Bakteriese Velsiektes (Pyoderma)

BAKTERIESE VELSIEKTES (PYODERMA) BY HUISDIERE

Pyoderma is bakteriese infeksies van huisdiere wat op die vel geprojekteer word. Dit kom baie algemeen op honde voor maar is nie algemeen te vinde op katte nie.

  1. Oorsaak

Veltoestande by diere is grootliks ‘n sekondêre probleem, wat beteken dat dit die gevolg is van ‘n ander probleem wat volledig aangespreek moet word om die probleem in sy kern te smoor. Moontlik is die heel belangrikste ‘n gesonde immuniteitstelsel wat deur goeie voeding en higiëne ondersteun word.

download

  1. Myte as deel van die velprobleem

Myte op huisdiere is ‘n natuurlike toestand. Myte se mees effektiewe behandeling of teenmiddel is ‘n dier se gesonde immuunstelsel wat hul werkinge in geheel onderdruk.

  1. Permanensie van velsiektes

Hierdie veltoestande is selde fataal. Of hul heeltemal gesond gedokter kan word met behandeling en middels, bly ‘n ope vraag. Dat hul beheer en bestuur kan word is so, maar dit vereis dat daar deurlopend hieraan aandag gegee sal word met middels omdat hierdie velstoestande in chroniese permanente veltoestande (pyoderma) ontwikkel.

dog-food-allergy-on-face

  1. Begrip

Diere-eienaars en veeartse is soms in konflik met mekaar oor die veltoestande. Die oorsaak is nie werklik met die oog waarneembaar nie en moderne diagnostiese toetse moet gedoen word om die probleem en oorsaak te bepaal. Soms het die eienaar nie die geld om hierdie diagnostiese toetse te laat doen nie en moet die veearts of kundige persoon sy beste doen om die saak aan te spreek.

  1. Tipe veltoestande of Pyodermas

5.1 Aknee: Net soos in die geval van mense kan honde ook aknee kry in hul puberteit in die omgewing van die ken en lippe, op die maag en tussen die bene.

5.2 “Hot spots”: Ook bekend as ekseem, nat kolle, dermatitus of “Pyotraumatiese dermatitus”. Hierdie toestand is ‘n seisoenale probleem en is gewoonlik waarneembaar by diere wanneer dit by nat, klam en warm toestande kom. Bakterie van die omgewing vestig hul in die ideale omstandighede dan ook op die vel. Diere byt, skuur en krap die vel om van die bakteriese nawerking en juk ontslae te raak en versprei so die bakterie verder op die wond van die vel. Dit kan na groot oppervlaktes versprei binne ‘n dag of twee.

5.3 Follikulitus: Ook bekend wanneer ‘n dier se vel voue het en dermatitus of ontsteking daar ontstaan. Nog ‘n naam vir die toestand is “Pustulêre pyoderma”, wat by tye kan opvlam en ontsteek van algemene en/of normale ander bakterie van die vel. Dit is minder dramaties as bogenoemde en ontstaan veral wanneer diere aan mekaar se velle raak, soos by die vulva, die stert en anale area. Sharpei tipe honde met velle in die gesig is gewoonlik die meer vatbare tipe diere. Lewenslange versorging en higiëne is belangrik by hierdie tipe diere.

Atopic-dermatitis-in-dogs

5.4 Pyoderma (tussen die tone), “Puppy strangles”, drukpunt pyoderma (callus), peri-anale en algemene pyoderma. Al hierdie toestande neem baie lank om te heel en frustreer mens en dier. Die probleem mag herhaaldelik te voorskyn kom nadat dit die eerste keer op ‘n dier waargeneem is. Suksesvolle behandeling beteken nie dat die probleem vir eens en altyd opgelos is nie.

5.5 Seborrhoea is ‘n veltoestand met verskeie vorme. By mense word dit skilfers genoem. Die vel is rooi, met matige inflammasie, olierig, en het ‘n skilferagtige kors. Die toestand word veroorsaak deur oormatige sebum afskeidings (olieklier afskeidings), wat normaalweg sou verhoed dat die vel verdroog en dat daar haarverlies plaasvind. Dit is ‘n lewenslange toestand en vereis honde eienaarskap wat bereid is om te aanvaar.

  1. Oorsake van bakteriese velprobleme en kondisies

Die baie bekende “Stapylococci “ bakterie (Staph bakterie) is van die mees algemene organismes wat gevind word in bakteriese velsiektes of kondisies. Gelukkig is hierdie siektetoestand nie oordraagbaar na mense toe nie

1200-94798069-shapes-of-bacteria

7. Voorkoming is beter as beheer

  1. Die meeste velverwante probleme is, soos genoem, sekondêr. Dit beteken dat dit dalk nooit sou ontstaan het as siekteverwante organismes soos vlooie, bosluise, groepe wurms, virussiektes en bakteriese omstandighede voorkomend bestuur is nie.
  2. Bydraend tot dit kan daar wel genetiese faktore wees wat ‘n rol speel, hormonale disfunksies of abnormaliteite in die immuunsisteem. Wanneer bakteriese infeksies opduik, speel kundige persone soos jou veearts wat verskeie toetse kan uitvoer, ‘n belangrike rol in die beheer en bestuur daarvan.
  3. Die belangrikste hiervan is om vas te stel wat hierdie velreaksies veroorsaak. Dit kan tekorte in minerale en vitamienes wees soos sink, kos wat nie deur die hond se dermkanale opgeneem word nie en bloot uitgeskei word wat veroorsaak dat die hond tegnies honger ly en sy immuunsisteem onder druk kom, gluten reaksies van koring en meelprodukte, kleurstowwe, preserveermiddels, vlooie, wurms, materiale en om die dier daarvan te skei.
  4. Laastens, goeie higiëne met produkte wat veilig vir diere en hoogs effektief teen hul kieme is, is die antwoord. Nie boererate en selfaangemaakte brousels nie. Dit verhard net die weerstandigheid van die kieme wat mens wil beheer.

 

Pierre van Niekerk © 2018

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s