Rooipeper of Cayenne

peppers

Inleiding

Die Pierre@ Ecohealth Kruiemengsel bevat 6 bekende kruie. Elke een se doel en rede en funksie sal kortliks verduidelik word.

SUJA_Cayenne-500x500

Die produk word vir gerief in kapsulevorm verpak, omdat smake n belangrike rol speel in die neem van kosse en kruie. Veral rooipeper is nie vir almal verdraagsaam nie, alhoewel dit reuse medisinale waardes het. Sien beskrywing onder.

The-capsaicin-In-peppers-can-help-kill-breast-cancer-and-more-640x360

Kapsulering los die probleem op.

Enkele terme is skakels na Mediese webblaaie waar die woorde bespreek word. Volg dit gerus. Dit is die behoefte dat mense wyer lees as net dit wat hier geskrywe word. Persoonlik word gekies dat mense ingelig hierdie produkte gebruik.

Pierre@  Ecohealth se produkte word gemeng en saamgestel van die allerbeste bestanddele.

c87cd53913f25bb220a289c42090df72--health-benefits-health-tips

Die kruie is:

  1. Cayenne of rooipeper
  2. Swartpeper
  3. Kaneel
  4. Gemmer
  5. Borrie
  6. Komyn

Rooipeper word in kort eerste beskrywe.

c37fc5cdcba962f3a117331ff6b5b1a4--pepper-benefits-benefits-of

Rooipeper of “Cayenne pepper” is baie warm chili peper van die “Capsicum” familie.  Word by baie gewilde Suid Afrikaanse disse gebruik as ‘n kenmerk van die reuk en geur van die ete.

Enkele historiese feite van rooipeper as produk.

  • Herkoms is uit Sentraal Amerikas, en vernoem na Cayenne, ‘n stad in French Guiana.
  • Rooipeper is deel van Amerikaanse Indiane medisyne en eetgebruike vir die afgelope 9000 jaar.
  • Capsin in rooipeper, is die element wat waarskynlik al die medisinale en voedingseienskappe dra.
  • Rooipeper bevat  Vitamien C (lees hier op oor al die nodige vitamienes se se funksies in die liggaam) Vitamien B6, (essensieel om verskeie ensieme funksioneel te maak krities tot mens se gesondheid) Vitamin E,  potassium, mangaan, flavonoids.
  • Oop wonde moet nooit aan capsin blootgestel word nie.

Wat is rooipeper?

CAYENNE

Rooipeper is ‘n bekende spesery wat bekende medisinale eienskappe bevat wat tradisioneel gebruik word as ‘n natuurlike plantproduk om pyne, skete, seer spiere en gewrigte gesond te maak en te hou.

Rooipeper is ook deel van Chinese tradisionele medisyne, en word daar gebruik om bloedsomloop te bevorder en ook om aptyt te bevorder.

Voordele en gebruike

b98f4c6abc1fc2c726b702a3b55a267c--cayenne-pepper-benefits-cancer-cure

Cayenne pepper may have a range of health benefits.

  1. Pynverligting
  • Capsaicin die aktiewe bestandeel in rooipeper mag verskeie pynverligtingvoordele bevat. Een artikel wil selfs beweer dat rooipeper analgiese eienskappe bevat eienskappe wat pyn verdoof sonder om die bewyssyn te verloor.
  • Capsaicin in rooipeper het ook die eienskappe om die boodskapper wat pynboodskappe na die brein te stuur, (Substance P) te verdoof.
  • Studies beweer dat die gebruik van rooipeper liggaamstemperatuur verhoog wat lei tot die verbranding van kalorieë.

Toe neus tydens verkoues.

how-cayenne-pepper-helps-quit-smoking-6-638

Rooipeper word gebruik as n middel teen verkoues en griep, asook toe neuse. Omdat dit kan help om bloedvate te krimp by die neus en keel.

‘n Tuisresep vir verkoues kan oorweeg word

  • ¼ teelepel rooipeper
  • ¼ teelpel gemmer
  • Eetlepel heuning
  • Eetlepel appelasyn
  • Twee eetlepels water en neem dit in.

Sommige maak van rooipeper, appelasyn en suurlemoensap n warm tee om sinusse op te klaar.

Voedingswaardes van Rooipeper

Volgens die USDA National Nutrient Database, bevat een eetlepel rooipeper (5.3 gram) die volgende eienskappe.

  • 17 kalorieë
  • 0.64 g proteien
  • 0.92 g vet
  • 3 g  stysels, wat 1.4 g vesel en 0.6 g suiker
  • 8 mg of kalsium
  • 0.41 mg yster
  • 8 mg magnesium
  • 16 mg fosfor
  • 107 mg of potassium

Ander waardes sluit in Vitamien C, thiamin, riboflavin, niacin, vitamien B-6, en foliensuur. Foliensuur is een van die B–vitamiene wat veral in lewer gevind word. Foliensuur is krities in die vorming van rooi- en witbloedselle in die beenmurg. Dit skakel ook stysels om in energie en produseer DNA en RNA.

Rooipeper is ook hoog is in flavonoiede and karotenoiede (wat rooipeper se kleur weergee). Die twee terme sal in ander skrywes verduidelik word.

Pierre van Niekerk

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s