Pierre@Dieregesondheid Noodhulp vir Troeteldiere – sorg dat jy te alle tye die nodige voorraad vir ‘n noodsituasie het!

first-aid-kits-bandage-supplies-medicine-medical-glove

1. ABORSIE:

Die inspuiting wat ‘n gedekte teef kan kry om ‘n ongewenste dragtigheid te beëindig is net verkrygbaar deur ‘n veearts en nie almal hou dit in voorraad nie. Voorkom vriendelik dat diere paar en dragtig word.

2. ABSESSE:

  • Sit ‘n bekband om
  • Skeer die wond se omgewing skoon en al die hare af
  • Werk altyd steriel, met sjirurgiese handskoene en waar nodig met n masker indien abses sou spuit
  • Gebruik ‘n groot dik spuitnaald, ook bekend as steriele “Witnaald” – beskikbaar by Dischem, wat in gevalle van nood (en te ver weg van jou veearts) in die abses ingedruk kan word.
  • Trek terug, dreineer die abses daarmee
  • Los verkieslik ‘n groot genoeg gat/opening in die abses wat maklik verder kan dreineer.
  • was die wond met n sproeibottel, met die volgende soutwater mengsel, (9 gram of +-*2 gelykvol teelepels tafelsout, gemeng met 1 liter lou gekookte water en spuit sterk in die wond en die absesvog.
  • Smeer Pierre se Blomswael mengsel daarop 2-3 x ‘n dag

3. ANGS:

Verkieslik natuurlike produkte soos Tulsi voorkomend soos vir donderweer. Daar is ‘n afdeling oor skok in ons handleiding wat breedvoerig bespreek word. Sulke produkte moet verkieslik vermy word weens hul nalatenskap in die dier se liggaam.

Pet-Safety-Home-checklist-first-time-home-buyer-first-time-pet-owner-2

4. ANTIBIOTIKA vir katte:

Doxysyrup of Synulox. Dit is ook net onder voorskrif verkrygbaar en veearts moet die dier self ondersoek.

Eksterne wonde

  • Vir absesse, sere, wonde, bytplekke, dorings, motorwonde, bakteriese siektes
  • Sit ‘n bekband om
  • Skeer die wond se omgewing skoon en al die hare af, met sunlightseep en louwater
  • Werk altyd steriel, met sjirurgiese handskoene en waar nodig met n masker indien nodig
  • ‘n Wond kan suiker kry, lees die redes daarvoor
  • ‘n Wond kan heuning kry, lees ook die redes daarvoor
  • ‘n Wond kan ons blomswawelmengsel kry

5. ALLERGIEë:

Kyk onder Kalmeermiddels.

publications-pet-disaster-kit-checklist

6. BLAASINFEKSIE:

  • Blaasinfeksie kan opgeklaar word deur mespunt sitrussoda op eetlepel lou gekookte water (2 keer/dag vir 3 dae)
  • Norotrim 24 tablette, volgens die voorskrifte.
  • Laai asseblief die skrywe af oor “Blaas wat lek” en blaasinfeksies en stoor in jou Dieregesondheidsleêr.

pet-care_emergency-care-for-your-pet_main-image

7. BLOED in UITSKEIDING:

  • Dien Lennon se Staaldruppels (of Turlington) 5 druppels 2 keer/dag (groot honde 10 druppels) deur ‘n spuit met Marmite water in, slegs tot enige tekens van ‘inwendige’ bloeding gestop is.
  • Bloeding kan weens hardlywigheid, te min probiotika, verstopping, bene, stokke en glasstukke veroorsaak word. Maak seker van die oorsaak.

images (2)

8. BOSLUIS VERWYDER

  • Neem bietjie alkohol op ‘n oorstokkie (spiritus), maak net die koppie van die oorstokkie nat dan druk jy dit op die bosluis.
  • Gebruik ons Blommetjie mieks
  • Propyrepet sjampoo
  • Smeer die Blomswawelmegnsel op die plek waar die bosuis afval en vrywe dit goed in
  • Gooi maar altyd die bosluise in ‘n houer met spiritus vir ingeval die bosluise geidentifiseer moet word.

images (1)

9. BRAKING:

  • Valoid pediatriese setpille
  • Aculoidstroop vir babas
  • Clomoponstroop vir babas. 1 ml op 10 kg.
  • Dien toe afhangende van die hond se grootte / gewig: Smeer Vaseline of KY jellie aan en sit in by die anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek.

10. BYSTEEK: Smeer allergex salf of soortgelyk aan. Gee Allergex/Texa/10mg Phenergan volgens dier se gewig.

images (2)

11. DIAREE:

Kan baie suksesvol behandel word met Norotrim tablette, so nie Lennon se Jamaika Gemmer, 3 druppels op mespunt suiker en eetlepel lou (vooraf gekookte) water.  Gee ook geaktiveerde houtskool in.

  • By braking en diarree vind ontwatering en elektrolietwanbalanse altyd plaas.
  • Gee naartjie Energade (5-10ml, afhangende van die hond se grootte / gewig) m.a.w. klein hondjies 5ml, groter honde 10ml.
  • Kan afwisselend ook elke 15-20 minute Marmite/Oxo/Bovril water ingee (1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo gemeng met 1 koppie lou gekookte water).
  • In nood kan bees of hoender geurblokkies of ekstrak ook opgelos word (1 blokkie opgelos in 2 koppies lou gekookte water).
  • Darrows Solution/Pectrolyte/Dehydrate (of soortgelyke middel vir babas) kan ook by apteek verkry word om dehidrasie te voorkom.
  • Pierre @ Ecohealth Probiotika of wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt
  • ‘n Eie elektrolietmengsel is 9 gram (ongeveer 2 gelykvol teelepels) tafelsout en 4 teelepels suiker gemeng met ‘n liter afgekoelde gekookte water. Gee elke 15 tot 20 minute een van die bogenoemde ‘mengsels’ in.
  • Kan ook elke 20m ‘n vingerlek ‘rou’ heuning in die mond smeer – suiker is giftig vir honde maar in so ‘n geval benodig die maag se mikrobes energie en jy moet verhoed dat die afvalstowwe in die niere/lewer/maag konsentreer en so gou as moontlik uitgeskei word.
  • OM MAAG TE BIND – Vlapoeier of meelblom/Maizena – kwart teelepel of meer met  mespunt suiker wat met bietjie lou gekookte water in slap/stywe mengsel aangemaak word.
  • Kook pampoen met skille in water (sonder sout), maak fyn, roer teelepel Maizena/Vlapoeier/Bentoniet klei in en voer. Kan ook eetlepel wit jogurt en fyn gekookte hoender en rys bymeng.
  • Sorg altyd dat vars water vir drink beskikbaar is. Voorsien halfgaar hoenderlewer in sagte formaat, klein hoeveelhede en kort-kort. l)
  • GASTROBY KATTE: Flagyl of Enteritus suspensie.

12. EETLUS te stimuleer:

  • Plein wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt en Promix EM se Probiotika, Protexin om die mikrobes in die maag te stimuleer sodat die dier honger word.
  • VARS KENTUCKY FC voor die neus hou.
  • Gee ten alle tye genoeg kolostrum en probiotika in
Veterinary for cats, dogs and other pets concept
Veterinary for cats, dogs and other pets concept

13. EKSEEM by katte:

  • Maak kat in handdoek toe
  • Skeer met moeite die area skoon
  • Smeer blomswawelmengsel op en vrywe in

14. GAAS:

Steriele gaasdeppers om tydens behandeling van wonde te gebruik. Met gewone soutwater.

15. GIF NOODBEHANDELING – SPOED KAN JOU DIER SE LEWE RED!
Belangrikste is om die hond heel eerste te laat braak:

  • Gee 5 -10 ml waterstofperoksied (“Hydrogen peroxide solution B.P. 10 volume 3% m/m”) stadig met ‘n spuit mondelings
  • Moenie dat dit in die longe beland nie
  • 1 eetlepel waspoeier opgelos in koppie lou gekookte water.
  • Verhoed dat die mengsel in die longe beland.
  • Hou altyd teelpel waspoeier in koppie louwater byderhand in noodgeval waar tyd belangrik is.

NA BRAKING

  • Na braking gee 5-10 geaktiveerde houtskool tablette in (houtskoolpille) in (‘activated charcoal’) om die oorblywende gif in die maag te neutraliseer/absorbeer.
  • As jy nie geaktiveerde houtskool het nie, gebruik as alternatief 4 snye witbrood swart verbrand in oond
  • Gee in met klein water en gee so gou moontlik in, al moet jy dit met jou vinger stadig agter in die keel indruk tot die dier sluk!

GIF: ALDICARB (Two step)

  • Bogenoemde twee stappe altyd heel eerste – die teenmiddel hiervoor is Atropien wat slegs deur ʼn veearts toegedien kan word.

ROTTEGIF:

  • Pas ook bogenoemde stappe van braak en houtskool toe.
  • Gee daarna Kyrovite – ook bekend as Vitamien K in. Kan inspuiting wees en/of Vitamien K tablette volgens voorskrif.

images

GIFTIGE PADDAS / INSEKTE:

  • Volg eerste 2 stappe hierbo –
  • Smeer bietjie vleis sagmaakmiddel (‘meat tenderiser’) op tong/in die kieste om die padda se afskeiding en speeksel se proteïenketting te breek
  • Kan ook pynappelsap gebruik
  • Gee daarna plein wit Griekse of Bulgaarse volroom jogurt en rooibostee swart / sonder suiker.

16. GLASSTUKKE INGEKRY

  • Neem ‘n sny bruinbrood, smeer dik met mayonnaise
  • Neem 4-5 watteballetjies en ‘versprei’ eweredig oor die sny brood
  • Vul weer op met mayonnaise
  • Neem ‘n skêr en knip die sny brood/mayo/watte in 1” vierkantjies en voer vir hond tot hy sluk – die watte sal haak/verbind om enige skerp glasstukkies in die maag
  • Die mayonnaise sal dit ‘smeer’ soos dit afgaan en ook ontlasting aanhelp.
  • Gee daarna ook 2-3 eetlepels aptekersparaffien in.

17. HARDLYWIGHEID:

  • Laxapet / Animalax of 1½ teelepel APTEKERS medisinale paraffien (gewone dosis is honde onder 5kg 1 teelepel, bo 5kg 1 eetlepel) en/of gliserien setpil.
  • Kan ook groen koekie Sunlight seep rasper en rol so kwart teelepel met bietjie lou gekookte water op in ‘n ‘pellet’ vir setpil – smeer met Vaseline / KY jellie en sit in anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek.
  • Plein wit Griekse / Bulgaarse volroom jogurt met leksel ‘rou’ heuning om omset te versnel
  • Enema, met sunlightseep water (groen koekie seep)

18. HOES : Kennel cough word baie suksesvol behandel met met Bisolvin Linctus hoestroop vir babas en genoegsaam Pet Shake, Fulvic suur, probiotika en kolostrum

19. IMMUUNSTELSEL VERSTERK

Pierre @ Ecohealth se hele reeks Multivitamien vir honde en katte.

  • Probiotika
  • Fulvic suur
  • Kolostrum
  • Pet Shake

20. KALMEERMIDDELS / ALLERGIE

  • Allergex stroop of pille (klein en medium honde
  • 1 x Allergex; groot woefs een hele Allergex
  • Groot rasse 2 pille in ‘n noodgeval).
  • Indien die dier ‘n allergiese uitslag het kan Allergex en/of 10mg Phenergan en/of Texa mondelings toegedien word (dosis volgens gewig)
  • Caladryl Lotion topikaal aangewend word (beide verkrygbaar van die gewone apteke
  • . Maak pil fyn en smeer aan tandvleise; moenie probeer kamoefleer of verdoesel binne-in ‘n stuk vleis of ‘treat’ nie, dit affekteer die doeltreffendheid daarvan.
  • Vryf ook 3-4 Rescue druppels aan die binnekant van die oorflappe waar jy die aartjies sien om te kalmeer.
  • Jy kan nie oordoseer met Rescue Drops nie.

21. KATGRIEP of PARVO:

  • Die belangrikste is dat dit ‘n virus is en dat niks ‘n virus doodmaak/vernietig nie, dis hoekom dit so krities is dat alle diere ente en spuite op die regte tye moet kry.
  • Jou beste bydrae is om te sorg dat die dier nie ontwater nie.
  • Laai die skrywe oor Parvo af en bêre dit in jou Dieregesondheidsleêr. Mondelingse toediening van elektroliete (soos Darrows Solution) en spesifiek nartjie Energade / Powerade asook Marmite water en Norotrim tablette of Cosumix Plus sal baie help om sekondêre infeksies te keer wat die dier weens die lae immuniteit beleef.
  • Versterk dus ook sy immuunstelsel, veral terwyl hy/sy gesond is met gekookte bene of “Bone broth”
  • Fulvicsuur het ‘n bel;angrike rol te speel omdat dit mikroskopies klein en en deur selle beweeg, suurstof gee, en aan virusse en vrye radikale bind. 15 ml op ‘n liter water ingegee met ‘n spuit, so 5-10 ml op ‘n slag.

22. KOORS:

  • Sit in bad gewone kraanwater kniehoogte en spons magie en lyf af tot koors gebreek het
  • Neem yssakkies, draai toe in handdoek en sit op die magie; maak ook lappie nat met koue water en vee magie en binnekant van lieste daarmee af.

23. MAAGPYN/KRAMPE:

  • Buscopan stroop vir baas, Lennon se Jamaika Gemmer
  • 3-5 druppels op ‘n mespunt suiker en eetlepel lou gekookte water –
  • gee met spuit in
  • gee ook elektroliete in die maag te herstel.
  • gee ook geaktiveerde houtskool in

24. MAAG en SPYSVERTERING by katte: Probiotika

25. MANGELONTSTEKING: Tonsilla volgens voorskrif – by gewone apteek te kry.

26. MYTE / GIS IN ORE:

  • 3% Peroksied, 10 druppels in die oor.
  • Soetolie, Oticleen en dan Otomax is die raad vir myte in die ore.
  • Onthou dat hare in die oorkanaal ook kan veroorsaak dat gis in die ore ontstaan.
  • Verwyder die hare in die oorkanaal.
  • Laai ook die skrywes af oor Oormyte en Oorinfeksies en bêre in jou Dieregesondheidsleêr.

27. MYTE / LUISE by SLANGE:

  • Appelasyn (‘mist’) die binnekant van ‘n kussingsloop.
  • Sit die slang in en knoop die sloop toe.
  • Verwyder alles uit die hok en was hok deeglik met ‘n 1 deel Jik, 10 dele water oplossing.
  • Spuit area ook goed met Blommetjie mieks. Nie die slang nie.
  • Laat goed droog word en sit in die son om die aktief af te breek
  • Was die hok uit met Oxi bleach voordat slange weer ingesit word

28. ONTSMETTING VAN ERF TEEN PARVO – Pierre @ Ecohealth Virus Gobbler

29. ONTWATERING / DEHIDRASIE: Kyk onder Diarree.31. OOG INFEKSIE / 

30. OOGONTSTEKING BY KATTE : Octin,  of ExOcin. ExOcin word ook gebruik in gevalle waar honde se oog se kornea gekrap is.

31. OOG/OË

  • Seeroë: Vitamien A aanvullings in die vorm van lewer en/of pille en inspuitings is baie belangrik.
  • Trek rooibosteesakkie in koppie louwarm gekookte water en spons die oë gereeld met die teesakkie en teewater af – gebruik elke keer ‘n nuwe sakkie en moenie vryf nie.
  • Apteker sal antibiotiese salf aan jou te kan verskaf by infeksies.

32. OOG/OË en SLANGE:

  • Wanneer spoegslange die oog getref het, was met enige veilige vloeistof uit soveel as moontlik – lopende water, melk, selfs uriene – en dien daarna Octin oogdruppels toe soos voorgeskryf.
  • Slangbyte sal apart behandel word – die heel beste is dringend na jou veearts!

33. OORMYTE / OORMATIGE WAS by katte: MDB Iver PO word gebruik saam met Clean Ear.

35. PYNMIDDELS:

  • Dis geskeduleerde medisyne en moet net onder toesig van ‘n veearts verkry en toegedien word vir ‘n spesifieke geval / situasie.
  • Dit is skadelike medisyne.
  • Pyn is die natuur se manier om ‘n dier te laat rus en die wond/besering kans te gee om natuurlik te herstel.
  • Word die pyn onderdruk, gee die dier die wond nie kans om natuurlik te genees nie en ontsteek dit net verder.
  • Selfs geskeduleerde Rimadyl het newe effekte en kan net deur ‘n veearts na deeglike ondersoek van die dier vir ‘n spesifieke situasie voorgeskryf word.

36. PYN en KOORS by katte (anti-inflammatories): Petcalm.

37. RINGWURM by katte: Ringwurm salf of Pierre se Bolomswawel mieks

38. SKOK en ANGS:

  • Rescue Remedy pilletjies of Calmeze, Allergex, Texa en/of 10mg Phenergan – veral by die skiet van klappers en ook vrees om in ‘n voertuig te ry.
  • Vryf ook 3-4 Rescue druppels aan die binnekant van die oorflappe waar jy die aartjies sien. Jy kan nie oordoseer nie.

39. SPINNEKOPBYT

  • Wat groeisel veroorsaak: maak n mengsel van gerasperde groen koekie sunlightseep en bruinsuiker aan met so min moontlik lou gekookte water, eetlepelvol en plaas dit op die wond sodat die vel kan sag word en draai toe
  • Dit behoort al by Dag 2 so te wees dat sou jy dit net effens trek, dit gaan uitbars.
  • Doen dit net met handskoene aan.

40. SPUITE: plastiek spuite van +-30ml waarmee jy vloeistof ook mondelings kan toedien.

41. STERI-STRIPS: Deesdae word steke in al hoe minder gevalle gebruik – koop ‘n paar Steri-strips by jou apteek om in noodgevalle gereed te hê vir hegting van wonde – kante word gewoonlik oopgelos om behoorlike dreinering te verseker.

42. TANDE:

  • Rooi tandvleise kan dui op infeksie – koop baba tandeborsel en pasta, meng met ons Pierre @ Ecohealth Houtskool mengsel om skadelike stowwe te absorbeer.
  • Gebruik ook koeksoda en borsel elke dag

43. TANDINFEKSIES by katte: kan nierversaking veroorsaak – maak tande skoon deur met koeksoda en geaktiveerde houtskool te vrywe

44. TERMOMETER: vir die meet van koors. Koors van honde is basies dieselfde as dié van mense. Maar die termometer verskil en moet ‘n termometer vir diere eerder aangekoop word..

45. TOPIKALE WONDE op HONDE en KATTE:

  • Veiligheid by die mens eerste
  • Sit bekband om en gebruik sjirurgiese handskoene
  • Maak skoon met flou soutwater (2 teelpels op 1 liter water)
  • Skeer die area skoon
  • ROU heuning soos beskikbaar by Dischem of direk van ‘n byeboer (nie die stroop wat jy in die supermark koop nie)
  • Bruin suiker
  • Of die Blomswawelmengsel
  • Avert Bitter kan aangebring word om te keer dat diere hul wonde lek.

46. TWEEZER: Vir gebruik in noodgevalle om bv. glasstukke/angels/penne te verwyder.

47. VITAMIEN AANVULLINGS:

  • Bekom die Pierre@ Ecohealth Pet Shake en Probiotika met die fulvic suur
  • By katte, smeer net aan pels sodat die dier dit self inlek.

48. VELPROBLEME / DROë VEL:

  • Smeer in met ‘virgin’ olyfolie of ‘coconut oil’ en na ‘n uur
  • Die blomswael mengsel.

49. VEL wat STINK:

  • Dit is waarskynlik dieselfde bakterie wat “happy feet” by mense veroorsaak.
  • Die uitskakeling van die negatiewe bakterie is nodig.
  • Smeer die Pierre @ Ecohealth Promin salf op die lyf om goeie bakterie te hervestig
  • Smeer ook as alternatief  plein wit Griekse vol/dubbel room jogurt, los vir so ‘n uur sodat die probiotika die negatiewe baktierie op die vel dood en daar ‘n gesonder balans in die vel kom, waar die positiewe bakterie die negatiewe bakterie self beveg.

50. VLIEë op ORE:

  • Pierre @ Ecohealth Blommetjie mieks sproei
  • Pierre@ Ecohealth “Free me” salf

51. VLOOIE en BOSLUISE

Pierre@ Ecohealth beveel slegs Propyrepet en ook Blommetjie mieks asook “Free Me” produk aan, omdat daar byna geen skadelike effekte is van die geregistreerde pyrethrum aktief vir warmbloedige diere is nie

52. WONDE: Gewone soutoplossing, 9 gram (ongeveer 2 gelykvol teelepels) sout op ‘n liter gekookte afgekoelde water word aanbeveel.

53. WURMS / ONTWURMING –

  • Drontal Milbemax Triworm Antezole of Panacur – vermy supermark items aangesien dit nie effektief genoeg blyk te wees om belangrike wurmgroepe te dood nie.
  • Milbemax en Advocate Spot-on is nou geregistreer om ook Spirocerca Lupi (S.Lupi) te voorkom met gereelde maandelikse behandelings.
  • Daar is tans geen Literatuur wat bewyse lewer dat ‘spot-ons’ effektiewe behandeling teen spirocercosis is nie (jou veearts mag moontlik behandel met ‘n Ivomec of Dormectin inspuiting na diagnose van S. Lupi besmetting om die larwe en volwasse wurms te vernietig).

Pierre van Niekerk © 2015

19 Comments on “Noodhulp vir Troeteldiere”

    • Hi daar. Ek het vir my baba hondjie ontwurmings stroop gegee van marltons… Sy is nog baie klein.. Ek het haar 2,5ml gegee maar van daar af bewe sy verskriklik en sy wil glad nie op my skoot wees nie. Haar poefies is baie geel en slapperig. Sy is omtrent so maand oud. Is daar enige iets wat ek haar kan gee by die huis.. Is nie nou finansieel stern genoeg vir veearts nie.

      Like

  1. Baie dankie vir die noodhulp lys. Ek wil net weet. My yorkie laasnag geblaf. Gaan kyk toe het sy skerpieon. Sy het nou so opgegooi. Kan dit van gif v skerpieon wees en wat kan ek mee behandel asb

    Like

  2. Het raad nodig my ma se jackrussel hondjie het n dag terug siek geword.hulle is vandag 8weke oud.en het eerste vierweke inspuiting gehad.moes vandag weer gespuit geword het.hulle bly ver van veearts.hulle kry n staatsveearts een keer n week.maar die hondjie gaan nie kan wag tot dan nie.tandvleise is bleek wit.hy gooi wit water slym op.magie gaan nie uit nie.van hy siek geword het nie.how help ek hulle.

    Like

    • is waarskynlik parvo. Kry aculoid stroop by jou apteker vir babas en moet NIE dat die ou ontwater nie. I ml op 10 kg in die mond. Gee elektroliete soos energade of 2 teelels sout, 4 teelpels suiker 1 liter water en kort kort so 5 -10 ml in met spuit

      Like

  3. Hallo Pierre watter natuurlike produkte kan ek vir my chihiahua gee om sy lewer en hart teversyerk. Vet het net dieet voorgestel so ek wil eerder by jou hoor want ek is onrustig rondom sy welstand

    Like

  4. Hi enige raad vir my hondjie se maag wat op geswel is ek weet nie meer wat om te doen nie is ook nie hard as ek daar aan vat nie

    Like

Leave a comment