Vitamienes: Algemeen

Wat is Vitamienes

  1. Inleding 

Stresfaktore, siektes, gejaagde lewe, lang werksure, te min oefening, vrye radikale in die lug en liggaam, vel, nael en haarsorg, ouderdomsfaktore en vinnige veroudering, gerief van gemorskos vereis ten minste een (1) gebalanseerde en genoegsame inname van al die minerale en vitamienes, asook spoorelemente wat die liggaam nodig het om siektes en die snelheid van veroudering teen te werk

  1. Wat is Vitamienes?100-jahre-vitamine1

Vitamiene is organiese samestellings wat meestal groente en vrugte voorkom.

Dit word benodig in klein hoeveelhede om natuurlike gesondheid in die liggaam te handhaaf. Vitamiene is noodsaaklik vir groei, selvorming, orgaanfiksheid en te sorg dat die liggaam ‘n gesonde ondersteunende en funksionele immuunstelsel het om bakterie, virusse en fungi, asook ander skadelike organismes / patogene te kan beveg.

Vitamienes speel ook ‘n belangrike rol wanneer mens of dier siek is, om die liggaam en immuunstelsel weer tot maksimale funksionele gesondheid te bring.

Hier is ‘n voorbeeld.

Genoegsame vitamien-inname verhoed dat die liggaam belangrike vitamienes elders in die liggaam van onder organe of gestoorde plekke gaan haal/neem, om gesondheid te handhaaf. Dit, ten koste van ander organe se belangrike funksies in algemene gesondheid.

rueda de vitamienes

  1. Elke organisme (mens en dier)  het verskillende vitamienbehoeftes en vereistes.

‘n Goeie voorbeeld is die vitamienbehoeftes tussen die mens en sy beste vriend, die hond.C-vitamini

  • Mense het nodig om Vit C in te neem, maar honde het nie nodig nie.
  • Die mens kan nie self Vit C sintetiseer nie, wat maar beteken dat die menslike liggaam dit nie self kan vervaardig nie.
  • Honde kan wel genoegsaam Vit C sintetiseer vir hul eie behoeftes deur hul dieët.

 

239a6a5464b3f53244b7eb2767a07064

  1. Vitamien C en Vitamien D se belangrikheid
  • Mense het byvoorbeeld nodig om aan sonlig blootgestel te word om Vit D te sintetiseer of te vervaardig.
  • Vit D word nie voldoende vervaardig in die mens as Vitamien C (Askorbiensuur) nie genoegsaam ingeneem het nie.
  • Die belangrikheid van hierdie twee vitamienes word onderstreep by operasies, waar staal gebruik word (penne en skroewe) om byvoorbeeld bene te heg in die liggaam.
  • Die immuunstelsel sal die metaal verwerp as daar nie voldoende Vitamien C ingeneem word nie. Vitamien C wat meebring dat daar nie voldoende Vit D  vervaardig word, wat weer saam met ander vitamienes kollektief help dat die immuunstelsel die vreemde voorwerpe aanvaar, en nie verwerp nie.

 

images (1)

Dit is dus nodig om te besef Verskillende Vitamienes het verskillende rolle en het ook belangrike verskillende funksies.

  1. Belangrike Algemene Kennis.

Dit is daarom vir enige mens belangrik dat hy die funksie en rol van vitamienes goed verstaan by die instandhouding en ook handhawing van algemene gesondheid. Hoe belangrik dit is by siektebestuur van almal, by gewigsverlies, by kinders se breinontwikkeling, vir fisiese en algemene funksionele funksies van organe, by die versorging van bejaardes se afnemende gesondheid.

Dit sal ook die “Hippie Shake”  in die Pierre@ Ecohealth se “Natural Health” reeks se samestelling  verduidelik en die belangrikheid in sy samestelling as maaltydvervanger beklemtoon. Die produkte is sodanig saamgestel dat dit al die kritiese vereistes en komponente, en ook effe meer as wat nodig is, in een gehalte smaaklike maaltydvervanger te vervat.

60349422_724168511335556_8215537083012349952_n

  1. Kort Agtergrond oor die Rol en Belangrikheid van Vitamienes.
  • Daar is 13 erkende vitamiene groepe
  • Vitamienes is of wateroplosbaar, of vetoplosbaar
  • Vetoplosbare vitamienes word in die vetlae van die liggaam gestoor
  • Wateroplosbare vitamiene stoor baie moeilik in die liggaam en indien wel, word baie klein hoeveelhede gestoor.
  • Vitamienes bevat altyd koolstof, en word daarom beskou/beskrywe as “organies”

 

rueda de vitamienes

Gesonde organiese kos en vrugte bly die belangrikste bron van vitamien-inname

Stresfaktore, siektes, gejaagde lewe, lang werksure, te min oefening, vrye radikale in die lug en liggaam, vel, nael en haarsorg, ouderdomsfaktore en vinnige veroudering, gerief van gemorskos vereis ten minste een (1) gebalanseerde en genoegsame inname van al die minerale en vitamienes, asook spoorelemente wat die liggaam nodig het om siektes en die snelheid van veroudering teen te werk.

sac_tokulmesi_3496ddfc

Vitamienes as Kritiese Komponent in Gesondheid

  • Vitamienes is een van ‘n groep van organiese samestellings, of komponente daarvan, wat teenwoordig is in baie klein hoeveelhede in natuurlike voedselsoorte. Dit word gevind in voedselbronne soos vrugte en groente.
  • Vitamienes is belangrik vir mens en dier se normale metabolisering van voedsel en omskakeling van voedingstowwe in die spysverteringstelsel.
  • Vitamienes het ‘n 24/7/365 funksie, elke dag van mens en dier se lewe.
  • Neem mens en dier nie voldoende en of genoegsame vitamienes in nie, kan sekere ongure siektetoestande ontstaan wat later in die vitamiengroepe na verwys gaan word met skakels.
  1. Voorbeeld in die Geskiedenis van Vitamien C tekorte

Matrose na die Kaap het nie genoegsame voedsel ingeneem wat Vit C bevat nie. En het daarom die bekende siekte “skeurbuik” opgedoen.

Skeurbuik was die grootste oorsaak van dood op Bartolomeus Dias se reis om die Kaap. Vasco da Gama het op sy tog 116 van sy bemanning van 170 verloor. Die doodsoorsaak was meesal skeurbuik, omdat die dieët slegs bestaan het uit soutvleis en beskuit, alhoewel Da Gama geweet het dat lemoensap die siekte kan voorkom.

  • C-vitamini

7.1 Tekort aan Vitamien C bring die volgende toestande mee;

  • pyne in die gewrigte en spiere
  • stywe ledemate
  • droë skurwe vel
  • droë mond en oë
  • algemene moegheid en kortasem.
  • tandvleisontsteking en los tande
  • spysverteringsprobleme
  • emosionele veranderinge.

7.2 Tekorte aan Vit C  veroorsaak ook dat bloedvaatjies meegee.

Dus is daar nie net sigbare tekens van bloeding onder die veloppervlak nie, maar ook bloeding diep in die weefsel. Dit gee blou vlekke op die arms en bene. Die liggaam doen ook maklike kneusings op van die vel of spiere. Die kneusings bloei ook gou deur, waarby pynlike sere ontstaan.

Sulke wonde herstel moeilik en baie stadig, soos wat vele daarvan op die Blad bewys.

vitaminiprilecheniifurunkuleza_DE93EC11

  1. Kort beskrywing van Vitamienes se Kenmerke

‘n Vitamien is beide;

  • ‘n Organiese substansie, omdat dit koolstof as element bevat
  • ‘n Essensiële voedingsaanvulling, wat die liggaam nie self kan vervaardig nie. Dit moet aanvul deur voedselbronne soos gesonde vrugte en groente.

 

rueda de vitamienes

Moderne groente en vrugteproduksie laat veel te wense oor.

Dit word nie meer deur organiese praktyke gevoed nie maar deur chemiese misstowwe wat die plant vinnig laat groei, gereed vir die mark, maar nie voldoende voedsaam vir die verbruiker nie. Ook lewer groente wat met chemiese stowwe grootgemaak word, onvoldoende kritiese minerale vir opname soos magnesium, wat by meer as 300 bio-gesondheidsfunksies betrokke is om goeie gesondheid te handhaaf.

Daar is soos reeds genoem twee soorte Vitamienes. 

Dit sal per groep beskrywe word. Dit is laastens net nodig om te weet dat daar twee groepe vitamienes is.

8.1 Vetoplosbare vitamienes:

  • Dit word gestoor in die lewer en vetweefsel van die liggaam.
  • Vit A, D, E en K is belangrike vetoplosbare vitamienes wat in die lewer en vetweefsel gestoor word.
  • Dit kan vir langer periodes, weke selfs maande gestoor word teenoor wateroplosbare vitamienes.
  • Vetoplosbare vitamienes word deur die spysverteringskanaal geabsorbeer met die hulp van vette of lipiedes.

8.2 Wateroplosbare Vitamiene

  • Wateroplosbare vitamienes kan nie in die liggaam gestoor word nie
  • Oortollige inname word in die uriene uitgeskei en is daarom nie vir lang tydperke in liggaam beskikbaar nie.
  • En moet vir die rede voortdurend aangevul word
  • Vitamien C en Vitamien B is wateroplosbare vitamienes.

 

Kort beskrywing van die groepe Vitamienes volg…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s