Pierre @ Dieregesondheid Skoonmaakmiddels:  

Inleiding:

Soos genoem, is die reuk van troeteldiere se uriene in die huis ‘n uitdaging waarmee elke diereliefhebber mee uitgedaag word. Hoekom ruik (stink) dit so en wat kan mens daaromtrent doen?

Waaruit bestaan uriene

Die elemente in uriene wissel matig soos wat die dieet wissel, die tyd van die dag speel ‘n rol en ook wateropname. Dit bly egter redelik konstant in sy elemente en samestelling.

Uriene is ‘n kombinasie van water, ammoniak, bakterie, hormone, kreatien, potassium, soute, magnesium, kalsium, vetsure en ensieme.

Dit is alles natuurlike organiese produkte wat deur die natuurlike prosesse van die niere, blaas, urienwegstelsel, geslagsorgane verwerk en uitgeskei word. By manlike diere speel die prostaat n rol en by vroulike diere die afskeiding van hul normale siklusse.

Wat veroorsaak die skerp reuk

Soos wat die water uit die uitgeskeide uriene verdamp, verhoog die ammoniak konsentrasie van die urien.  Daarmee saam ontsnap die waterstof molekule en verbind dit met ‘n swaelmolekule. Op sy beurt vorm dit “Thiole “of “Mercapans”

Thiole is die chemiese elemente wat gevind word by vars gesnyde uie of die elemente in ‘n muishond se uriene wat die skerp stank afgee. Thiole is ook te vinde in natuurlike gas en petroleum en die verrotting in produkte soos kool.

Waarmee word dit skoongemaak

Bogenoemde is presies die redes waarom honde en katte se uriene nie met ammoniak tipe produkte skoon te maak nie. Jy voeg net meer ammoniak tot die probleem toe. Buitendien, ammoniak is ‘n natuurlike element in honde se uriene en kan juis daarom dink dit is natuurlik om wel hier te urineer, want sy ouers doen dit dan gereeld.

Dit is daarom beter om glad nie met ammoniakformulasies in skoonmaakmiddels te werk  waar troeteldiere in die huis of hokke is nie. Dit stimuleer hul om daar te urineer.

Dit verduidelik waarom ander skoonmaakelemente in die Pierre@ D Skoonmaakmiddels produkte gevind moes word om die probleem wat uriene meebring, beter en tog veilig te bestuur.

Chemiese samestelling

In die Chemie sou uriene so geformuleer word. (NH2) 2CO.

Hoe beïnvloed dit die gedrag van troeteldiere

Veel meer kan geskrywe word rakende die uriene van mens en dier omdat beide soogdiere is. Wat beteken dat die uriensamestelling maar baie dieselfde is.

Weens hul vermoë om miljoene kere beter as ‘n mens te ruik, speel die mens se persoonlike higiëne ‘n baie groot rol in die gedrag en optrede van diere se urinering op matte in huise.  Dit is gevul met ammoniak, stimulerende hormone en ander chemiese stowwe wat hul breine stimuleer en reaksies ontlok.

Die afskeiding (stank) van stofmyte, goggas en ander organismes wat almal reuke (thiole) in beskerming, voortplanting en vlug of veg, beïnvloed jou hond se gedrag t.o.v. urinering in die huis.

Bogenoemde faktore was in berekening gebring tot die

  1. Pierre@ D Urien-neutraliseerder in poeiervorm
  2. Die Pierre@ D lugverfrisser
  3. Die Pierre@ D Multi-aktief
  4. Die Pierre@ D matsjampoe en
  5. Die Pierre @ D Oxy² Bleach ontwikkel is.

Pierre van Niekerk ©

2 Comments on “Uriensamestelling van honde katte. Skoonmaakmiddels”

  1. Ek will graag van die skoonmaak middels koop wat vir uriene werk om reuk weg. te Vat. Die 1tl bottels. Hoe moet ek bestel? Groete dawn

    Like

Leave a comment