Kandida Deel 2: Kandida Albicans

candida-test-treatment-for-candida-candida-overgrowth-treatment_3

‘n Tweede belangrike groep bakterie wat beskrywe word, is “Candida albicans.”.

Klik gerus op die gekleurde skakels vir indiepte artikels oor Candida albicans.

  1. Oorsake van vestiging: Inleiding.

Candida albicans is deel van die mens se natuurlike mikroflora. Ook gesien as mikro-organismes wat normaalweg woon in die menslike liggaam. Word gevind in die spysvertering stelsel, mond en by vroue vaginaal.

In normale gesonde toestande is Kandida albicans nie ‘n probleem nie. Wanneer daar egter ‘n “oorgroei” of “overgrowth” plaasvind waar infeksies en probleme ontstaan.

thrush-symptoms-signs-men-women-fungal-infection-this-morning-dr-chris-what-are-the-1441085

Kandida albicans is die grootste oorsaak van infeksies in die menslike liggaam. Die naam “albicans” word afgelei van die Latynse woord vir “wit” omdat die gis wit vertoon wanneer daar ’n kultuur daarvan gemaak word. Kandida albicans word kenmerkend as “thrush”  beskrywe omdat dit wit saamgestelde aanpaksels vorm.

  1. Bekende probleemgebiede waarin Kandida albicans is

2.1 Urienweg infeksies

Dit kan selfs tot in die niere in op beweeg.

  • Verhoogde behoefte om te urineer
  • Abdominale pyne of pyne in die pelvis
  • Bloed in die uriene
  • Brandsensasie of brandgevoel tydens urinering.

19989055055fb57956022a6ebb7693f3

2.2 Kandida albicans is ook bekend by

Top-15-Candida-Symptoms,jpg

2.3 Toestande vir die bevordering van kandida albicans is

  • Stywe onderklere
  • Sintetiese onderklere in plaas van katoen
  • By babas wat se doeke nie gereeld skoongemaak word nie

Candida-Albicans-Candidiasis-Thrush-Yeast-Infection

  • Oorsake vir die ontwikkeling van Kandida Albicans

Antibiotika:

Sommige Literatuur wil dit hê dat 70% en meer van die samelewing hierdie bakterie onder lede het omdat meeste mense een of ander tyd blootgestel is of was aan te veel of dan die misbruik van antibiotika.

Die Literatuur wys ook op die gebruik van

  • Steroïdes
  • Die “Pil” of voorbehoedmiddels
  • Diabetes
  • HIV/VIGS
  • Oormaat stysel en suiker
  • Stres van soorte wat kandida albicans bevorder.

what-happens-during-candida-dying-off-5-728

  • Daar is ook ander bydraende faktore, soos
  • Oormatige alkoholgebruik
  • Disfunksionele lewerfunksies
  • Vitamien B tekorte
  • Hardlywigheid
  • Swak of verswakte immuunstelsel
  • Ongebalanseerde dieet

Liver-708856

  1. Kandida albicans

Word in die Literatuur beskrywe met ‘n tweeledige lewensiklus. Dit kom natuurlik in die spysverteringstelsel voor waar dit baie goed beheer word deur ander natuurlike probiotiese bakterie.

Kandida albicans word ʼn gesondheidsprobleem met ongekende mediese toestande in ‘n liggaam wanneer die liggaam se;

  • pH uit balans is
  • liggaam as suur getoets word.
  • Kandida albicans gedy in toestande van hardlywigheid en,
  • vorm buitensporige hoeveelhede in die ideale omstandighede en
  • Geniet ‘n verswakte of onderdrukte immuunstelsel wat nie behoorlik kan reageer teen kandida albicans se gevolge nie.
  1. Oorsprong van kandida albicans

Kandida albicans kom natuurlik in die spysverteringskanaal voor.

Dit begin as ‘n suiker-gefermenteerde gis in ideale omstandighede van medikasie, antibiotika, steroïede, onderdrukte en verswakte immuunstelsel en ander soos genoem hierbo. (Neem kennis van suiker en stysel se rol in die vorming van kandida albicans)

  1. Die gevolge van kandida albicans is tweeledig.
  • Kandida albicans floreer op die liggaam se inname van B-Vitamienes en beroof die liggaam van B-vitamienes se nodige voordele.
  • Tweedens, dit vergiftig die liggaam met metaboliese afvalstowwe weens “Leaky Gut Sindroom” ook bekend as “Lekkende derm sindroom.”
  • Dit is ‘n toestand waar die giftige afvalstowwe wat in die dermkanaal uitgeskei moet word (weens die beskadiging van die dermkanaal se wande), hierdie giftige afvalstowwe terug syfer in die bloedstroom in.

Met die gevolg dat die persoon se lewer en gal oorlaai word om van hierdie reeds verwerkte giftige afvalstowwe ontslae te raak. Dit moet ook met die nuwe toenemende toevoeging van vrye radikale en afvalstowwe deel.

  1. Gevolg

Bogenoemde is die eerste fase van kandida albicans.

Sou die faktore soos hierbo beskrywe nie met insig en wysheid bestuur word nie, is hier erge nadelige gevolge. Die aanslag van kandida op die liggaam se gesondheid skop in met ‘n tweede fase, wat in die Literatuur as “Candidiasis” beskrywe word.

Candidiasis val die verswakte immuunstelsel aan en poog om dit te vernietig.

  • Die fungus groei en vorm dan risoïede wat wortel skiet in jou dermwande.
  • Veroorsaak ook simptome wat soortgelyk is aan “Irritable Bowel Syndrome” of IBS.
  • Hierdie risoïede skiet dan wortel in jou dermkanale
  • En vorm uiteindelik die “Leaky Gut Syndrome”

candida_VC

  1. Sistemiese Candidiasis

Wanneer ‘n toestand soos hierbo beskrywe ontstaan, en hierdie gifstowwe of afvalstowwe van die liggaam kom op ‘n gereelde basis in aanraking met die bloedstroom, ontstaan ‘n toestand bekend as “Sistemiese Candidiasis.”

  1. Gevolge

Die gevolge van die toestand is skrikwekkend. Hierdie swamsiekte affekteer byna elke orgaan in die menslike liggaam. Dit affekteer ook die liggaam se weefsel en die volgende toestande kan hieraan toegeskrywe word.

  • Buikafwykings
  • Voedsel-intoleransie
  • Allergieë
  • Hipersensitiwiteit
  • Asma
  • Verskeie auto-immuunversteurings kan ontstaan waar die liggaam homself op sellulêre vlak begin aanval.

Van die Kandida Albicans infeksies is die volgende;

  • Neutropenie: ‘n Toestand waar abnormale lae vlakke van selle, genaamd “neutrofiele” in die bloed gevind word. ‘n Tekort hieraan maak mens meer vatbaar vir vele soorte van skadelike bakteriële, virus en infeksies van verskillende protosoa

Skin-Fungus-Infection-experts-guide.jpg

  • Kandidemie of “Candidemia”: ‘n Toestand met bloedinfeksie van ander kandida-spesies wat lang hospitalisasie vereis, kroniese moegheid, depressie, beheer met antibiotika en selfs sjirurgie. Simptome is sepsis, nierprobleme en skok.
  • Endokarditis is infeksie van vliese aan die binnekant van die hart wat die hartkamers en hartkleppe insluit. Fungi (kandida albicans) wat endokarditis veroorsaak, het ‘n baie hoë mortaliteitsyfer en is verantwoordelik vir tussen 24% en 46% van alle gevalle van endokarditis.

a21cf9d59c851e868e51fe7b12d94fa0--candida-symptoms-candida-diet

  • Breinvliesontsteking of meningitis is inflammasie van die brein en rugmurg. Breinvliesontsteking wat deur kandida albicans veroorsaak word veroorsaak hoofpyne, stywe nekspiere, koors, naarheid en vomering, verwarring en sensitiwiteit vir lig.
  • Peritonitis of “Intra-abdominale candidiasis” se simptome is maagpyn, koors, naarheid en vomering, moegheid, diarree en geen aptyt.

Header-Candida-Overgrowth

  1. Die bestuur van Candida Albicans.

Drie aspekte is van belang by die bestuur van Candida albicans

  • Kandida albicans het die unieke vermoë om by sy slagoffers ‘n hunkering na sekere kossoorte te gee. Veral kossoorte van die kandida organisme voed. Dit is suiker en styselverwante voedselsoorte.
  • Dit gevolge van gifstowwe wat weer in die bloedstroom invloei veroorsaak dat die gifstowwe suurstof opneem selle moet voed wat die liggaam in ‘n suurstofarm laat, met die gevolg dat dit belangrike liggaamsfunksies versmoor en die immuunstelsel erg onder druk plaas.
  • Die afsterwe van die Candida albicans bakterie is hoogs toksies. Dit laat die slagoffer met soortgelyke simptome soos griep.
  1. Faktore van belang by die bestuur van Candida albicans.

2b18b64

  • Aktiewe program om die kolon skoon te maak en gesond te hou. (Engelse sout 1 x elke 6 weke) en hervul met probiotika om vertering te bevorder en die balans in bakterie vormende kolonies te herstel.

58e069248982a1c37ebcc5dc18c6f030--systemic-candida-candida-symptoms

  • Sorg dat metabolisme daagliks en ook gereeld is en gemaklik uitskei, verhoed enige toestand van hardlywigheid ( Triphala, genoeg water, probiotika, genoegsame inname van ruvoedsel en vesel om peristaltiese bewegings te stimuleer (nie semels nie), droë vrugte, ens.)
  • Die lewer as orgaan konstant te detoks (Sien aparte skrywe hieroor)
  • Versterk die immuunstelsel (probiotika en kolostrum, Fulvic suur vir minerale en ook vitamiene) en ook oefening. 
  • Bevorder magnesiumopname (Magnesium badsout en magnesium smeer). Magnesium stabiliseer die liggaam se suurvlakke en verlaag ook die ideale suuromstandighede waarin fungi en ander skadelike patogene wil aanteel.
  • Bevorder die opname van suurstof (Fulvic suur”) wat ongunstige toestande skep vir kandida.
  • Bind vrye radikale molekulêr om dit in die lewer en dikderm uit te skei (Triphala en Fulvic suur) 
  • Onderhou die liggaam se natuurlike Ph balans: 15 ml appelasyn in water op nugtermaag
  •  Bevorder probiotiese balans aktief met gesonde groepe probiotika. Dit is die Natuur se manier om Candida albicans te onderdruk en te dood. 
  • Fulvic suur of humussuur is antiviraal, antibakteries en antifungies en help om verteringstelsel saam met probiotika, kolostrum en kollageen te heel. 
  • Bestuur die vorming van eie natuurlike afvalstowwe (vrye radikale) aktief om selverlies en selvernietiging (oksidering van funksionerende selle) te voorkom. 
  • Inname van Vitamien C word benodig vir die groei en herstel van weefsel waar Candida albicans skade aangerig het. Word gebruik in die vorming van kollageen, die proteïen wat die vervaardiging van vel, senings, ligamente, bloedvate, kraakbeen, tande, littekenweefsel en bloedvate en dermwande te herstel. Speel ook ʼn belangrike rol by die herstel van artritis en blokkeer die effek van vrye radikale. 
  • Sink is ʼn noodsaaklike mineraal, wat wel deur humus of Fulvic suur aangevul word. Sink versterk die immuunstelsel, bevorder die seldeling van selle, selgroei en bevorder ook die ontwikkeling van beskadigde selle weens Kandida albicans.  
  • Word beskou as ‘n kritiese mineraal by Crohn se siekte, makulêre of seldegenerasie by veroudering, maagsere, ADHD, aknee, sekel-anemie of bloedarmoede, HIV, vroue wat borsvoed, alkohol misbruikers en andere veluitslag of luier toestande by babas.

Pierre van Niekerk

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s