UITSTULPING VAN DIE TRAANKLIER of “CHERRY EYE”

UITSTULPING VAN DIE TRAANKLIER of “CHERRY EYE”

Traankliere van honde spring gereeld uit. Soos die foto’s op die blad wys, is dit op die onderste ooglid gesetel.

Die produksie van trane en die dreinering daarvan is ‘n noodsaaklike funksie ooggesondheid en veral vir die buitekant van die oog. Traankliere in die oogkas (lakrimale of Harder se klier) en die oppervlakkige traanklier van die derde ooglid, produseer trane om ‘n filmlaag op die oog te vorm.dog-with-cherry-eyes

Die film bestaan uit drie dele;

  1. ‘n Eksterne lagie of vetlagie wat deur Meiboom se kliere afgeskei word
  2. ‘n Middelste waterige lagie, wat deur die lakrimale en traanklier van die derde ooglid vervaardig word en laastens;
  3. ‘n Dieper laag wat deur bekerselle van die konjunktiva vervaardig word.

Daar is ook ‘n uitgebreide dreineringstelsel vanaf die oog wat ook trane in die neusholte in dreineer.

2

Vergroting en prolaps (uitstulping) van die oppervlakkige traanklier kom algemeen in jong honde en in sekere honderasse soos bv. Amerikaanse sniphond (cocker spaniel), Beagle, Lhasa, Apso, Pekingese en Engelse bulhond voor.

In die akute fase sal die traanklier rooi uitstulp en oor die rand van die derde ooglid uitsteek. Die oog vorm dan gewoonlik ook ‘n etterige uitloopsel.  Die swelsel mag periodiek afneem, maar sal dikwels permanent uitgestulp bly.

dogs-eye-drops-830x552

Omdat die traanklier belangrik vir die bevogtiging van die oog is, moet daar probeer word om dit te behou. Jou veearts kan die klier terugdruk en met stekies vasheg indien moontlik. Indien die klier verwyder word, kan dit lei tot keratokonjunktivitis of oogvliesontsteking.

Die Engelse benaming van hierdie toestand is “Cherry eye”.

buldog-with-cherry-eyes

Tuisbehandeling

  1. Rustigheid en kalmte by beide eienaar en dier
  2. Laat die dier rustig op sy rug lê. Krap die maag en bors en praat ontspanne met hom of haar
  3. Neem ‘n warm lap en spons die gesig op n kalm manier af en spons ook die oë af, sodoende om die oogkliere te stimuleer om trane te vorm
  4. Masseer uiteindelik die oog en plaas ligte drukking op die traanklier kort=kort met die doel om die klier terug te druk vanwaar dit uitstulp.
  5. As dit nie suksesvol is nie, ‘n druppel KY jellie, baba vaseline of baba-olie kan gebruik word om die uitstulping te smeer en met n sagte massering en min druk terug in sy posisie terug te druk.
  6. Werk altyd steriel. Moet nie paniekerig raak nie want jou hond sal dit agterkom en ook skrik. Moet nie oorhaastig wees nie en of enigsins hardhandig optree nie.

Wanneer hierdie toestand ontstaan, moet die ogie vogtig gehou word met natuurlike trane, wat ook 9 gram sout skoon sout op 1 x Liter gedistilleerde water sou wees. Sterk rooibostee kan getrek word en die ogie kan ook met die sakkie gespons word. Die tannien in die tee help baie om infeksies te beheer en of ander bakteriese skade toe te laat. ‘n Oogsalf van jou apteker sal ook die ogie vogtig hou.

Bron: The Merck Veterinary Manual, Tenth Edition, 2010. ISBN 0-911910-93-X, 27 Junie 2014

cherry-eye-1

Pierre van Niekerk © 2016

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s