Ecohealth Badsout

Pierre @ Ecohealth Badsout

  1. Inleiding

Vrye radikale verouder en vernietig die selle en organe van elke liggam en is besig 24/7, met die afbreek en veroudering van die liggaam wat verskeie kroniese siektetoestande veroorsaak. 

Dit is die een enkele rede waarom daar elke dag aktief,  met betroubare kennis en insig oor die skades van vrye radikale, aktief daarvan ontslae moet raak.

  1. Hierdie faktore beïnvloed elke mens en dier se lewe elke dag.
  •  Stresfaktore
  • Vrye Radikale
  • Gesondheidwaardes van voeding
  • Die gehalte van water
  • Die gehalte van die omgewing se lug wat ons inasem.
  • Industrieele gasse en stowwe
  • Rook van vele soorte wat aan die vel vaskleef

the01

  1. Onkunde oor bogenoemde faktore, verouder ongeag mens en dier se begrip daarvan, almal se bestaan, 24/7 van elke dag.

Stres en vrye radikale is waarskynlik die belangrikste agente in die voorkoms van die volgende toestande;

  • Kanker
  • Velsiektes
  • Siekte toestande wat deur fungi, bakterie en virusse veroorsaak word.
  • Literatuur koppel ook vetsug (leptienweerstandigheid) op verskeie maniere aan bogenoemde.
  • Velskade en aktiewe veroudering

Effects-of-free-radicals-on-different-organs-of-human

  1. Voorkoming is beter as beheer.

Elke mens is dit aan hom of haarself verskuldig, om ingelig en verantwoordelik hulself te versorg om moontlike siektes en veroudering te voorkom.

Daarom sou meeste mense waarskynlik, sou hul goeie kennis daarvan dra van die aktiewe skadelike effekte van vrye radikale en hoe dit daagliks;

  • Skadelike effekte dit het op alle organe
  • Hoe dit aktief 24/7 selveroudering meebring
  • En besef dat vrye radikale nie net van buite kom nie, m.a.w. nie net vanuit skadelike rook, stof, ultravioletstrale, pestisiedes, diesel en petrochemiese dampe, huishoudelike middels, nikotien, ens., nie
  • Maar ook deur die liggaam self ook vervaardig word.
  • Byvoorbeeld suurstof wat na gebruik deur die selle in die liggaam, koolsuurgas word.
  • Voedsel wat verteer in die liggaam, om selle en organe te voed, skadelike afvalstowwe word wat moet uitgeskei word deur die bloed in die lewer en gal en dan na die dikderm.
  • En dan sit vele mense nog met ‘n spastiese dikderm en hardnekkige kolon wat nie van die afvalstowwe ontslae raak nie en “Leaky Gut Sindroom” ontwikkel wat tot meer as 1000 outo-immuunsiektes kan lei.

image5

Opsommend

Vrye radikale verouder en vernietig die liggaam en sy organe. Werk 24/7 aktief daaraan om selle en organe af te breek en te dood, te vernietig, en om veroudering en ander siektetoestande te veroorsaak.

Dit is die enkele rede waarom daar elke dag, doelbewus en met betroubare kennis, aktief van die potensiële skades van vrye radikale ontslae te raak.

images (6)

  1. Die Pierre @ Ecohealth Badsout

Die Pierre@ Ecohealth Badsout bestaan uit ʼn gebalanseerde mengsel van;

Magnesium, seesout en koeksoda, olies, pH gebalanseerde seepmengsel

Magnesium sulfaat (Engelse sout)

Seesout van spesifieke gradering

Koeksoda

  • Eksotiese geurmiddels wat bekend is vir hul kalmerende en gesondheidswaardes, en
  • Essensiële olies van verskeie soorte. Ook gekies vir hul velvoedende waardes en wat nie die pH van die vel of organe sal versteur nie

xbicarb.jpg.pagespeed.ic.x1bMvuJEE4

  1. Wat is die doel van die mengsel en keuse van produkte?

6.1 Magnesium sulfaat is in werklikheid ‘n samestelling van twee minerale wat natuurlik voorkom . Studies bewys dat beide geredelik deur die vel opgeneem word.

Magnesium sulfaat is ook bekend as Engelse sout (Epsom salts). Dit is in werklikheid nie ‘n sout nie. Magnesium sulfaat word baie goed deur die vel absorbeer. En is bekend vir die volgende voordele;

  • Verlig stres en laat spiere ontspan
  • Op molekulêre vlak bind dit met vrye radikale op die vel en onttrek dit dus uit die vel
  • Versag seer spiere en inflammasie
  • Bekend daarvoor dat dit help om nutriënte te absorbeer.

6.2 Seesout

Dooie See se sout bevat 21 minerale, waaronder magnesium, swawel, iodien, bromiede, sodium, Zink en potassium.

Bogenoemde minerale kom natuurlik in die liggaam voor, maar moet daagliks aangevul word omdat dit daagliks verbruik word.

Hierdie minerale word gebruik om

  • Magnesium bevorder meer as 300 bio-gesondheidsfaktore in die menslike liggaam en bevorder rustige slaappatrone.
  • Potassium balanseer vogbalanse in die vel
  • Bromiede versag spierspasma, pyne en styfheid van die lyf
  • Sodium bevorder bloedsirkulasie en limfvloei in die limfvatstelsel
  • Dooie See se sout is bekend vir sy detokseienskappe envoordele en ook om wonde en sere te behandel en te ontsmet.
  • Iodien speel ʼn belangrike rol by skildklierfunksionering en die liggaam se metaboliese funksies
  • Swawel is ‘n kragtige detoksagent. Werk nou saam met lewerfunksies en gal om van opgegaarde vrye radikale en ander afvalstowwe en toksienes ontslae te raak.

Magnesium1

6.3 Koeksoda

  • Koeksoda is ook bekend as sodium bikarbonaat.
  • Sodium bikarbonaat is ‘n natuurlike alkaliese substansie wat in die Literatuur beskrywe word as ʼn agent wat instaat is om ‘n verskeidenheid toksienes te neutraliseer
  • Help om die liggaam te alkaliseer, veral na ‘n dag se werk en sweet
  • Maak die vel sag en soepel en
  • Laat die vel met ʼn gevoel van sagtheid

6.4 Essensiële Olies

Essensiële olies is reeds van Bybelse tye ‘n waardevolle produk vir vroue. Gebruik by die balsem van Christus se voete en die waarde of rol van essensiële olies duik orals in die geskiedenis op waar waarde aan vroue geheg word, en of hul skoonheid besing word.

Daar is vandag vele multimiljard Dollar mode huise wat in die ontwikkeling van en verfyning van essensiële olies belê.  Van die belangrikste vervaardigers is in Frankryk en dit is ook van hierdie olies wat Pierre @ Ecohealth bekom het vir ons badsoutreeks.

Opsommend is die doel van die verskillende olies

Pierre@ Ecohealth se Badsoutgeure

(Name word in Engels gelos met skakel vir eie leeswerk)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s