Kortisol: Die Rol van Byniere by Gewigsverlies

Agtergrond

Word die kwessie van stres (kortisolvorming) in ‘n gewigsverliesprogram nie aangespreek nie, kan sodanige gewigsverlies program geen substansie hê om te bestaan nie.

Daar kan min tot geen kans wees, tensy dit ontwatering behels, dat so program in die studies enige langtermyn sukses kan hê nie.

 

Kidney2

Studies oor faktore wat aangespreek word in gewigsverliesprogramme, wys vinger na een hormoon wat deel is en word van die gewigsverlies pakkie, wat direk aangespreek moet word. Dit is naamlik “Kortisol” wat deur die byniere afgeskei word.

Die funksies van Byniere

  • Die byniere is twee klein organe wat bo-op die linker en regternier rus
  • Byniere weeg ongeveer 5 gram elk
  • Is noodsaaklik vir ‘n groot verskeidenheid funksies in die liggaam
  • Byniere skei meer as 50 hormone af wat belangrik is vir die liggaam
  • Sou die liggaam in enige gevaar verkeer, is dit die hormone wat deur die twee byniere in die proses van skok of skrik afskei
  • Wat ‘n mens of dier instaat stel om vinniger te hardloop as normaal, harder te slaan as normaal, swaarder gewigte en items op te tel as normaal
  • Alle soogdiere het goed ontwikkelde byniere
  • Werweldiere se byniere is nie goed ontwikkel nie

maxresdefault

Hierdie twee hormone wat afgeskei word, staan bekend as;

  • Adrenalien en
  • Noradrenalien

Die byniere skei ook “kortisoonhormone” af.

Die hormone word ook sinsteties vervaardig om vele siektes en toestande aan te spreek in die Medisyne.

Kidney

Elke bynier bestaan uit

  • ‘n bynierskors (cortex suprarenalis)
  • ‘n byniermurg (medulla suprarenalis).

656b2a24-38cc-11e9-a334-8d034d5595df_image_hires_205650

Die bynierskors

  • Die bynierskors is saam met organe soos die niere en die skildkliere deel van die liggaam se “Endokriene stelsel”
  • Sonder die bynierskors kan die menslike liggaam nie aan die lewe bly nie.
  • ‘n Ander groep belangrike hormone wat deur die bynierskors afgeskei word, word steroïede en of kortikosteroïede

images (9)

Belangrikheid van enkele hormone wat deur bynierskors afgeskei word.

  • Steroïede of kortikosteroïede beïnvloed die liggaam se proteïen- en suikermetabolisme.
  • Dit kan ook die bloed se suikervlakke sodanig verhoog dat dit die werking en belangrikheid van insulien kan neutraliseer.
  • Die hormoon aldosteroon, wat deur die bynierskors afgeskei word, reguleer die hoeveelheid sout wat deur die niere uitgeskei word.
  • Groot hoeveelhede sout word in die urine uitgeskei as hierdie hormoon nie deur die bynierskors afgeskei word nie.
  • Daarteenoor, sal die liggaam sal ‘n te veel water uitskei as die soutuitskeiding te hoog is. Met skadelike gevolge vir die hele liggaam.
  • Die bynierskors vervaardig ook klein hoeveelhede geslagshormone.

As die byniere disfunksioneel word

  • Sal te veel hormone deur die bynierskors afgeskei word, as daar gewasse in die bynierskors gevorm word.
  • Wanneer gewasse in die bynierskors ontwikkel, sal die liggaam se spiere uitteer

maar omdat die liggaam water en sout behou sal die persoon baie gewig optel.

  • As die bynierskors egter weens ‘n siektetoestand te min hormone afskei, kan die teenoorgestelde gebeur. Die persoon sal uitteer.

14630959-back-side-view-of-male-skeleton-with-kidneys

Die Byniermurg

 Byniere se posisie in die liggaam

  • Die byniermurg maak slegs een tiende van die bynier uit
  • Byniere word as ‘n deel van die outonome senustelsel beskou.
  • Die byniermurg word deur die bynierskors omhul.

656b2a24-38cc-11e9-a334-8d034d5595df_image_hires_205650

Die adrenalien en die noradrenalien wat deur die byniermurg afgeskei word

  • Stel die liggaam in staat om in gevare baie vinnig te reageer.
  • Adrenalien en die noradrenalien is verantwoordelik vir die simptome van angs, skok, woede asook senuagtigheid wat die soogdier beleef.
  • Sodra die byniermurg hierdie twee hormone afskei, word die klein bloedvate aan die veloppervlak vernou.
  • Dit gee aanleiding tot die bleek voorkoms van mense wat beangs is.
  • Die afskeiding van adrenalien en noradrenalien veroorsaak dat die bloedvate in die liggaam se spiere wyer word.
  • Dit veroorsaak dat bloedtoevoer na die spiere verhoog
  • wat op sy beurt meebring dat die liggaam baie energiek te reageer.
  • Die hart se pompvermoë en krag word ook verhoog.
  • Adrenalien en noradrenalien stimuleer ook die brein sodat beslissings vinnig geneem kan word.

Bynier-uitputting.

Bynieruitputting het vele simptome. Waarvan uitermatige uitputting en moegheid deel van die simptome is van bynieruitputting.

Byniere is soos genoem, verantwoordelik vir die liggaam se reaksie op fisieke en of emosionele stres.  Die reaksie van hierdie is die afskeiding deur die byniere van kortisol, adrenalien en noradrenalien.

Stressors

  • Daar is in die moderne lewe honderde soorte van stres of stressors bekend. Dit is nie noodwendig skadelik of lewensgevaarlik nie.
  • Chroniese stres is egter ‘n uitdaging. Want dit stimuleer die byniere tot oormatige produksie van kortisol, adrenalien en die noradrenalien.

Stres is ‘n noodroep van die liggaam dat die kwessies van stressors doelbewus aangespreek moet word.

Kortisol en gewigsverlies

Min gesondheidsukses, asook gewigsverlies wat ‘n langtermyn aard nodig het,  kan en sal bereik word tensy die afskeiding van veral kortisol deur die byniere, by gewigsverlies nie beheer word nie.

Kortisol se rol by inflammasie word hier beskrywe;

https://pierredieregesondheid.wordpress.com/2019/09/19/faktore-by-gewigsverlies/

Die vraag is nou

“Watter natuurlike produkte kan ons gebruik om kortisolvlakke natuurlik te beheer sodat die liggaam nie onnodig teen die hormoon se invloed moet stry nie?”

Die kruid “Ashwagandha”

Se rol en gesondheidswaardes word as opvolg beskrywe om kortisolvlakke natuurlik te beheer, met die redes waarom dit deel vorm van die Pierre@ EcoHealth se Vetverlies Produkte.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s