Pierre@ Natural Health Anti-oksidant room.

Velsorg:

Inleiding

Daar is letterlik derduisende produkte en beloftes van verjonging en jeug wat vele vervaardigers van produkte belowe. Gebruikers koop die produkte met groot verwagting en dan gebeur daar min tot niks.

 

6858848d8464548b258d6af173a5cec1

Pierre@ Natural Health se produkte mag nooit sonder goeie inligting en opvoeding en bewyse van hoekom en waarom dit saamgestel is verkoop word nie. Dit moet tot die gebruiker se logika, hart en verstand spreek en dit moet hard werk om goeie resultate te bewerkstellig.

Pierre@ Natural Health het sy eie reeks produkte ontwikkel.

Dit is uniek in Suid Afrika en grond sy waardes en beginsels in produkte wat die Natuur self saamgestel het as antwoord en oplossing vir die gesondheid van mens en dier. Dit bevat geen wondermolekule en of nuut ontdekte ruimtestof wat alle probleme gaan oplos nie.

44132128_298815717391402_1710420070787710976_n

Dit bevat als in een druppel wat menslik onmoontlik is om in enige ander velversorgende konsentraat saam te stel. Vele ander goeie produkte, asook hierdie produk, sal faal indien die gebruiker nie kennis dra van die volgende faktore se rol in velveroudering nie.

Suksesvolle Velsorg begin by kennis van sewe belangrike faktore;

  1. Kennis van die dierselle se funksionele behoeftes en werkinge
  2. Faktore in die diersel (DNA en telomere) wat selvernuwing meebring
  3. Tipe vel, die aard en karakter van die veltipe.
  4. Kennis van die omgewing se invoede. (Son, wind, stoftipes, petrochemiese radikale in die lug, nywerheidsrook, ens) op die tipe vel.
  5. Dieët se rol om die vel as grootste orgaan voldoende te voed.
  6. Stresfaktore se rol wat velveroudering bewerkstellig
  7. Korrekte versorgmetodiek en versorgingsmetodes

Onvoldoende kennis van enige van bogenoemde begrippe kan die velsorgprogram se uitkoms laat faal en selfs n duur disfunksionele vel agterlaat.

Hair-Loss-Caused-by-lack-of-MSM

Velsorg moet ‘n beplande uitkoms en doel hê

  1. Elke persoon se vel is uniek. Elke persoon moet uitvind wat werk vir sy vel aldan nie.
  2. Enige goeie velsorgprogram moet ‘n Plan A, Plan B en Plan C hê.

milk_infograph

  1. Velsorg het te doen met komplekse liggaamlike realiteite soos;
    1. Hormone in die liggaam
    2. Die vel se onderskeie Ph by verskillende liggaamsdele.
    3. Pigmentasie en ligsensitiwiteit
    4. Sinvolle funksionele bloedsomloop (om afvalstowwe van gebruikte voedingstowwe in die epidermis weg te neem na die dikderm en lewer)
    5. Funksionle bloedsomloop om suurstof en voedingstowwe na nuwe selle te neem, asook die suksesvolle herstel van beskadigde selle te bewerkstellig.
    6. Gifstowwe van die liggaam moet ook suksesvol na die lewer en gal vervoer word om afgebreek te word en suksesvol in die dikderm uitgeskei word. Dit moet nie iewers in die liggaam vasgevang word nie.
    7. Enige versameling daarvan sal alle nuwe selvorming en vernuwing inhibeer en voorkom en versnelde veroudering bewerkstellig.

is (1)

 

Elke persoon is individueel en uniek.

Maak werk daarvan om die unieke karakter en identiteit van elke persoon se vel vas te stel. Maak ook seker watter rol elke orgaan in velsorg speel en ook watter rol disfunksionele organe in velsorg speel.

Die Rol van die Anti-oksidant Room

Die vel versamel dwarsdeur die dag op mikroskopiese vlak verskeie stofdeeltjies wat in die lug voorkom. Dit is vrye radikale wat aan sweet of velsorgprodukte bind, wat in nikotien, industrieële rook, petrochemiese afvalstowwe soos die dampe van diesel, olie- en petroldampe gevind word.

Vele skrywes wil dit beweer dat die vyf skadelikste toksienes vir velsorg en velveroudering die volgende is;

  1. Tabakrook
  2. Verfdampe
  3. Volgens die “Environmental Protection Agency” is biologiese kontaminante “lewende organismes” wat bakterie, virusse, swamme en fungi, stofmyte en laastens, “animal dander” of ons troeteldiere se mikroskopiese afskeidings is. Hierdie organismes bou in die liggaam op tot toksiese vlakke en veroorsaak naas velreaksies, ook respiratoriese probleme. Die EPA wil ook beweer dat hierdie lewende vrybewegende elemente in die lug ook die grootste probleme by ouers, siek mense en kinders verorsaak.
  4. Die rol van gifstowwe in die lug wat vir pesbeheer gebruik word, soos vlieg, muskiet, kakkerlak en vlooibeheer moet ook nie onderskat word nie.
  5. Dan ook industrieële rook, petrochemiese dampe, skadelike sepe en velsorgprodukte, stof, die son en horde ander faktore.

Die Anti-oksidantroom het vir die rede baie belangrike funksies om te voltooi wanneer dit aangewend word. Veral om die mond en neus en gesig, asook hande. Dit moet die vrye radikale se invloed en werking opvang en teenstaan, losmaak van die porieë. Lees gerus weer watter natuurlike elemente in die Anti-oksidantroom is en vergelyk dit met die Literatuur betreffende detoksifisering.

Vir die rede kan jy oorweeg om die room na paar minute af te was voordat jy die balm op sit en daarmee oornag.

Die Kolostrum Balm kan dan in ‘n skoon omgewing met skoon selle al die nodige voeding doen wat nodig is om selvernuwing en verjonging mee te bring.

Vervolg…

michael-specter

 

Advertisements

2 thoughts on “Pierre@ Natural Health Anti-oksidant room.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s