Swawel se funksies in die Liggaam

Swawel/swawel en jou gesondheid!

Die belangrike funksie van swawel vir die plante en menslike gebruik.

Bestaan in twee vorme:

  1. Organiese swawel
  2.  Minerale swawel

Swawel as minerale swawel word erken op die Chemiese elemente tabel as “S”. Dit staan ook bekend as swaeloksied, wat in swaelsuur omskep word.

Hierdie vorm van swawel is skadelik vir mens en dier. Dit kan glad nie gebruik of gesluk word nie en moet as uiters giftig beskou word. Swael word gevind in groot hoeveelhede by vulkaniese uitbarstings. Swael word by verskillende prosesse in die metalurgiese industrieë gebruik en, by die vervaardiging van rubber.

Swawel in hierdie vorm is ook ‘n afvalproduk by die vervaardiging van petrolleumprodukte. Swael in hierdie vorm is nie geskik vir menslike gebruik nie en duidelike onderskeid tussen die twee vorme van swawel moet onderskei word.

Organiese swawel is ook bekend as Methylsulphonylmethane (MSM) swawel.

Swawel in die organiese vorm word in die markplek na verwys as ” Methylsulphonylmethane” of (MSM) en is ‘n organiese substansie wat in alle plant en dierlike weefsel gevind word.

Sommige Literatuur wil daarna as die 3de belangrikste minerale komponent in die dierlike sel verwys. Hierdie vorm van swawel kom ook voor as ‘n wit, reuklose produk in kristalvorm, (soos witsuiker) voor.

Soos genoem is hierdie tipe van swawel organies en baie voordelig vir die menslike liggaam. Inteendeel, geen goeie gesondheid kan gehandhaaf word sonder swawel as komponent nie.

MSM of organiese swawel ondersteun die vashegtingvermoë en funksie van spiere, ligamente en senings aan die skelet. Bykomend is organiese swawel nodig vir detoksifisering van selle asook by die opname van suurstof in die dierlike sel.

Hier is n paar voordele te vinde van MSM of organiese swawel.

  • Detoks en help met die herstel van beskadigde selle soos by wonde en sere.
  • Verhoog weefsel elastisiteit en bevorder bloedsirkulasie.
  • Bevorder heling, verminder inflamasie en help met die herstel van seer spiere.
  • Verwyder vrye radikale in die liggaam
  • Verminder allergiese reaksies na stuifmeel en voedselallergente
  • Belangrike komponent by gesonde haargroei en naels
  • Verminder plooie en bevorder gesonde vel
  • Belangrike mineraal in die Literatuur by die herstel van Altzheimers, osteoperosis en Parkinsons
  • Verlig ook kroniese hoofpyne, PMS en oogprobleme en lae bloedsuiker
  • Verligting by emfiseem

Hoe moet dit opgeneem word?

Organiese swawel moet in ons voedselbronne natuurlik voorkom. Weens die gebruik van kunsmis, gifstowwe, en ander derglike plantpraktyke word swawel nie meer deur plante opgeneem nie en is die swawelketting in ons dieët gebrek.

Kosse wat veronderstel is om ryk te wees aan swawel is kool, rape, knoffel. Die feite is dat ons kosse is swawelarm en is dit beter dat ons dit as n minerale komponent moet inneem.

Die dierlike liggaam produseer nie self swawel nie. Stoor dit ook nie en moet dus bewustelik ingeneem word deur of vars groente te plant.

Pierre van Niekerk ©

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s