Bosluisluiskoors en Bosluisbytkoors

Die wetenskaplike name vir die bosluisspesies wat aan honde voorkom, naamlik;

  1. Bosluiskoors en
  2. Bosluisbytkoors

main-qimg-047ce7840ed0cf8aedd85771ddea2064-c

Die bosluise wat die meeste skade op honde en katte veroorsaak is

  1. Haemaphysalis elliptica of geelhondehok bosluis en

h-eliptica-jpg

Rhipicephalus sanguineus of die hondehokbosluis.

rhipicephalus_sanguineus-1

Bosluiskoors word ook galkoors of “Babesia canis”  word deur beide van die bosluisspesies oorgedra.

Die bosluisspesie Rhipicephalus sanguineus of hondehokbosluis, dra bykomend ook rickettsiose (tropical canine pancytopaenia of Ehrlichia canis) oor.

Bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) word ook deur bontbosluise, grootbontpootbosluis, die bruinoorbosluis, rooipootbosluis en die blinkbruinbosluis na die mens oorgedra.

a-hebrauemr-evertsi-evertsi-maleh-truncatum-small_smooth_tick

  1. Al hierdie genoemde bosluise is multigasheerbosluise. Dit beteken hulle voed enkele dae, gemiddeld tussen 4-7 dae op hul gasheer om ‘n bloedmaaltyd neem.
  2. Daarna val die bosluis af, (detach) en kruip die bosluis in skeure, gras, hout hondehokke en Wendy huise se skeure weg om te ontwikkel na die volgende stadia.
  3. Die bosluise kan beide reeds in  hul nimfstadia die siekte organisme/s aan hul gashere oordra
  4. Die bosluis in hul larf en nimf stadia is nie maklik met die oog waarneembaar nie. Hul is hulle niks groter as ‘n kopspeld se punt of selfs koppie nie..
  5. Van hierdie bosluise lewe sowat 3- jaar lank. in daardie 3 jaar voed hul slegs 3 keer, gemiddeld 4- 7 dae per bloedmaal waarna hulle afval
  6. Die ander tye is hierdie bosluise te vinde in skeure, krake in hout, graspolle, krakies in die grond, hondehokke en Wendy huise, rou baksteenmure, pleisterkrake, ens.
  7. Hierdie bosluise kan ook wanneer toestande ideaal is, hul lewensiklus in 3 maande voltooi

Beheer

Die geelhondehokbosluis (Rhipicephalus sanguineus ) is redelik uitdagend om te beheer en kan tot so hoog as 5 meter van die grond in skeure of krake in baksteenmure gevind word.

h-leachiitchtick_americandogtick_2

Hoe kom hulle op ‘n erf?

Die bosluise word deur wilde grondlewende voëls en wilde diere soos rotte, slange, muise aangedra en versprei.

Die verskille tussen Bosluiskoors en Bosluisbytkoors by Honde

Inleiding: Bosluiskoors

  1. Bosluiskoors, ook genoem galkoors, is die siekte wat die meeste hondevrektes in Suid-Afrika veroorsaak. Bosluiskoors word veroorsaak deur die organisme Babesia canis rossi en word deur die geelhondehokbosluis oorgedra.
  2. Daar is egter verskeie ander bosluisspesies van belang wat bosluiskoors en bosluisbytkoors aan honde kan oordra.
  1. Die drie belangrikste bosluise vir die hond is:
    1. Die geelhondebosluis “Haemaphysalis elliptica”, wat bosluiskoors kan oordra, terwyl
    2. Die hondehokbosluis of “Rhipicephalus sanguiness“ beide bosluiskoors en bosluisbytkoors oordra, en
    3. “Rhipicephalus simus”, die blinkbruinbosluis, wat bosluiskoors (Babesia canis rossi) aan honde oordra en bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) aan die mens.

rhipicephalussimusfigura211401584_918181658217741_753453590589545005_n

  1. Verskeie ander bosluissoorte dra bosluiskoors aan die mens oor. Hulle is:
    1. Die bontbosluis
    2. Die geelhondehokbosluis
    3. Die groot bontpootbosluis
    4. Die bruinoorbosluis
    5. Die rooipootbosluis
    6. Die hondehokbosluis
    7. Die blinkbruinbosluis

Bosluiskoors in die veearts se praktyke

Baie veeartsenypraktyke noem dat bosluiskoors die belangrikste siekte is van honde en wys daarop dat duisende honde jaarliks hieraan sterf en dit is ook die siekte waaraan troeteldiereienaars die meeste geld spandeer. Die troeteldier eienaar se optrede: Voorkoming van bosluiskoors is natuurlik die beste oplossiong.

Siektetekens van bosluiskoors

Voordat mens oor siektetekens praat, is dit belangrik om te onthou hoe vinniger die hond by die veearts kom, hoe minder kos die behandeling en is enige dier se kans om te oorleef net soveel beter.

Siektetekens:

  1. Lusteloosheid
  2. Verlies aan eetlus
  3. Bleek oogslymvliese
  4. Bleek gryswit tandvleise

Beskrywing

  1. Bosluiskoors parasiete of (Babesia canis ), katte se bosluiskoorsbeskrywing is (Babesia felis) se lewensiklus in die bloedstroom van honde is soortgelyk aan dié van die malaria parasiete (Plasmodiums), wat in mense voorkom.
  2. Albei parasiete is protosoa, wat iets anders is as virusse of bakterieё.
  3. Sommige bosluiskoors pasiënte ontwikkel gekompliseerde bosluiskoors waar organe soos die hart, niere, longe, lewer, maag en ingewande asook brein en longe aangetas word.
  4. Hierdie komplikasies ontwikkel as gevolg van toksiese stowwe, ook bekend as Oplosbare Parasiet Antigene (OPAs), wat deur die Babesia parasiet afgeskei word.
  5. In die Literatuur is dit opgeteken dat tot 12% van hierdie honde pasiënte vrek en ‘n verdere 2%-3% moet uiteindelik uitgesit word.

Simptome

Die simptome wat honde ervaar, is soortgelyk aan dié van mense met malaria.  Bosluiskoors is daarom ‘n dodelike siekte wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.  As honde kon praat, sou hulle waarskynlik getuig van geweldige hoofpyne wat, soos in die geval van mense met malaria, voorkom.

  1. Die eerste simptoom van bosluiskoors is lusteloosheid
  2. Dit kan met of sonder aptytsverlies gepaardgaan
  3. Koors (meer as 39°C) kom in die meeste gevalle voor
  4. Die hond kry warm en haal swaar asem of hyg
  5. Slaap te veel

Gevolge

  1. Die hond het bogenoemde simptome omdat die Babesia parasiet die rooibloedliggaampies vernietig.
  2. Rooibloedliggaampies vervoer belangrike voedingstowwe asook suurstof na belangrike liggaamsdele, longe en organe toe.
  3. Wanneer tandvleise en oogslymvliese bleek en liggeel of grys vertoon, is dit ’n teken dat daar ’n oormatige afbreking van rooibloedselle plaasgevind het.
  4. Dan is dit is byna onafwendbaar dat ’n bloedoortapping as deel van die behandeling in hierdie stadium benodig word om die dier se lewe te red.

Diagnose

  1. Die diagnose van bosluiskoors word gemaak deur ’n bloedsmeer onder 1,000 keer vergroting onder ’n mikroskoop te ondersoek.
  2. Dit is noodsaaklik om te weet dat bosluiskoors ook saam met nog ‘n bosluisgedraagde siekte, bosluisbytkoors, voorkom.
  3. Beide siektes toon dieselfde simptome maar die behandeling daarvan verskil wesenlik.

300px-anaem1

Wat doen die parasiet in die bloedstroom?

  1. Soos die malaria parasiet in mense, doen die babesia parasiet sy selverdeling in die rooibloedselle.
  2. Wanneer hierdie parasiete die dooie rooibloedsel verlaat, val ‘n nuwe generasie parasiete wat in die selverdeling proses ontstaan het, nuwe rooibloedselle aan.
  3. Die verdelingsproses is nie eenvorming of vind nie ewe vinnig plaas nie.
  4. Die ontwikkeling van bosluiskoors wissel en is op sy beste onvoorspelbaar.
  5. In sommige gevalle is dit stadig (weke lank) terwyl dit in ander gevalle ure tot dae kan verloop.
  6. Dit is dus belangrik dat die eienaar van ‘n hond baie bewus moet wees van sy hond se gedrag en die simptome van bosluiskoors.
  7. Dit is baie belangrik dat ‘n kundige persoon ’n akkurate diagnose maak sodat die korrekte behandeling kan plaasvind.

8th-grade-ch-3-sec-3-blood-lymph-5-728

slide_20

Behandeling

  1. Die behandeling van bosluiskoors behels onder meer die toediening van ’n middel wat die parasiet doodmaak.
  2. In nie-gekompliseerde gevalle word n hond behandel met anti-protozoïese middels soos Veriban, Berenil RTU of Forray 65. Nuwe produkste soos Rednil is ook op die mark.
  3. Die dosis word gemaak op grond van die hond se gewig en dit moet baie akkuraat wees, aangesien oordosering nier- en/of breinskade tot gevolg sal hê.
  4. Saam met hierdie behandeling is ondersteunende behandeling uiters noodsaaklik – veral in gevorderde gevalle.

Skade van bosluiskoors

  1. Sou die Babesia parasiet swaar besmetting veroorsaak het, kan dele van die afgestorwe parasiete in die bloedstroom ná behandeling orgaanskade veroorsaak.
  2. Orgaanskade kom voor as die filtreervermoë van die niere misluk omdat daar te veel dooie parasiete is wat uit die stelsel gefiltreer moet word.
  3. Die lewer sal ook oorlaai word met galpigment.
  4. Die tandvleise en oogslymvliese van honde wat swaar bosluiskoors beleef het, sal ná behandeling van swaar bosluiskoors besmettings dikwels geel vertoon, wat die naam van bosluisgalsiek verduidelik, want die hond het dus geelsug.
  5. Soms veroorsaak die bosluiskoors organisme dat die rooibloedselle taai en klewerig word en klein bloedklontjies vorm.
  6. Wanneer dit in die haarvate van die brein plaasvind, veroorsaak bosluiskoors senuwee-simptome by ‘n dier wat vergelyk met beroerte by mense.
  7. Honde met bosluiskoors ervaar ‘n erge glucose tekort, dus te min energie.
  8. Om bosluiskoors behandeling te laat slaag is dit van uiterste belang om toe te sien dat die dier nie ontwater nie.
  9. Die belangrikste bydrae wat die honde-eienaar kan lewer om die behandeling te laat slaag, is om toe te sien dat die hond so gou moontlik weer begin eet.
  10. Heuning, glukose in die drinkwater en Energade energie koeldrank wat elektroliete bevat kan met ‘n klein spuit in die mond toegedien word.
  11. Marmite water en/of Oxo, flou opgelos (teelepel op koppie kookwater) en ook met ‘n spuit toegedien word met kort tussenposes sal help dat urienvloei verseker word, wat die uitskeiding van afval afkomstig van die rooibloedselle sal bewerkstellig.

Nasorg tuis

  1. Siek diere wat onder antibiotika is kan effe gaar hoenderlewers gevoer word om die bloed op te bou, gedokter met ‘n druppel of wat Staaldruppels.
  2. Kry met die voorkomende antibiotika ook ‘n ligte lakseermiddel soos Laxapet, Aptekersparafien en Wit Gero jogurt, as dit moet ook n Gliserien setpil en of seepsop in die vorm van sterk opgeloste groen sunlightseep)  om die derms te smeer
  3. Dit sal die metabolisme aanhelp, veral by diere wat galkoors opgedoen het.
  4. Dit is belangrik om die dooie rooibloedliggaampies wat deur die parasiet vernietig is en nou in die spysverteringstelsel versamel, deur die derms uit te skei.

Belangrik

  1. Trek die bosluis af en sit in ‘n houer met wit alkohol in, sodat die bosluis geïdentifiseer kan word indien nodig.
  2. By mense is dit veral belangrik omdat groepe bosluise verskillende siektes na die mens toe kan oordra soos Kongokoors, Lassa en Arena koors.

Praat met ‘n spesialis Veearts

  1. wat kennis dra van bosluise want dit is ‘n spesialisveld en algemene kennis gaan veroorsaak dat dier verloor word
  2. maak voor die tyd seker dat die persoon sy werk en veral bosluisgedraagde siektes werklik ken
  3. probeer altyd om eerder voorkomend op te tree deur die diere skoon te hou en gereeld asook voorkomend te dip met n veilige produk

BOSLUISBYTKOORS IN HONDE

Alle honde-eienaars word gemaan om nie kanse te waag met allerlei boererate nie maar hul diere so gou moontlik te neem vir behandeling.  Bosluisbytkoors en bosluiskoors moet as twee afsonderlike hondesiektes beskou word en nie verwar word met mekaar nie.

Inleiding

Bosluisbytkoors (Ehrlichiose canis) is ‘n bakterie met baie unieke eienskappe wat hom van ander bakterie onderskei.  Die Ehrlichia canis bakterie kan slegs binne liggaamselle oorleef.  Hierdie eienskap onderskei hom van verskeie ander bakterieë.  Bosluiskoors kan redelik maklik met ‘n bloedsmeer vasgestel word, terwyl die vasstelling van bosluisbytkoors baie moeiliker is om te diagnoseer.

ehrlichiosis-77207

Die word veroorsaak deur ‘ n bakterium wat deur die Hondehokbosluis (Rhipicephalus sanguineus) aan vatbare honde oorgedra word.

Simptome

Die siekte kom gewoonlik in drie stadiums voor:

  • Akute stadium: Duur ‘n paar dae waarna tydelike herstel plaasvind.
  • Sub-akute stadium: Hierdie stadium kan weke tot maande duur waartydens die dier kort periodes van siekte beleef.
  • Chroniese stadium: Na etlike maande of jare word die hond se immuunstelsel totaal afgetakel en sterf hy aan ernstige sekondêre infeksies of bloeding.

 

  • malaria-parasites-invade-the-red-blood-cells-multiplying-quickly

Tekens en kenmerke

Die volgende simptome kan te eniger tyd in die verloop van die siekte voorkom in verskillende kombinasies:

  • Totale of gedeeltelike verlies aan eetlus (lekkernye kry voorkeur)
  • Hoë koors
  • Etterige neus- en/of oogafskeiding
  • Blou verkleuring van die horingvlies van die oog
  • Slegruikende asem
  • Oormatige, dikwels taai speekselvloei
  • Bloeding vanuit die neus of tandvleise
  • Braking en diarree
  • Hoes
  • Swelsel van die agterbene en skrotum
  • Mankheid
  • Gedeeltelike verlamming, veral van die agterlyf
  • Vermaering
  • Bloeding op die vel, veral op die onderbuik
  • Skielike vrekte vanweë erge inwendige bloeding (sien Fig. 1 en 2)

Fig. 1 – Bloeding regdeur die longe in ‘n bosluisbytkoors geval

ecanis2

Fig. 2 – Bloeding in die niere in ‘n bosluisbytkoors geval

 

ecanis3

In die chroniese stadium van die siekte vererger die simptome geleidelik totdat die dier uiteindelik aan erge longontsteking of dergelike sekondêre probleem sterf.

Diagnose

  1. Die organismes is baie moeilik om te vind en word in die witbloedselle van ‘n Giemsa bloedsmeer gesien. Hierdie klompie organismes wat so saam koek word ‘n “morula” (moerbei) genoem.
  2. In sub-akute en chroniese gevalle word organismes moeilik gevind. Dan moet ander diagnostiese metodes gebruik word om hul in hul wegkruipplekke op te spoor.
  3. Teenliggaampies teen die organismes kan in serum van siek diere gevind word.

Daar is twee tipes — die een dui op ‘n onlangse besmetting (IgM), terwyl die tweede dui op ‘n besmetting verskeie maande tevore (IgG).

  1. As die twee soorte saam voorkom, beteken dit dat die hond in die sub-akute stadium is.
  2. Word net IgG gevind, beteken dit slegs dat die dier al vantevore aan bosluisbytkoors blootgestel was en nie dat die dier steeds siek is daarvan nie.

Fig. 3 – Bosluisbytkoorsorganismes in ‘n witbloedsel (aangedui met ‘n pyltjie)

211028093

Gevorderde toetsmetodes kan deesdae baie klein hoeveelhede DNS van die bacterium opspoor in ‘n druppel bloed.  Hierdie toetse is uiters sensitief, veral as monsters van die milt of longe verkry word.

Behandeling

  1. Op hierdie tydstip is daar slegs min antibiotikas wat effektief is teen bosluisbytkoors.
  2. In die meeste gevalle word dit binne-aars toegedien vir drie tot vyf dae aan die begin van die behandeling.
  3. Daarna word mondelingse behandeling voortgesit vir ‘n verdere twee weke of, in chroniese gevalle, vir langer periodes.
  4. Indien longontsteking ook voorkom, word ‘n ander tipe antibiotika ook toegedien, aangesien die middel teen bosluisbytkoors nie sterk genoeg is in die meeste gevalle van longontsteking nie.
  5. Vitamiene word toegedien om die eetlus te bevorder.
  6. In geval van bloeding word bloedstolmiddels toegedien, maar in ernstige gevalle mag dit nodig wees om vars bloed te gee.
  7. Kortisoon steroiëde word soms gegee om die hond se gestel op te bou en te help met die herstelproses.
  8. Goeie kos is ook baie belangrik om die hond in ‘n stygende fase van voeding te hou.

Voorkoming

  1. Die belangrikste voorkomende maatreël is om honde so goed u kan bosluisvry te hou.
  2. Dit behels gereelde dip was en dip met veilige middels soos Propyrepet
  3. Dit is egter baie moeilik om honde in hierdie warm klimaat algeheel vry van bosluise te hou, dus moet ‘n siek dier so gou moontlik aandag kry.

Opsomming

Bosluisbytkoors is meestal ‘n uitgerekte siekte, alhoewel akute sterftes ook voorkom.  In die meeste gevalle kan vroegtydige optrede wel die dier se lewe red.  As daar goeie reënval in die voorjaar is, dan is bosluise – en dus ook bosluissiektes – die volgende somer ‘n groot probleem.

Ter wille van die mens se troeteldiere word alle honde-eienaars gemaan om nie kanse te waag met allerlei boererate nie, maar hul diere so gou moontlik te neem vir behandeling.

Pierre van Niekerk © 2015

Bronnelys:

  1. Fig 1, 2 en 3: Bristol Biomedical Image Archives © University of Bristol 1999
  2. Dr W J Grobler BVSc, Protea Dierekliniek
  3. Ticks, Bowman and Nuttel
  4. MIMS/IDR 2011/12

Pierre van Niekerk

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s