PIERRE@D BIO ENSIEME

Natuurlike Biologiese Produkte vir Landbou Afval Behandeling

 Inleiding

Daar is ‘n opregte nood en aanvraag vir veilige en natuurlike produkte om die stanke en afval in diereskuilings, hoenderhokke, varkplase, beeskrale, slaghuise en melkerye op te los en dit suksesvol te hanteer. In huishoudings is uriene stank dikwels ‘n probleem waar kinders betrokke is en algemene reuk en higiëne belangrik is.

Baie produkte op die rakke asook huishoudelike skoonmaakgoed is skadelik. Nie net vir die omgewing nie, maar vir mens en dier ook, waar dit velprobleme, asmatiese toestande en allergieë veroorsaak. Tipiese nie-spesifieke huishoudelike skoonmaak produkte is hard en bevat skadelike bytende stowwe. Nie veilig nie en skadelik vir kinders en troeteldiere.

Wanneer dit gemors word, kan chemikalieë die balans van die natuurlike biotiese omgewing vernietig sowel as ‘goeie’ bakterie en insekte van waarde vir ons omliggende omgewing.

Dus die nodigheid en soeke na effektiewe, biologies-veilige en natuurlike produkte – Dit is die begeerte van die meeste en ook die ingeligte persoon. Drie woorde behoort met biologiese produkte geassosieer te word:

Die produk moet veilig, natuurlik en effektief wees

Per biologiese definisie hoort dit die volgende te beteken:

  1.  Veiligheid

Relatief vry van skadelike effekte en of inhoudelike, direk of indirek wanneer die produk gebruik en oordeelkundig toegedien word.

2.  Suiwer

Suiwerheid beteken relatief vry van onbelangrike inhoud in die voltooide produk. Suiwer en suiwerheid beteken vry van oorskot, vullers of vog en/of onstabiele bestanddele.

 3.  Effektief

Effektief verwys na die spesifieke vermoë en of kapasiteit om die biologiese produk en, ten beste soos aangetoon deur aanvaarbare laboratorium toetse, te verduidelik en ‘n gegewe resultaat tot gevolg te hê.

 Natuurlike Baccilusbakterie as ‘n Bio-afbrekings middel

 Bio-Ensieme is ‘n biologiese formulering van veeldoelige bakterie, saamgestel om ‘n veeldoelige en breë reeks van natuurlike afbrekings vermoëns en funksies te bevat. In hul natuurlike omgewing produseer bakterie honderde ensieme in reaksie teen die organismes teenwoordig in hul omgewing.

Hierdie groep Bio-Ensieme produseer ekstrasellulêre ensieme, met die doel om proteïene af te breek, stysels, vette, olies, ghries en toiletpapier in kleiner gedeeltes, buite die bakteriese sel. Die bakterie vervoer dan die kleiner gedeeltes oor hul sel membrane vir gebruik as ‘n energiebron en, om weer nuwe sellulêre komponente te genereer.

Hoekom is dit ‘n effektiewe metode in stank en afval beheer?

 Aangesien hierdie groep verkose bakterie organiese materiaal identifiseer as ‘n moontlike voedselbron, produseer hul ensieme om daardie teenwoordige organismes af te breek. In areas soos genoem met uriene en organiese afval, produseer hierdie verkose konsortium Bacillusbakterie ekstrasellulêre ensieme, insluitende amilase, sellulase, lipase en protease.

Hierdie Biologiese metode is ‘n gekonsentreerde, volledige en baie effektiewe natuurlike stelsel, wat geen skadelike afval in die omgewing nalaat nie. Baie verskillende ensieme word benodig om ‘n substraat, m.a.w. uriene, ontlasting, bloed ens., geheel en al af te breek.

Uiterste funksionaliteit

 Hierdie groep van Bio-Ensieme kan dus suksesvol gebruik word vir die onderhoud en funksionele werking van huishoudelike dreine, slaghuise, Franse dreine, (French drains) natuurlike ghries opgaarplekke, om septiese tenke te verbeter en in voedingsryke afval omgewings soos melkerye en slaghuise.

Alhoewel verskeie bakterie hierdie organismes as voedselbron kan gebruik, is dit hierdie spesifieke groep van Bacillus die bakterie met die vinnigste produksie van kern ensieme, wat die mees dramatiese resultate toon in afval afbreking, reuk beheer op varkplase, krale, hokke, skuilings, toilette, latrines en slaghuise. Uiters veilig en effektief met huishoudelike stanke.

Uiters effektief om reuke wat deur troeteldiere veroorsaak word suksesvol af te breek.

Veiligheid van Pierre@D Bio-Ensieme

Pierre@D bevat ‘n samestelling van veilige Bacillus mikroörganismes. Toksisiteitstudies wat deur ‘n onafhanklike laboratorium gedoen is, toon dat die Pierre@D Bio-Ensieme konsortium van mikroörganismes, GEEN akute orale toksisiteit, geen akute derm toksisiteit, en geen akute asemhalings toksisiteit toon teen maksimum toets dosisse nie.

Akute derm-irritasie en akute oog irritasie studies klassifiseer Pierre@D Bio-Ensieme as nie-irriterend wat meen dit veroorsaak geensins enige vel sensitiewe reaksie nie.

 Bio-Ensieme Produk Data Blad

Voordele

  1. Drein en ghries opgaarplekke – breek af en elimineer organismes te vinde in dreine en ghries opgaarplekke. Gereelde toevoeging van Pierre@D Bio-Ensieme handhaaf ‘n skoner en reukvrye stelsel.
  2. Septiese en afval behandeling – handhaaf effektiewe aktiwiteit in septiese stelsels en elimineer die nodigheid vir verhoogde pompaksies.
  3. Elimineer reuke veroorsaak deur onvolledige vertering van onwelriekende vlugtige vetsure.
  4. Badkamer skoonmaak en reukbeheer: dring by krake in, skeure en poreuse oppervlaktes waar organismes vergader, verwyder die organismes en los ‘n visuele skoner oppervlakte.
  5. Voorsien langtermyn reukbeheer deur die organismes te verwyder wat reuke veroorsaak en te verhoed dat hul terugkeer.

 Kenmerke

  1. ‘n Stabiele konsortium van veilige Bacillus spore
  2. Produksie van verskeie ensieme wat ‘n breë spektrum van afbrekings kapasiteite voorsien
  3. ‘n Sinergistiese vermenging wat saamwerk om bogemiddelde optrede/reaksie oor veelvuldige aanwendings tot gevolg te hê
  4. Uitskeiding van hoë vlakke van amilase, sellulose, lipase en protease ensieme
  5. Vermoë om onder aërobiese en anaerobiese toestande te funksioneer
  6. Enkel produk eenvoudigheid vir veeldoelige aanwending buigsaamheid

 Produk Eienskappe

  1. Bakterie Telling: 5.4 X 107 cfu/ml
  2. Bakterie Tipe: Samestelling van Bacillus Spore
  3. Salmonella: Nie opgespoor nie
  4. Voorkoms: Romerige wit
  5. Geur: Aangenaam geparfumeer
  6. Raklewe: Een jaar; maksimum verlies van 1.0 log teen aanbevole stoor toestande

 Dosisse: (Volg verwateringskoers)

Pierre@D Bio-Ensieme kan verdun word volgens die volgende verhouding:

  1. 1:9 (Een deel BE (Bio-Ensieme) en 9 dele water. Die mengsel moet dieselfde dag gebruik word en enige oortollige vloeistof moet weggegooi word (in toilet/drein).

 LANDBOU AFVAL

Afname van hoë vastestowwe en korsvorming van afval: vervloeiing en skoonmaak van koeistalle, varkplase, hoenderplase ens. Area: Aanvanklike Dosis koers Gereelde instandhoudingskoers.

  1. RIOOL PLASE

Algemene hulpmiddel tot die prosessering proses.

Area Aanvanklike dosisse Gereelde instandhoudingskoers Metode van aanwending – Druppel filters

Anaerobiese verteerders Retensie Poele Geaktiveerde slyk 1kg/4.5 miljoen liters

500g/45,000 liters 500g/4.5 miljoen liters per week
Herhaal vir 3 dae dan per week Voeg by primêre vestigingstenk
Voeg by invloei pyp

  1. SLAGPALE

Vir makliker hantering van hoë proteïen/vette in gekonsentreerde areas

  1. KOS AFVAL – HUISHOUDELIK en INDUSTRIEEL

Verminder dreine wat geblok is, pype: behandeling van afvalwater wat nie in hoofdrein is nie; vermindering van reuke/stanke.

PIERRE@D BIO-ENSIEME

Is ontwerp as ‘n bio-tegniese hulpmiddel vir die behandeling van organiese afval materiaal en bied die volgende voordele:

  1. Vervloeiing en vermindering van vaste stowwe
  2. Vermindering van reuke/stanke
  3. Makliker verwydering van afval
  4. Help met algemene skoonmaak van vervuilde areas
  5. Die veiligheid tydens werking van afvalwater stelsels bied ‘n lewensvatbare alternatief teen huidige prosesserings tegnieke deur gebruik te maak van ‘n bio-tegniese benadering.

 Hoe werk Pierre@D Bio-Ensieme elke keer beter as verskeie skadelike patogene?

Die SABS Standaarde vereis ‘n 5-minute uitskakelingstyd (doodmaak) vir die mees algemene higiëniese mikroörganismes soos S. aureus, E. coli en P. aeruginosa.

Uit ‘n higiëniese oogpunt, veral waar troeteldiere en plaasdiere se gesondheid en/of soönotiese siektes ter sprake is, is higiëniese faktore van groot belang en ‘n kritiese bestuurs metode. Net so is produkte wat gebruik word om ‘n higiëniese omgewing te bewerkstellig.

Die verantwoordelike waarde van ‘n gesonde en higiëniese omgewing sal wees om die werksomgewing effektief te reinig voordat daar verder gewerk word. Dit mag voorbereiding van voedsel wees, om voeding vir melk kalwers te berei, hoenderhokke, voëlhokke, skuilings, restaurante, tuis gaarmaak en kos voorbereiding.

Die waarde kan ook wees die reiniging van openbare areas, met higiëniese faktore soos toilette of urinale of skoonmaak van harde oppervlaktes in winkels wat die publiek gebruik. Dieselfde beginsels en waardes en kodes regeer in huishoudings, openbare skole, kantore en ander openbare areas.

Manier van funksionering van Bacillus bakterie as Bio-Ensieme

 In teenstelling met SABS Standaarde, wat die vinnigste tyd is wat ‘n reiniger (QAC gebaseer) bakterie moet elimineer, werk Bacillus bevattende reinigers soos die Pierre@D Bio-Ensieme op ‘n ander wyse. Bio-Ensieme is lewende bakterie wat met ander mikroörganismes moet meeding vir voedselbronne, dus ‘n langer kontak tyd wat deur hierdie bakterie benodig word om alle teenstanders uit te skakel.

  1. Die patroon wat Bacillus bakterie gebruik (soos gesien in die studie) is om beter te kompeteer en ander bakterie uit te wis. Die antwoord is te vinde in die morfologiese struktuur. Waar Bacillus bakterie groei, sal ander mikro-organismes wegbeweeg van daardie spesifieke afval voedselbron.
  2. Bacillus bakterie het ‘n groter morfologiese struktuur dan ander organismes. Dit skep ‘n sone van inhibisie, wat die groei van ander mikroörganismes verhoed (bekend as morfologiese inhibisie).
  1. Dit verseker minder getalle van ander mikroörganismes wat oorleef, maar ‘n vinnige groei van Bacillus bakterie wat die afvalprodukte soos riool, melk vermorsing, afval vermorsing, ghries opgaarplekke ens. absorbeer.

Belangrike kennis vir cfu berekening

 Vir Bio-Ensieme om mees effektief en doeltreffend te wees, is dit belangrik om te weet dat die cfu waarde van enige biologiese produk verdun is. Of in die oorspronklike gekonsentreerde vorm. Dit is om te weet of die produk wat jy verdun het genoegsame aktiewe bestanddele het om die gekose uitslag in afval en stank bestuur te verkry.

Die reg om te gebruik (verdunde) Pierre@D Bio-Ensieme produk volg die analise binne SAP – raklewe is tipies een jaar. Die cfu telling op die verdunde produk word op ‘n massa balans as volg bereken:

  1. Laat a = Volume van Bio-Ensieme
  2. En die konsentrasie = 10 X FF
  3. Laat a = 1 gelling
  4. Laat b = volume van water = 9 gelling
  5. Laat c = volume van Bio-Ensieme
  6. En a + b = c
  7. c = 10 gelling

 

Doen ‘n massa balans op die spoor telling

  1. Daar is 2 x 1012 cfu in 1-gelling Bio-Ensieme 10 XFF
  2. Telling van spore in c = onbekend = z Dan 2 x 1012a + 0b = zc
  3. Dan [(2 x 1012 x 1)/10] = [(z x 10)/10]
  4. 2 x 1011 cfu/gelling van Pierre@D Bio-Ensieme

 

Oorskakeling van gellings na liters

2 x 1011 spore = 1 gelling

1 gelling = 3.8 liter = 5.2 x 1010 cfu/liter van Pierre@D Bio-Ensieme of 52 biljoen CFU/liter

Vrywaring:
Die inligting bevat in hierdie pamflet is na die beste van ons kennis, waar en akkuraat, maar enige aanbevelings of voorstelle wat gemaak mag word is sonder waarborg aangesien die toestande van gebruik buite ons beheer is. Geen lisensie of immuniteit word toegestaan of insinueer onder enige patente nie.

Oorspronklike bron:
https://pierredieregesondheid.wordpress.com/2017/08/22/pierre-d-bio-enzymes/

Pierre van Niekerk © 2017

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s