Gewigsverlies 2: Leptienweerstandigheid en Glycyrrhiza glabra of “Liquorice root.”

Inleiding:

Die skrywe beskryf die eerste van enkele kruie wat bepaalde funksies moet verrig in die reeks vetverliesprodukte. Dit skrywe moet saam met ander artikels oor produkte gelees word wat die afgelope tyd geplaas is oor gewigsverlies.

images

Om gewig te verloor is vir sommige ‘n bitter swaar lewenservaring en in wese ‘n erge stryd en lyding. ‘n Saak van gebed en hoop en ‘n saak waar vele hul eie selfbeeld skend. En “hoop” word ʼn dief van die nag. Een wat nooit waar word nie. ‘n Vet dief van geluk en  ‘n nalatenskap van seer menswees.

licorice-root-glycyrrhiza-glabra-l

Waarskynlik is mense wat gewig wil verloor se pad soveel moeiliker. Moeilker omdat hul nie goeie kennis dra van die faktore wat gewigstoename veroorsaak nie. Maar dan, dan is ook soveel “guru’s” al die antwoorde en slim bemarking, met al die antwoorde en al die planne en pille dat dit mense nog eens moedeloos laat.

Veral as niks werklik gebeur nie.

Leptien, Ghrelien en Kortisol

  • Skrywe 1 beskryf die funksie van die hormoon Ghrelien.
  • Skrywe 2 handel oor die invloed van die hormoon Leptien en Leptienweerstandigheid.
  • ‘n Derde kritiese rolspeler en ook ‘n hormoon, wat deur die byniere afgeskei word, naamlik “Kortisol” word ineengevleg met die skrywes omdat dit n belangrike rol speel by gewigstoename.

download (2)

Leptien Kode

Die liggaam is Biologies geprogrammeer om energie (vet) te preserveer.

Die hormoon wat jou brein opdrag moet gee om van gestoorde energie gebruik te maak, is Leptien. Dit moet die brein deur die bloedstroom van die regte inligting voorsien.nlig. Sou daar genoeg gestoorde energie beskikbaar wees, moet die brein in normale omstanbdighede dit eersten verbruik en nie opdragte uitstuur om energie te stoor nie.

Wanneer die brein nie die seine in die bloedstroom reg lees, kan ontvang of dit reg te intrepreteer nie, ontstaan ‘n toestand van Leptienweerstandigheid.

Leptienweerstandigheid is die een faktor wat in enige gehalte gewigsverliesprogram aangespreek word. Die program moet daarin slaag dat die brein deur die bloedstroom die regte seine en kodes ontvang.

  • Om gestoorde energie eerste te gebruik.
  • Om nie te dink dat die liggaam in ‘n stresmode is en als wil stoor nie.

Kry ‘n gewigsverliesprogram die ideaal reg

Sal vetverlies vir niemand ‘n probleem wees nie. Leptienweerstandigheid word in die Literatuur aangespreek met die wortel van ‘n plant in die volksmond genaamd Glycyrrhiza glabra of “Liquorice root.”

  1. Glycyrrhiza glabra of “Liquorice root.”

Dit is die wetenskaplike naam vir ‘n flavonoïed ekstrak wat in die Literatuur bewys is dat dit die brein se leptienreseptore stimuleer,  sodat jou brein nie sonder inligting funksioneer en dink die liggaam is in oorlewing nie.

 

licorice

  • Liquorice wortel is sowat 50 keer soeter as suiker. Ander bronne beweer meer.
  • Hierdie produk skakel die brein se leptienreseptore aan sodat dit die regte boodskappe aan die brein, weer in die bloedstroom gegee kan word en, dat dit raakgesien kan word.
  • Glycyrrhiza glabra vervul ook ‘n ander belangrike funksie.

Dit stimuleer ook die PPAR-alpha proteïen, wat in die Literatuur beskrywe word as die proteïen wat witvet of “visceral fat” afbreek.

  • PPAR-alpha is daardie groep proteïene

Wat die Literatuur beskrywe as ‘n proteien wat;

  • Die afbreek van vet stimuleer
  • Die metabolisme reguleer
  • Bloedsuikervlakke af te bring
  • Stysels, vette en proteïene af te breek
  • Konsentrasievlakke te stabiliseer
  • Gemoedstoestande stabiliseer en
  • Verminder jou insulienweerstandigheidsvlakke , wat in effek beteken jou liggaam kan weer sensitief word vir insulien.

glycyrrhiza-glabra-liquorice-10-638

Glycyrrhiza glabra help dus,

  • deur die stimulering van die PPAR-alpha proteïne, wat fokus die wit sagte maagvette of “visceral fat.”
  • Dit is die vette wat om die maag en organe versamel en bekend is vir hul bydrae tot hartvatsiektes, kanker, depressie en vele ander probleme.

Glycyrrhiza glabra help dus,

  • Met minder eet omdat dit ‘n natuurlike versadiging meebring.
  • Glycyrrhiza glabra verminder eetlus natuurlik deur die leptienreseptore se kommunikasie aan te spreek en te sorg dat die boodskap korrek oorgedra word.
  • Nog ‘n belangrike “maer maak” ensiem word deur die brein gestimuleer, nl., 

Adenosine 5′ monophosphate-activated protein kinase” of AMPK .

Dit is ‘n ensiem wat bekend staan as die liggaam se “Meester reguleerder van Energie Metabolisasie.” of “Master regulator of energy metabolism.

download (6)

Hoekom is dit belangrik om die gedeelte van die brein te verstaan?

Wanneer die “kontrole sentrum van jou brein,” die hipotalamus” wat die outonome senustelsel en die pituïtêre klier reguleer, agterkom dat die liggaam se energievlakke laag is, stimuleer die brein die vorming van AMPK.

 

images (8)

AMPK funksioneer as ‘n “Energie- sensor” binne die selle van die liggaam.

  • Navorsing wil glo dat soos wat die mens ouer word, verminder hul “AMPK aktiwiteite.”  Wat verklaar waarom daar veranderinge in gewig, aptyt en energievlakke plaasvind.
  • Maar vir AMPK is daar ook ‘n natuurlike antwoord. Dit word gestimuleer deur bietjie verhongering en ook vas. Tekorte aan energie stimuleer ook die vorming van AMPK en
  • Adiponektien word dan afgeskei by vas en verhongering. Verhongering kommunikeer deur die bloed aan die brein dat daar te lae energievlakke vir die liggaam bestaan.
  • Wat tot die aktivering van die Adenosien 5′ mono-fosfaat geaktiveerde proteïen kinese” lei.  

Wat inhibeer die funksies en vorming van AMPK

  • Ooreet of dan te veel en aanhoudend eet
  • Verhoogde suiker en styselinames
  • Verhoogde insulienvlakke
  • Hoë bloedsuikervlakke
  • Te veel alkohol
  • Mineraaltekorte onderdruk die nodige vorming van AMPK.

Die ideaal…

Dat ideaal van die Pierre@ Ecohealth program is logies wees. Dit moet op ‘n natuurlike wyse die vorming van AMPK in jou spiere, lewer en selle stimuleer.  Word dit reggekry, versnel dit die metabolisme natuurlik en, dit beteken;

Die aktiewe benutting of verbranding van vet.

 

glycyrrhiza-glabra-liquorice-10-638

Daarom die keuse van Glycyrrhiza glabra. Dit veroorsaak daar kinese van “AMPK” of “Adenosien 5′ mono-fosfaat geaktiveerde proteïen” plaasvind.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s