Pierre @ Dieregesondheid/Animal Health was ‘n gedeelte van die gesig van die program “Dieremaniere” wat op ASTV uitgesaai was. Ons hoop om binnekort ons eie 24-uur Kanaal te hê op die OpenView HD Sateliet wat net oor dieregesondheid handel.

Die behoefte van lesers en lede van die blad het aangedui dat hul gesondheidsinligting van hul diere 24 uur van die dag tot hul beskikking wil en moet hê.

Kwessies soos vlooie, bosluise, entings, sterilisasies, hondsdolheid, algemene versorging, noodhulp, vergiftiging, allergië, jeuk, maagaandoenings en die stop van bloeding is elke dag op die blad.

Daarby is daar elke dag vrae en bewyse van velprobleme. Die feit is, mense lees nie. Hul wil dit op TV sien. Kort en kragtig en ons poog om juis dit te doen. Tog my die skrywes iewers wees.

Dit gaan nooit poog om die rol van ‘n veearts te vervang nie. Nooit gaan dit staatmaak op “boererate” wat gevaarlik is vir ‘n dier nie. Dit gaan geen professionele persoon se saak in geselskapsdiere se rol verwater nie.

Inteendeel. Dit gaan en dit wil professionele dienste eerder versterk en uitbou. Pierre@ Dieregesondheid / Animal Health wil ‘n veearts en apteker aan boord kry, asook ander spesialisdienste wat die saak van geselskapsdiere diere wil dien. Net die beste is goed genoeg.

Vrae wat op die programme onstaan gaan hier beantwoord word, want dit is die blad wat op TV na verwys gaan word. ‘n Dinamiese gesprek sal toegelaat word, mits dit respekvol is en gaan oor die saak nie nie die persoon nie, want diereliefhebbers kan hoogs emosioneel raak en kop verloor in hul liefde en agting vir diere.

Dit is en word ‘n Dieregesondheidsblad, waaraan hard gewerk gaan word om by die fokus te bly. Die saak en liefde vir diere gaan gedien word, net dit.

Vrywaring

Hiermee vrywaar ek my as HOOF ADMIN/S van enige verlies, skade, naamskending waarby enige transaksie tussen die lede gedoen word. Hierdie is ‘n groep vir algemene kennisname oor dieregesondheid en eie handeldryf met Pierre@Dieregesondheid/Animal Health en ander handelaars.

Ek is nie verantwoordelik vir enige verlies van enige aard en ook nie verantwoordelik om rekord te hou van enige transaksies en of die toetsing, toepassing en gee van produkte op diere nie, ook nie die skade en of moonylike verlies van lewens van die diere nie.

Pierre@Dieregesondheid is ook nie verantwoordelik vir enige persoon se skrywes en moontlike gevolge daarvan nie.

Pierre van Niekerk

25 Comments on “Pierre@ Dieregesondheid”

  1. Uitstekend, nou gaan daar nie meer ‘n gesukkel wees om vinnig inligting of raad te kry nie. Welgedaan en dankie vir die groot liefde vir diere.

    Like

  2. Uitstekend! Mense gaan so baie hier uit leer op die wonderlike blad. Baie dankie aan ieder van elk van jul wat dit moontlik maak om ons diere te beskerm teen siektes en ook so aan elke raad wat jul deur gee om ons diertjies te help!

    Like

  3. Hi Pierre,

    My donkie het Maandag ‘n vul, sy kon eenkeer drink voordat die ma dood is, ek is genoodsaak om haar hand groot te maak, ek het ‘n sancuary geskakel en die dame het skaapmelk vevanging voorgestel. Alles het goed gegaan tot gister toe haar magie begin werk, ‘n slap grys kleur.

    Ek het op die internet gelees dat ek die melk moet stop en vir 2dae glukose water moet gee, ek het haar deur die nag so gevoer maar vanoggend oorgesit op 2% beesmelk met 1 teelepel heuning in(dis die aanbevole melk op die internet) is daar enige iets wat ek nog vir haar kan doen?

    Like

    • die mag sal werk met daai melk, biesmelk of kolostrum, vra op die blad by wie kan kry kry en vir nou want ons verkoop dit in blikvorm, gaan jou probleem onmiddelik stopsit. Intussen, gee wit gero jogurt, kefir of enige hoë hoeveelheid probiotika in, bokmelk as jy kan kry, teelepel nie hoogvol nie, vlapoeier of maizena in stywe pasta en ook in om die maag te bind

      Like

  4. Wat kan ek alles doen as jy maltese nier versaking het? Sy kry medikasie elke dag maar eet swak. Wil net rys en hoender eet gladnie die kd kos of pellets.

    Like

  5. Goeie naand,

    Kan iemand my asb help?????
    My kat(3 maande oud) was gisteraand gesteek deur n by en sy pootjie is baie seer. Hy lig die pootjie wanneer hy loop en kan nie spring nie. Het sy ligmente en been gekyk maar hy huil wanneer ons naby die pootjie kom. Het al vir hom Allergex gegee maar dit help nie. Help asb????

    Byvoorbaat dank.

    Like

  6. Goeie môre. Ek het ń skaaphond hy is gister middag deur ń voertuig raak gery, vermoedelik teen die kop ń stamp gekry. Hy kon glad nie opstaan nie. Sover ek waargeneem het is daar geen bloeding in die oë of ore of stukkende plekke nie. Ek het paracetamol stroop gegee. Hy het vanoggend begin loop maar is baie slaperig en is nog van balans af en bekyk alles uit een oogpunt af. Ons het glad nie ń veearts nie en die naaste is ń stad wat 2 ure se ry is. As ek raad kan kry asb. Juanita

    Like

Leave a comment