening van produkte soos Jeyes Fluid, swembad chloor, sout , dipstowwe vir bosluise en ook ander skadelike produkte, wat nie net swaarmetale en toksiese stowwe bevat soos karbamate en organofosfate nie, maar ook produkte wat hormoonversteurings teweeg bring en deur die vel opgeneem kan word.

Meeste van hierdie produkte

Hierdie produkte is ook potensieel karsogenies, m.a.w. kankergewend.

Vir die rede moes daar na natuurlike organismes gekyk word om ‘n antwoord te vind om skadelike organismes in mense se erwe, hoenderhokke, duiwehokke, voëlhokke, buite toilette, hospitale waar daar ‘n oorvloed bakterie en ander virusse is.

Figure9_modif2

Bio Ensieme is al baie lank bekend aan die mens. Ons het nog net nie altyd die nodige kennis en vermoë gehad om dit sinvol en veilig, prakties te vermeerder en in gekonsentreerde formaat aan te bied aan gebruikers nie.

Pierre @ Eco Health Virus Gobbler  

  • Is ‘n veilige, supersterk en kragtige gekonsentreerde versameling van lewende organismes wat met water aktiveer word.
  • Dit kan vir ‘n verskeidenheid voorkomende toestande aangewend word waar skadelike bakterie en virusse oorhand het en of vermeerder.
  • Pierre @ Eco Health se Virus Gobbler is boonop bio-afbreekbaar.
  • Dit vernietig bakterie en virusse en kan beskou word as ‘n kragtige lewende ontsmettingsmiddel.

detailedmaps

Formulasies en Teikengroepe.

Die Pierre @Ecohealth Virus Gobbler is ontwerp om op drie van die belangrikste patogene, (skadelike organismes) te fokus in die teenwoordigheid van organiese materiaal.

Soos genoem, dit is bio-afbreekbaar en baie meer omgewingsvriendelik as van die produkte soos genoem.

Die Ecohealth Virus Gobbler is weens sy natuurlike biologiese aard en eienskappe weerstandig om aktief te wees in uitdagende versteurde omstandighede waar Gram + en Gram – bakterium  teenwoordig is, bakteriese spore gevorm het en fungi aktief is en voortplant.

Dit het weens sy natuurlike aard en werking min invloed op natuurlike habitat en gaan ook nie omgewingsvriende soos erdwurms en voëls enige skade aan doen nie. Die fokus is ‘n natuurlike aksie op die eliminering van skadelike patogene, soos virusse, fungi en bakterie wat in openbare plekke, putlatrines, afvalhope, mediese afval, hospitaal omstandighede waar besmetting kan plaasvind.

Produk Eienskappe

  1. Quaternary Ammonium (QA)
  2. Glutaraldehyde (G)

Die kombinasie van hierdie twee produkte, bekend as die Pierre@ Ecohealth Virus Gobbler (Bio-Ensieme), beveg die totale skadelike spektrum van virusse, fungi en bakterie biologies wat siektetoestande by die mens veroorsaak.

Dit is wesenlike aktief ook in organiese materiaal wat as reservoirs dien van skadelike patogene.

Aktiwiteit van QA

Die Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler met QA is aktief in baie lae konsentrasies. Dit is ‘n moderne produk met nuwerwetse aktiwiteite wat skadelike patogene aktief elimineer waar dit ook al gevind word.

  • Die skakel hierbo verduidelik waarom QA een van die voorkeurmiddels gebruik word by die skoonmaak van teaters en hospitale asook hospitaal afval (waste).
  • Word verkies om te gebruik in natuurlike omgewings waar sanitasie veilig benodig word op gewone oppervlaktes soos tafels en mure, deure en handvatsels.
  • QA is EPA geregistreer om mediese toerusting kiemvry te maak wat kontak het met pasiënte se vel
  • QA is ook aktief op virusse wat beskerm word deur selwande, asook “naakte” virusse en ontwrig hul verdeling, oorlewing en selfunksies soos by Parvo- en entero-virusse
  • Dit is ook funksioneel op Gram + en Gram – bakterie, bakterie wat omskakel in spore.

Glutaraldehyde (G) is bekend in ander formules omdat dit non-korrosief is, uitstekende antimikrobiese eienskappe het, graag gebruik word vir die skoonmaak van endoskopiese produkte.

Sien die Literatuur in bogenoemde skakel hieroor.

enzyme_2

Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler is bykomend

  1. Ook effektief in die afbreking van terpene (terpentynmiddels) wat ‘n olie of vetbasis het of opgebou het.
  2. Virus Gobbler dien ook as baie effektiewe antiseptiese middel en
  3. Vernietig ‘n wye verskeidenheid van skadelike bakterie, naas sy aktiewe virus vernietigende funksies.
  4. Dien ook as ‘n matige goeie insekwerende middel vir muskiete en vlieë asook kruipende insekte soos kakkerlakke en vismotte.

 

enzyme

Die Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler heg baie suksesvol aan vertikale oppervlaktes, wat die verdamping van die produk inhibeer.

Voordele van die Pierre@ Ecohealth Virus Gobbler

  • Stabiel in kamertemperatuur vir ongeveer 4 jaar
  • Soos genoem, wye spektrum beheer van virusse, bakterie en fungi, belangrik in epidemiologiese siektes soos parvo, entero en ander virusse soos die Corona virus se verspreiding
  • Hoë effektiwiteit teen lae konsentrasies van die produk
  • Bio-afbreekbaar
  • Chemies stabiel
  • Nie-korrosief
  • Hoogs effektief selfs in harde water

images (7)

Plekke waar dit aangewend kan word

  • Hoenderhokke, eiers en vleis
  • Duiwehokke
  • Varkhokke
  • Perdestalle
  • Hase
  • Melkerye
  • Slaghuise
  • Melkwinkels
  • Veeartseny Praktyke
  • Koelkamers
  • Kombuise waar voedselhigiëne kardinaal is
  • Trokke wat voedsel vervoer
  • Slagpale
  • Afvalhope
  • Terminaal higiëne
  • Hospitale
  • Teaters
  • Voetbaddens by varkplase

Waarskynlik die belangrikste

  1. Die voorkoming van kruisbesmetting van veral die parvo en ander virusse vanaf plekke wat besmet is
  2. Die behandeling van omgewings waar honde geboorte geskenk het
  3. Die behandeling van veral nuwe klein hondjies se omgewings
  4. Die behandeling van besmette veeartspraktyke
  5. Behandeling van mure in duiwehokke, hoenderhokke, troeteldiere se slaapplekke. papegaaihokke ens.

Lewer Detoks

Natuurlike manier om lewer te detoks.
big-liverdetox
Vele begryp nie die belangrikheid van die lewer en hoe om byvoorbeeld “Fatty Liver” af te breek en die lewer natuurlik te detoks nie.
Detoks jou lewer gereeld, ten minste 1 x ‘n week.
phases-of-liver-detoxification-infographic
Jy kan dit ook elke dag doen. Hierdie is ‘n saamgestelde mengsel vanuit 27 verskillende organiese resepte
  1. 3-4 lemoene
  2. 1 suurlemoen
  3. 1 lemmetjie
  4. 150-200 ml skoon water
  5. 5 klein huisies /klofies/ knoffel
  6. 25 mm vars gemmer
  7. Ekstra virgin (witte reine maagdelike) olyfolie 5 eetlepels.
  8. 3 x Triphala
  9. 2 x Spice Mix
  10. 5 ml organiese appelasyn
  11. 5 ml Fulvic suur

1370037958_detox-pathways

  • Sit in ‘n blender en maal vir hulle vir 2-3 minute
  • Elke bestandeel hier speel ‘n belangrike rol in lewergesondheid in die proses om van gifstowwe in die lewer ontslae te raak.
  • Kan eenmalig of deur die dag of laaste ding voor slapenstyd ook gebruik word. Ek dink nie jy hoef dit sommer een slag weg te sluk nie.

images (3)

  • Proe persoonlik nie te onaardig nie, wat Fulvic suur as prima noodsaaklike produk is vir my verskriklik sleg, maar bitter nodig.
  • In twee toetsweke het ek persoonlik 2 kg verloor sonder enige aanpassing in die diëet.

31732f80946e20f88938d76c8eb32b9d

  • Het ook 1  x ‘n week ook geaktiveerde houtskool gedrink om van alle swaarmetale en giwwe ontslae te raak.
  • Het die lewer laat toets na die twee weke en die in prima gesondheid gevind. Geen skete, moontlike “fatty liver” tekens nie anders dan ten volle funksioneel en normaal.

LIVER.001

Kandida Deel 2: Kandida Albicans

Featured

candida-test-treatment-for-candida-candida-overgrowth-treatment_3

‘n Tweede belangrike groep bakterie wat beskrywe word, is “Candida albicans.”.

Klik gerus op die gekleurde skakels vir indiepte artikels oor Candida albicans.

  1. Oorsake van vestiging: Inleiding.

Candida albicans is deel van die mens se natuurlike mikroflora. Ook gesien as mikro-organismes wat normaalweg woon in die menslike liggaam. Word gevind in die spysvertering stelsel, mond en by vroue vaginaal.

In normale gesonde toestande is Kandida albicans nie ‘n probleem nie. Wanneer daar egter ‘n “oorgroei” of “overgrowth” plaasvind waar infeksies en probleme ontstaan.

thrush-symptoms-signs-men-women-fungal-infection-this-morning-dr-chris-what-are-the-1441085

Kandida albicans is die grootste oorsaak van infeksies in die menslike liggaam. Die naam “albicans” word afgelei van die Latynse woord vir “wit” omdat die gis wit vertoon wanneer daar ’n kultuur daarvan gemaak word. Kandida albicans word kenmerkend as “thrush”  beskrywe omdat dit wit saamgestelde aanpaksels vorm.

  1. Bekende probleemgebiede waarin Kandida albicans is

2.1 Urienweg infeksies

Dit kan selfs tot in die niere in op beweeg.

  • Verhoogde behoefte om te urineer
  • Abdominale pyne of pyne in die pelvis
  • Bloed in die uriene
  • Brandsensasie of brandgevoel tydens urinering.

19989055055fb57956022a6ebb7693f3

2.2 Kandida albicans is ook bekend by

Top-15-Candida-Symptoms,jpg

2.3 Toestande vir die bevordering van kandida albicans is

  • Stywe onderklere
  • Sintetiese onderklere in plaas van katoen
  • By babas wat se doeke nie gereeld skoongemaak word nie

Candida-Albicans-Candidiasis-Thrush-Yeast-Infection

  • Oorsake vir die ontwikkeling van Kandida Albicans

Antibiotika:

Sommige Literatuur wil dit hê dat 70% en meer van die samelewing hierdie bakterie onder lede het omdat meeste mense een of ander tyd blootgestel is of was aan te veel of dan die misbruik van antibiotika.

Die Literatuur wys ook op die gebruik van

  • Steroïdes
  • Die “Pil” of voorbehoedmiddels
  • Diabetes
  • HIV/VIGS
  • Oormaat stysel en suiker
  • Stres van soorte wat kandida albicans bevorder.

what-happens-during-candida-dying-off-5-728

  • Daar is ook ander bydraende faktore, soos
  • Oormatige alkoholgebruik
  • Disfunksionele lewerfunksies
  • Vitamien B tekorte
  • Hardlywigheid
  • Swak of verswakte immuunstelsel
  • Ongebalanseerde dieet

Liver-708856

  1. Kandida albicans

Word in die Literatuur beskrywe met ‘n tweeledige lewensiklus. Dit kom natuurlik in die spysverteringstelsel voor waar dit baie goed beheer word deur ander natuurlike probiotiese bakterie.

Kandida albicans word ʼn gesondheidsprobleem met ongekende mediese toestande in ‘n liggaam wanneer die liggaam se;

  • pH uit balans is
  • liggaam as suur getoets word.
  • Kandida albicans gedy in toestande van hardlywigheid en,
  • vorm buitensporige hoeveelhede in die ideale omstandighede en
  • Geniet ‘n verswakte of onderdrukte immuunstelsel wat nie behoorlik kan reageer teen kandida albicans se gevolge nie.
  1. Oorsprong van kandida albicans

Kandida albicans kom natuurlik in die spysverteringskanaal voor.

Dit begin as ‘n suiker-gefermenteerde gis in ideale omstandighede van medikasie, antibiotika, steroïede, onderdrukte en verswakte immuunstelsel en ander soos genoem hierbo. (Neem kennis van suiker en stysel se rol in die vorming van kandida albicans)

  1. Die gevolge van kandida albicans is tweeledig.
  • Kandida albicans floreer op die liggaam se inname van B-Vitamienes en beroof die liggaam van B-vitamienes se nodige voordele.
  • Tweedens, dit vergiftig die liggaam met metaboliese afvalstowwe weens “Leaky Gut Sindroom” ook bekend as “Lekkende derm sindroom.”
  • Dit is ‘n toestand waar die giftige afvalstowwe wat in die dermkanaal uitgeskei moet word (weens die beskadiging van die dermkanaal se wande), hierdie giftige afvalstowwe terug syfer in die bloedstroom in.

Met die gevolg dat die persoon se lewer en gal oorlaai word om van hierdie reeds verwerkte giftige afvalstowwe ontslae te raak. Dit moet ook met die nuwe toenemende toevoeging van vrye radikale en afvalstowwe deel.

  1. Gevolg

Bogenoemde is die eerste fase van kandida albicans.

Sou die faktore soos hierbo beskrywe nie met insig en wysheid bestuur word nie, is hier erge nadelige gevolge. Die aanslag van kandida op die liggaam se gesondheid skop in met ‘n tweede fase, wat in die Literatuur as “Candidiasis” beskrywe word.

Candidiasis val die verswakte immuunstelsel aan en poog om dit te vernietig.

  • Die fungus groei en vorm dan risoïede wat wortel skiet in jou dermwande.
  • Veroorsaak ook simptome wat soortgelyk is aan “Irritable Bowel Syndrome” of IBS.
  • Hierdie risoïede skiet dan wortel in jou dermkanale
  • En vorm uiteindelik die “Leaky Gut Syndrome”

candida_VC

  1. Sistemiese Candidiasis

Wanneer ‘n toestand soos hierbo beskrywe ontstaan, en hierdie gifstowwe of afvalstowwe van die liggaam kom op ‘n gereelde basis in aanraking met die bloedstroom, ontstaan ‘n toestand bekend as “Sistemiese Candidiasis.”

  1. Gevolge

Die gevolge van die toestand is skrikwekkend. Hierdie swamsiekte affekteer byna elke orgaan in die menslike liggaam. Dit affekteer ook die liggaam se weefsel en die volgende toestande kan hieraan toegeskrywe word.

  • Buikafwykings
  • Voedsel-intoleransie
  • Allergieë
  • Hipersensitiwiteit
  • Asma
  • Verskeie auto-immuunversteurings kan ontstaan waar die liggaam homself op sellulêre vlak begin aanval.

Van die Kandida Albicans infeksies is die volgende;

  • Neutropenie: ‘n Toestand waar abnormale lae vlakke van selle, genaamd “neutrofiele” in die bloed gevind word. ‘n Tekort hieraan maak mens meer vatbaar vir vele soorte van skadelike bakteriële, virus en infeksies van verskillende protosoa

Skin-Fungus-Infection-experts-guide.jpg

  • Kandidemie of “Candidemia”: ‘n Toestand met bloedinfeksie van ander kandida-spesies wat lang hospitalisasie vereis, kroniese moegheid, depressie, beheer met antibiotika en selfs sjirurgie. Simptome is sepsis, nierprobleme en skok.
  • Endokarditis is infeksie van vliese aan die binnekant van die hart wat die hartkamers en hartkleppe insluit. Fungi (kandida albicans) wat endokarditis veroorsaak, het ‘n baie hoë mortaliteitsyfer en is verantwoordelik vir tussen 24% en 46% van alle gevalle van endokarditis.

a21cf9d59c851e868e51fe7b12d94fa0--candida-symptoms-candida-diet

  • Breinvliesontsteking of meningitis is inflammasie van die brein en rugmurg. Breinvliesontsteking wat deur kandida albicans veroorsaak word veroorsaak hoofpyne, stywe nekspiere, koors, naarheid en vomering, verwarring en sensitiwiteit vir lig.
  • Peritonitis of “Intra-abdominale candidiasis” se simptome is maagpyn, koors, naarheid en vomering, moegheid, diarree en geen aptyt.

Header-Candida-Overgrowth

  1. Die bestuur van Candida Albicans.

Drie aspekte is van belang by die bestuur van Candida albicans

  • Kandida albicans het die unieke vermoë om by sy slagoffers ‘n hunkering na sekere kossoorte te gee. Veral kossoorte van die kandida organisme voed. Dit is suiker en styselverwante voedselsoorte.
  • Dit gevolge van gifstowwe wat weer in die bloedstroom invloei veroorsaak dat die gifstowwe suurstof opneem selle moet voed wat die liggaam in ‘n suurstofarm laat, met die gevolg dat dit belangrike liggaamsfunksies versmoor en die immuunstelsel erg onder druk plaas.
  • Die afsterwe van die Candida albicans bakterie is hoogs toksies. Dit laat die slagoffer met soortgelyke simptome soos griep.
  1. Faktore van belang by die bestuur van Candida albicans.

2b18b64

  • Aktiewe program om die kolon skoon te maak en gesond te hou. (Engelse sout 1 x elke 6 weke) en hervul met probiotika om vertering te bevorder en die balans in bakterie vormende kolonies te herstel.

58e069248982a1c37ebcc5dc18c6f030--systemic-candida-candida-symptoms

  • Sorg dat metabolisme daagliks en ook gereeld is en gemaklik uitskei, verhoed enige toestand van hardlywigheid ( Triphala, genoeg water, probiotika, genoegsame inname van ruvoedsel en vesel om peristaltiese bewegings te stimuleer (nie semels nie), droë vrugte, ens.)
  • Die lewer as orgaan konstant te detoks (Sien aparte skrywe hieroor)
  • Versterk die immuunstelsel (probiotika en kolostrum, Fulvic suur vir minerale en ook vitamiene) en ook oefening. 
  • Bevorder magnesiumopname (Magnesium badsout en magnesium smeer). Magnesium stabiliseer die liggaam se suurvlakke en verlaag ook die ideale suuromstandighede waarin fungi en ander skadelike patogene wil aanteel.
  • Bevorder die opname van suurstof (Fulvic suur”) wat ongunstige toestande skep vir kandida.
  • Bind vrye radikale molekulêr om dit in die lewer en dikderm uit te skei (Triphala en Fulvic suur) 
  • Onderhou die liggaam se natuurlike Ph balans: 15 ml appelasyn in water op nugtermaag
  •  Bevorder probiotiese balans aktief met gesonde groepe probiotika. Dit is die Natuur se manier om Candida albicans te onderdruk en te dood. 
  • Fulvic suur of humussuur is antiviraal, antibakteries en antifungies en help om verteringstelsel saam met probiotika, kolostrum en kollageen te heel. 
  • Bestuur die vorming van eie natuurlike afvalstowwe (vrye radikale) aktief om selverlies en selvernietiging (oksidering van funksionerende selle) te voorkom. 
  • Inname van Vitamien C word benodig vir die groei en herstel van weefsel waar Candida albicans skade aangerig het. Word gebruik in die vorming van kollageen, die proteïen wat die vervaardiging van vel, senings, ligamente, bloedvate, kraakbeen, tande, littekenweefsel en bloedvate en dermwande te herstel. Speel ook ʼn belangrike rol by die herstel van artritis en blokkeer die effek van vrye radikale. 
  • Sink is ʼn noodsaaklike mineraal, wat wel deur humus of Fulvic suur aangevul word. Sink versterk die immuunstelsel, bevorder die seldeling van selle, selgroei en bevorder ook die ontwikkeling van beskadigde selle weens Kandida albicans.  
  • Word beskou as ‘n kritiese mineraal by Crohn se siekte, makulêre of seldegenerasie by veroudering, maagsere, ADHD, aknee, sekel-anemie of bloedarmoede, HIV, vroue wat borsvoed, alkohol misbruikers en andere veluitslag of luier toestande by babas.

Pierre van Niekerk

 

 

 

 

 

Vitamien B 1 tot B5: Deel 1

Featured

Rooipeper of Cayenne

Featured

peppers

Inleiding

Die Pierre@ Ecohealth Kruiemengsel bevat 6 bekende kruie. Elke een se doel en rede en funksie sal kortliks verduidelik word.

SUJA_Cayenne-500x500

Die produk word vir gerief in kapsulevorm verpak, omdat smake n belangrike rol speel in die neem van kosse en kruie. Veral rooipeper is nie vir almal verdraagsaam nie, alhoewel dit reuse medisinale waardes het. Sien beskrywing onder.

The-capsaicin-In-peppers-can-help-kill-breast-cancer-and-more-640x360

Kapsulering los die probleem op.

Enkele terme is skakels na Mediese webblaaie waar die woorde bespreek word. Volg dit gerus. Dit is die behoefte dat mense wyer lees as net dit wat hier geskrywe word. Persoonlik word gekies dat mense ingelig hierdie produkte gebruik.

Pierre@  Ecohealth se produkte word gemeng en saamgestel van die allerbeste bestanddele.

c87cd53913f25bb220a289c42090df72--health-benefits-health-tips

Die kruie is:

  1. Cayenne of rooipeper
  2. Swartpeper
  3. Kaneel
  4. Gemmer
  5. Borrie
  6. Komyn

Rooipeper word in kort eerste beskrywe.

c37fc5cdcba962f3a117331ff6b5b1a4--pepper-benefits-benefits-of

Rooipeper of “Cayenne pepper” is baie warm chili peper van die “Capsicum” familie.  Word by baie gewilde Suid Afrikaanse disse gebruik as ‘n kenmerk van die reuk en geur van die ete.

Enkele historiese feite van rooipeper as produk.

  • Herkoms is uit Sentraal Amerikas, en vernoem na Cayenne, ‘n stad in French Guiana.
  • Rooipeper is deel van Amerikaanse Indiane medisyne en eetgebruike vir die afgelope 9000 jaar.
  • Capsin in rooipeper, is die element wat waarskynlik al die medisinale en voedingseienskappe dra.
  • Rooipeper bevat  Vitamien C (lees hier op oor al die nodige vitamienes se se funksies in die liggaam) Vitamien B6, (essensieel om verskeie ensieme funksioneel te maak krities tot mens se gesondheid) Vitamin E,  potassium, mangaan, flavonoids.
  • Oop wonde moet nooit aan capsin blootgestel word nie.

Wat is rooipeper?

CAYENNE

Rooipeper is ‘n bekende spesery wat bekende medisinale eienskappe bevat wat tradisioneel gebruik word as ‘n natuurlike plantproduk om pyne, skete, seer spiere en gewrigte gesond te maak en te hou.

Rooipeper is ook deel van Chinese tradisionele medisyne, en word daar gebruik om bloedsomloop te bevorder en ook om aptyt te bevorder.

Voordele en gebruike

b98f4c6abc1fc2c726b702a3b55a267c--cayenne-pepper-benefits-cancer-cure

Cayenne pepper may have a range of health benefits.

  1. Pynverligting
  • Capsaicin die aktiewe bestandeel in rooipeper mag verskeie pynverligtingvoordele bevat. Een artikel wil selfs beweer dat rooipeper analgiese eienskappe bevat eienskappe wat pyn verdoof sonder om die bewyssyn te verloor.
  • Capsaicin in rooipeper het ook die eienskappe om die boodskapper wat pynboodskappe na die brein te stuur, (Substance P) te verdoof.
  • Studies beweer dat die gebruik van rooipeper liggaamstemperatuur verhoog wat lei tot die verbranding van kalorieë.

Toe neus tydens verkoues.

how-cayenne-pepper-helps-quit-smoking-6-638

Rooipeper word gebruik as n middel teen verkoues en griep, asook toe neuse. Omdat dit kan help om bloedvate te krimp by die neus en keel.

‘n Tuisresep vir verkoues kan oorweeg word

  • ¼ teelepel rooipeper
  • ¼ teelpel gemmer
  • Eetlepel heuning
  • Eetlepel appelasyn
  • Twee eetlepels water en neem dit in.

Sommige maak van rooipeper, appelasyn en suurlemoensap n warm tee om sinusse op te klaar.

Voedingswaardes van Rooipeper

Volgens die USDA National Nutrient Database, bevat een eetlepel rooipeper (5.3 gram) die volgende eienskappe.

  • 17 kalorieë
  • 0.64 g proteien
  • 0.92 g vet
  • 3 g  stysels, wat 1.4 g vesel en 0.6 g suiker
  • 8 mg of kalsium
  • 0.41 mg yster
  • 8 mg magnesium
  • 16 mg fosfor
  • 107 mg of potassium

Ander waardes sluit in Vitamien C, thiamin, riboflavin, niacin, vitamien B-6, en foliensuur. Foliensuur is een van die B–vitamiene wat veral in lewer gevind word. Foliensuur is krities in die vorming van rooi- en witbloedselle in die beenmurg. Dit skakel ook stysels om in energie en produseer DNA en RNA.

Rooipeper is ook hoog is in flavonoiede and karotenoiede (wat rooipeper se kleur weergee). Die twee terme sal in ander skrywes verduidelik word.

Pierre van Niekerk