Vitamien A

9.1 Chemiese beskrywing:

Vitamien A word in die wetenskap na verwys as Retinol” of “Retinal,” wat karotonoïdes en beta-karotene bevat.

b16d4076f321cfc23e370d6c6300a9e2

9.1.1 Karotonoides

  • Volgens die “Physicians Committee for Responsible Medicine” is karotenoïde ‘n belangrike anti-oksidant vir die liggaam.
  • Karotonoïdes bevat kwalitatiewe kankerwerende eienskappe.
  • Sommige karotonoïdes word deur die liggaam omgeskakel in Vitamien A
  • Vitamien A is essensieel is vir die liggaam se normale groei en ontwikkeling
  • Vit A is ook essensieël vir goeie sig en visie.
  • Karotenoide word in die Literatuur geassosieer met die voorkoming van kardiovaskulêre siektes.
  • Vit A het vele anti-inflammatoriese eienskappe om seer spiere en beserings te help gesond maak
  • Baie belangrik komponent om die persoon se immuunsisteem te versterk.

properties_vitamin_a

9.1.2 Beta karotene

  • Word beskrywe in Literatuur as ‘n belangrike anti-oksidant vir die menslike liggaam
  • Anti-oksidant is ‘n chemiese substansie wat die oksidering, (oksidering bedoel die afbreek en vernietiging van selle) in die liggaam inhibeer, verstadig, stop of verhoed.
  • Anti-oksidante in Vit A se beta karotene beskerm die liggaam teen die oksiderende effek van vrye radikale.
  • Die oksidering van selle beteken die afsterf van selle in organe wat verskeie chroniese siektes veroorsaak
  • Studies bewys dat kanker en hartsiektes deur die inname van Vitamien A-ryke dieët, m.a.w. voedselsoorte wat beta karotene bevat, die siektes wesenlik kan inperk en selfs verhoed.

18096

9.1.3 Vitamien A is wateroplosbaar

Vitamien A tekorte mag tot nagblindheid en “keratomalacia” lei, (droogheid van die kornea).

vitamin-a-deficiency-symptoms-1296x728-feature

Goeie natuurlike bronne van Vitamien A is;

  • Lewer, visolie, broccoli, wortels, patats, botter, spinasie, kaas, appelkose, melk, kale, pampoen, eiers, spanspek.
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s