Pubiese Luise of “Crabs”

20130114092015pthius_pubis_-_crab_louse

Pubiese Luise of Crabs

Pubiese luise, ook bekend as “Crabs”is klein parasitiese bloedsuiende insekte wat oorleef op ‘n bloedmaal van die mens. Hul het hoofsaaklik vier plekke van voorkoms;

  • Gesigshare soos ooghare, oogwimpers, in baarde en snorre.
  • Anale area met hare
  • Onder die arms, hare in die arm se kieliebakke
  • Rug
  • Pubiese areas

download (2)

Hul tweede plek van voorkeur is in pubiese hare. Met ander woorde, hare wat om geslagsdele gevind word. Hul plek van voorkoms en voorkeur het hul ook hul naam gegee. In en om geslagsdele veroorsaak hul natuurlik irritasie en erge jeuk.

pubic+lice+(crabs)+pubic+lice+typically+are+found+attached+to+hair+in+the+pubic+area+or+found+on+coarse+hair+elsewhere+on+the+body.

Pubiese luise verskil van bedluise en kopluise:

  • Bedluise: By bedluise is daar hoofsaaklik 2 spesies van die insek. Familie: Cimex lectularius (die gewone bedluis) en Cimex hemipterus. Hul wissel van 1 mm tot en met 7 mm.

difference-between-head-lice-body-lice-and-pubic-lice-1-728

  • Kopluise: Kopluise, ook bekend as “Pediculosis capitis” is klein insekte wat parasiteer op die hoofde van mense en neem n bloedmaal op die kopvel. Net mense speel ‘n rol by hul verspreiding en honde en katte en ander troeteldiere glad nie. Higiëne speel nie ‘n rol by hul aanneming en of verspreiding nie en word hoofsaaklik deur een mens na ‘n ander versprei. Dra ook geen bakterieële of virale siektes oor nie.

difference-between-head-lice-body-lice-and-pubic-lice-3-728

Pubiese luise is met die blote oog sigbaar. Hul is met die blote oog sigbaar, sowat 2 mm lank en het ‘n grys tot effe bruin kleur.

head-lice-and-pubic-lice1

Hoe versprei Pubiese Luise

  • Hul word hoofsaak met seksuele kontak na ander oorgedra, maar kan natuurlik met drukkies en soene ook oorgedra word.
  • Onversorgde beddegoed en gebruikte handdoeke wat gedeel word.
  • Dit is veral op bogenoemde metode dat pubiese luise na kinders oorgedra word. Word dan ook op hul ooghare en oogbanke gevind.

images (5)

“STI of Sexual Transmitted Infection” word gewoonlik geassiosieer met virale of bakteriese siektes, maar pubiese luise word ook geklassifiseer as “Seksueel Oordraagbare Infeksie”.

how+common+are+sti_s+almost+4+million+teenagers+get+some+type+of+sti+each+year.+that_s+roughly+8,000+every+day,+and+6+ever

Statistieke

Statistieke in SA oor die besmetting van pubiese luise is nie regtig beskikbaar nie en, dit blyk dat die bekendmaking van sodanige infeksie as ‘n skending van ‘n persoon se menseregte beskou kan word. In die VSA word gereken dat daar sowat 3 miljoen mense jaarliks infekteer word.

Die oorgrote besmetting is te wyte aan seksuele oordrag.

pubic-lice-26-638

Kort algemene kennis feite

  • Word hoofsaaklik deur seksuele kontak oorgedra
  • Moenie ander mense se kamme en borsels gebruik nie
  • Om pubiese luise te hê beteken nie swak higiëne nie
  • Dit veroorsaak ‘n jeuk en gekrappery, asook swelsel en rooi geinfekteerde areas waar pubiese hare voorkom.
  • Vroue moet voorsorg tref om nie pubiese luise tydens swangerskap op te doen nie
  • Was altyd beddegoed en handdoeke met warm water
  • Wees versigtig vir swak hotelle en gastehuise
  • Vermy kontak met ander mense indien pubiese luise opgemerk word.
  • Vele luise is gehard asook weerstanding en reageer nie baie goed met behandeling nie.
  • Vele produkte is giftig en het hewige reaksies rondom die pubiese areas.
  • Moenie produkte wat skade en velvergiftiging kan veroorsaak oorweeg nie.
  • Apteker kan “OTC” of “Over the Counter” produkte aanbeveel.

download

Wanneer OTC produkte aanbeveel word, lees eers die voubiljet, want vele produkte is giftig en is toksies vir die brein. Vroue wat swanger is, minder as 50 kg weeg, wat epilepsie of suiker lyers is moet liewers nie die produk oorweeg nie.

pubic-lice-23-638

Nete (nits) in ooghare

As pubiese luise in die ooghare gevind word, behandel die hele lyf. Moenie die nete probeer aftrek nie, van vel en oogskade kan opgedoen word. Dit kan ook met ‘n doelgerigte kam uitgekam word. Medisinale aanwendings moet liewers nie vir die oog oorweeg word nie. Gifstowwe word baie vinnig deur die oog opgeneem.

pubic-lice (1)

‘n Veilige oorweging is ons eie reeks Propyrepet sjampoo, wat aangewend kan word, vir sowat 20 minute gelos word en dan afgewas word. Dit behoort die luise heeltemal dood te maak met die eerste aanwending.

nits

Nete of eiers sal nie noodwendig verwyder word nie en word behandeling na n paar dae weer aanbeveel. Ons eie reeks shampoo is weglaatbaar toksies vir warmbloedige diere, soos mense.

pubic_lice_2_479_369_70

Simptome

  • Teenwoordigheid van die luis is nie onmiddelik na seksuele kontak nie.
  • Kan van 5 dae tot 3 weke wees voordat mens agterkom daar is nou n fout in die pubiese area, waarvan jeuk en krap die simptome is.
  • Knoppies en rooi verhewe merke sal dan kenmerkend wees. Let op dat die krap om die jeuk te antwoord ook merke kan veroorsaak.
  • Aktiwiteit van die luis is hoofsaaklik snags.
  • Let op dat bakteriese of virale siektes nie deur die luis oorgedra word nie.
  • Die jeuk is ‘n immuunrespons van die die persoon se immuunstelsel.
  • Die menslike immuunstelsel reageer teenoor die proteiene in die luis se speeksel asook die luis se bloedmis wat op die vel gestort word.
  • Blou merke is ook kenmerkend in die pubiese areas waar luise ‘n bloedmaal geneem het.

images (1)

  • Belangrik. Reaksie is nie net beperk tot die pubiese area nie. Merke en swelsels kan ook op die maag, rug, boude, gesig en bors uitslaan en dan word muskiete, vlooie, bedmyte en enige ander insek verdink.
  • By kinders sal die reaksie hoofsaaklik om die oogbanke wees, maar die hele lyf kan dan ook weens die allergiese reaksie reageer.
  • Luismis of feces kan ook in onderklere raakgesien word as klein swart “droppings” of dan swart poeier as ‘n beskrywing.
  • Bloedmerke, hoofsaaklik weens die krappery van vingers wat daar plaasvind.

306_pediculosis_pubis_slide_2_springer_high

Kenmerke van die Luis

  • Die luis kan met die blote oog waargeneem word in die pubiese area. Is sowat 2 mm + lank, 6-pootig, grysbruin en dit is hoofsaaklik sy agterpote wat aan die pubiese hare vasklou.
  • Eiers is klein, ovaal, effe geel in kleur en verkies om by die wortelarea van die haar van die pubiese haar vas te klou.
  • Hul kan nie vlieg of loop, swem of spring nie.
  • Hul kruip van een persoon na ‘n ander/
  • Publieke toilete kan nie met pubiese luise besmet word nie omdat hul nie aan gladde oppervlaktes kan klou nie.
  • Seksuele kontak met kondome voorkom nie pubiese luisbesmetting nie.

04f5a0cc435ebf3823352d4a7364d01b16f296-wm

Lewenssiklus

  • Lewe tussen 1 tot 3 maande
  • Lê tot en met 300 eiers tydens lewensiklus
  • Eiers broei uit tussen 6 tot 10 dae
  • Bereik volwassenheid na 3 weke
  • Waarna seksuele volwassenheid bereik word.
  • Kan tot en 24 uur weg van die menslike liggaam oorleef
  • Luise sal nie die menslike liggaam verlaat nie, want hul leef van menslike bloed.
  • Hul sal wel weens fisiese kontak van een mens na ‘n ander toe kruip
  • Naas die mens, is net die gorilla sovêr bekend vatbaar vir pubiese luise.

Komplikasies

maxresdefault (2)

Sonder behandeling kan die menslike vel skilfer en vele velkondisies ontstaan weens die menselike en genetiese immuunrespons.

Daar is vier (4) ander mediese kondisies wat aan pubiese luise toegeskrywe kan word by die oog;

Opsommend

  • Respekteer jou seksmaats indien jy besmet is
  • Moenie kamme borsels en handdoek uitgee indien jy besmet is nie
  • Moenie dat mens in besmette plekke slaap nie
  • Moenie kinders soengroet of druk as jy besmet is nie
  • Moenie dit versprei nie.
  • Onskuldige mense se huwelike en verhodungs kan opbreek weens die luis en mense wat disrespekvol is weens die oordraging en besmetting daarvan.

 

Pierre van Niekerk 2019©

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s