Die behandeling van wonde en sere

Inleiding

(Onder geen omstandighede is hierdie bedoel om mediese behandeling van enige aard te vervang nie en mag ook nie so gesien word of toegepas word nie. Geen verantwoordelikheid word geneem vir onkundige toepassing van die skrywe nie)

Die wetenskap van “Diffusie” en “Osmose” word gebruik om om septiese wonde en sere mee te behandel. En nie medisyne nie.

Twee belangrike terme en toestande word in onderstaande videos gebruik, “Hipotonies” en “Hipertonies”en word daarmee mooi en prakties verduidelik. Die prosesse wat met die natuurlike behandeling binne die wonde bewerkstellig moet word.

Dit bewys die toestand van die wond waar skoon water gebruik word. Tweedens verduidelik dit die proses van diffusie en osmose wanneer natuurlike middels soos suiker of sout gebruik word en, waarom die prosesse gebruik word om die wond op ‘n natuurlike manier te behandel.

Laastens die begrip van aktiewe vervoer

 

Wondvoorbereiding

Week die wond in ‘n mengsel van water 2 eetlepels sout, 2 eetlepels koeksoda en 2 eetlepels engelse sout vir 20 minin 4-5 liter louwater. Beweeg die water soos die roer van ‘n wasmasjien met die hand op die wonde. Spoel die bakterie binne ‘n wond los.

Bogenoemde mengsel (koeksoda) beinvloed die pH van die wond, sout bevorder osmose en diffusie in die wond en die Engelsesout bevorder ook magnesiumopname. Na sowat 20 min van aktiewe was en timulering of massering van die wond behoort daar ‘n toestand te wees waar beter bloedsomloop teenwoordig is na en van die wond.

  • Wond moet droog gemaak word. Kan met skoon handdoek en of higiëniese handdoekpapier gedoen gedrukdroog word.
  • Pak die wond dan dik met bruinsuiker.
  • Draai toe en pak ‘n dik laag gaasverband  bo-op die suiker en draai toe.
  • Sodanig dat dit suurstof van die wond sal ontneem.
  • Glad Wrap kan ook in sommige gevalle gebruik word.

2.  Bruinsuiker as medium, ook genoem “Treacle sugar” word gebruik om die proses van osmose in die wond te bewerkstellig. Die prosesse en werkinge word in die videos verduidelik. Suiker veroorsaak ‘n osmotiese proses in die wond

Osmose beteken dat vog van een plek na ‘n ander plek deur die proses van osmose verplaas word. ‘n Maklike verduideliking sal wees dat vog van een plek, waar daar ‘n hoë druk bestaan, (Hipertoniese omgewing wat ons met suiker nou skep) waar vog deur die wandselle forseer word op ‘n natuurlike manier na ‘n posisie waar daar minder of geen druk bestaan.

Die eksperimente met eiers verduidelik wat gebeur.

  • In die geval van wonde word die skadelike liggaamsvog en bakterie, wat in die wand van die wond gevestig het, met die proses van osmose in die weefsel deur die wandselle forseer.
  • Dit beteken dat daar ‘n gedwonge deursyfering vanuit die weefsel van die wond plaasvind, na ‘n versamelpunt buite die wond waar daar minder tot geen osmostiese druk bestaan nie.
  • Als in die lewe, in hierdie geval liggaamsvog, volg natuurlik die weg van die minste weerstand.
  • Wat beteken dat die liggaamsvog voor in die wond versamel. Dit dan daar doelbewus deur die gaas absorbeer word.

Suurstofafhanklike en nie-suurstofafhanklike bakterie in Aerobies en Anaerobies toestande.

  • In ontsteekte en besmette wonde is miljoene skadelike bakterie wat suurstof afhanklik is. Daar is ook bakterie wat NIE van suurstof afhanklik is nie.
  • Maak dus nie saak wat se bakterie daar is nie, die bakterie moet ‘n substraat of medium hê waaraan hul heg en moet oorlewe.
  • Dit is dus belangrik in wondbehandeling dat bakterie se habitat ontwrig moet word.
  • Daar is bakterie wat sonder suurstof kan oorlewe. ‘n Gesonde IMMUUNSTELSEL sal wel suksesvol daarmee kan deel.

 

4. Bakterie in wonde

Goeie en skadelike bakterie word in die Literatuur beskrywe as eensellige organismes wat onder gunstige omstandighede baie vinnig kan vermenigvuldig. Onderstaande video verduidelik die vermeerdering.

Wat dit nie verduidelik nie, maar impliseer is waarom wonde in die begin verkies 2-3 keer per dag versorg moet word.

 

4.1 Faktore van belang by bakterie
Faktore wat ‘n invloed het vir die suksesvolle bestaan binne ‘n wond is;

  • Temperatuur
  • Die pH van die wond
  • Suurstof
  • Osmotiese druk
  • Bakterie, soos by alle ander vorms van lewe, is afhanklik van water.

4.2 Behandeling van wonde.

Wonde word behandel deur die ideale omstandighede, waarin die skadelike bakterie wat binne die wond floreer en in voortplant, natuurlik met die biologie en wetenskap te ontwrig.

Metodes, individueel tot die wond se unieke omstandighede moet dus gekies word om die ideale habitat van die bakterie te vernietig en te ontwrig soos bo genoem.

Alle ander vorms van lewe is afhanklik van water. Bakterie ook.  Dit is daarom nodig om taktieke en gebruike implementeer word wat nie net skadelike bakterie se suurstof sal afsny nie, maar ook hul ideale temperatuur sal ontwrig en hul nodige waterbehoeftes en afhanklikheid daarvan met ‘n proses van osmose te ontneem.

5. Suiker in wonde, opsommend

  • Suiker of sukrose in ‘n wond het ‘n wesenlike invloed op die vermoë van bakterie om water op te neem.
  • Suiker ontwrig deur die proses van osmose die vermoë van bakterie om water op te neem. Dit inhibeer dus die aanwas en groei van bakterie in die wond.
  • Soos genoem, alle bakterie het vog in ‘n substraat soos die ontsteekte weefsel of vel nodig om te kan lewe en of voort te plant. Suiker verhoed dat bakterie water of vog genoegsaam kan opneem en dit is die rede waarom suiker in wonde gebruik word om bakterie in die wond te laat afsterf.
  • Suiker het ook verskeie antimikrobiese funksies. Dit maak dus nie saak of die bakterie teen antibiotiese salwe en of medikasie weerstandig is aldan nie. Hul word van basiese lewensbehoeftes ontneem en dit is;
  • vog
  • suurstof
  • pH omgewing en,
  • daar waar vog ontwrig word, word die ideale temperatuur vir voortbestaan ook ontwrig.

6.2 Beklemtoon:

Dus, weens die osmotiese proses wat suiker meebring in die wond, word die vog van die wond wat aan die proses blootgestel word, deur die wande van die wond geforseer om die weg van die minste weerstand te vind. Na ‘n plek waar geen druk of osmotiese omstandighede gevind word nie.

Die vog word dan met die droë dik gaas wat voor op die wond gepak word, absorbeer soos wat dit uit die wond deurgelaat word.

7.  Skoonmaak van die wond

  • Werk ten alle tye met skoon hande en verkieslik sjirurgiese handskoene
  • Gebruik flou soutwater (Saline, 9 gram sout op 1 liter skoon of gedistelleerde water) in ‘n skoon sproeibottel om wonde skoon mee te spuit en moet nie in die wond krap nie.
  • 3% Peroksied Vol 10 kan in sommige gevalle geruik word waar nie ontblote been teenwoordig is nie.
  • Die wond sal in die begin van die behandeling , soos wat dit bestaan, deurlopend vog met die toevoeging van suiker deurlaat en stelselmatig vernminder
  • Dit sal dus nodig wees om die gaas op die wond gereeld te vervang. Mag in die begin selfs 2-3-4 keer per dag wees.

8.  Die gaas wat afgehaal word, moet verkieslik verbrand word. Dit bevat letterlik biljoene bakterie. Die nuwe wond

  • Sal oor tyd wys dat die infeksie en baterie-telling minder is
  • Dat genesing en weefselgranulering self daar plaasvind.
  • Dit behoort ‘n gesonde rooikleur te hê
  • Die wond se wande moet geen tekens van  bakterie hê nie.

9.  Hoe word die wond bestuur? 

Die populêre geloof is dat dit medisyne en of pille van soorte, ook salwe en ook antibiotika is wat ‘n wond gesond maak.

Dat dit wel n belangrike bydrae kan lewer, is waar en word nie ontken nie.

  • Die heel belangrikste helende faktor is egter dat dit die verskillende belangrike reaksies van die die Immuunstelsel
  • Dit is wat die wond met vele biologiese werkinge gesond maak.
  • Naas sinvolle higiëne en wondskoonmaakpraktyke, is dit die immuunstelsel se vermoë om nuwe selle te vorm vir die vel, die weefsel, senuwes en bloedvate wat die helingsproses meebring, asook teenliggaampies teen die oorblywende bakterie.

10.  Kolostrum

In meer as 3000 Artikels, gepubliseer in Mediese Joernale, bewys dat Kolostrum van melkbeeste die mees volledige super- voedsel bekend aan die mens vir sy Immuunstelsel is.

 

 

 

 

11. Belangrik;

Dit is dus nie die mens of die dokter nie, ook nie die persoon wat die wond behandel en ook nie altyd die medisyne nie wat n wond gesond maak nie.

  • Die heel belangrikste rolspeler in enige mens en dier se liggaam, is die persoon se immuunstelsel om siektes te oorkom en siektes te voorkom.

12.  Bykomend tot suksesvolle wond behandeling, kortlik die volgende:

  1. Genoegsame opname van magnesium in die liggaam. ‘n Metode is die insmeer van Engelsesout mengsel (Aqueousroom en gewone Mediese grad Engelsesout in ‘n 5050 verhouding, 2 x n dag oor die hele lyf om magnesium opname te verhoog.
  2. Skoon Engelse sout kan ook in skoene gegooi word en by dames kan dit op ‘n “panty liner” in hul onderklere geplaas word, ook in hul bra’s om opname van magnesium te bevorder.
  3. Essensiale en ander natuurlike voedsel moet ingeneem word om die lewerfuksies aan te help om gal te vervaardig, gifstowwe af te breek en uit te skei in die dikderm
  4. Die afgebreekte uitskeidings van die liggaam moet uit. ‘n Persoon met wonde of ‘n siektetoestand mag nie hardlywig wees nie want dan sirkuleer al die afgebreekte selle en afvalstowwe oor en oor in die liggaam. Deponeer iewers in die liggaam se selle die afvalstowwe wat in sere ontwikkel.
  5. Beweging en die vordering van die bloedsomloop is ‘n kritiese noodsaaklikheid
  6. Die swak bestuur van bloedsomloop kan veroorsaak dat afvalstowwe nie afskei in al die posisies van weefsel nie.
  7. Die limfvatstelsel sal ook disfunksioneel limf ander afvalstowwe nie dreineer nie. Dit sal met die tekorte van water iewers in weefsel gedeponeer word wat in die bene en elders sal ontsteek.
  8. Distorte hormonale ontwikkeling en aflewering kan verskeie organe beinvloed
  9. Geaktiveerde houtskool in die oggend en aand sal afval en ander gifstowwe wat in die maag en spysverteringstelsel versamel neutraliseer
  10. Die kruiemengsel van kaneel, gemmer, borrie, rooipeper en ook swartpeper, wat die borrie se opname met byna 70% verbeter om die liggaam te ontgif of te detox. Meng dit met yoghurt of heuning of sit dit in ‘n kapsule.
  11. Sny suiker en stysel sover moontlik uit of enige fungi wat n wond mag hê uit te skakel.

Pierre van Niekerk

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s