MY DIER SE GESONDHEID – WAAR BEGIN DIT?

MY DIER SE GESONDHEID – WAAR BEGIN DIT?

Hier is gereeld vrae oor o.a. ‘Colloidal Silver’. Dit is nie net hierdie produk wat sy verskyning maak as oplossing nie, vele ander “wonder” produkte word ook as “oplossing” aanbeveel en aan diere toegedien. Die beskouing van hierdie aanbevelings se nagevolge word nooit bespreek en bepraat nie. Ek herinner my aan blousel, petrol, brandewyn, Dettol, Disprins, Panado en Jeyes fluid – dinge wat nie op die blad toegelaat word nie as gevolg van newe effekte en moontlike regsimplikasies.

En al word hierdie produkte nie toegedien nie, vele lede noem dat hul diere se bene seer is, diere is lusteloos, die asem stink ord r hul diere hardlywig is. Ook dat diere gedurig braak?

Wonder wie hulself ooit die vraag afvra: “Waar begin my troeteldiere se gesondheid?”
Dit begin dikwels by ‘goed’ wat ons verniet kry. Naas die uitdaging van parasiete en virusse, asook skadelike bakterie, begin jou troeteldier se gesondheid in hul hele spysverteringstelsel.

Beter beskryf: dit begin by die gehalte en gesondheid van die bakterie en mikrobes en ensieme binne hul spysverteringstelsels. Enige produk – hetsy antibakteries of antibioties – wat toegedien word wat hierdie ensieme se werkinge beperk en/of ontwrig, plaas jou dier se gesondheid op risiko. Antibakteriese of antibiotiese produkte kan geensins onderskei tussen goeie en slegte organismes nie. Lees dus en wees asseblief bewus van die “anti-” hierin.

Daar is twee hoofgroepe ensieme in jou dier se spysverteringstelsel:

Groep 1 is “Metaboliese ensieme”

Metaboliese ensieme funksioneer met die herstel van selgesondheid van organe soos die longe, lewer, hart, niere, milt en pankreas en natuurlik die vel (sien laaste punt). 

Groep 2 is “Verteringsensieme”

Spysverteringsensieme werk hoofsaaklik in die spysverteringstelsel van jou dier. 

Daar is hoofsaaklik 4 belangrike ensieme in die dier se spysverteringstelsel (die Engelse beskrywings hiervan word gegee ter wille van dié wat hul navorsing wil doen en dit wil gaan Google):

1. Protease – helps break down and digest protein
2. Amylase – helps break down and digest carbohydrates and starches
3. Lipase – helps break down and digest fat
4. Cellulase – helps break down fibre

Jou dier se gesondheid begin by hierdie ensieme, omdat hierdie ensieme die vermoë van die spysverteringstelsel ontsluit om vitamiene en minerale in die liggaam te kan opneem.

Wat gebeur as diere se “digestive enzymes” of spysverterings ensieme in die maag en dermkanale ontwrig word?
1. Die liggaam gaan neem/steel belangrike metaboliese ensieme weg van organe soos die lewer, longe, hart en niere, asook die vel, om kos te verteer – omdat dit ‘n hoë prioriteit is in die oorlewingsbehoefte van die dier se liggaam.
2. Dit plaas die immuunsisteem onder druk en maak dus die dier vatbaar vir vele siektes.
3. Dit bring onvoltooide vertering van voedsel mee en veroorsaak dat gedeeltelik verteerde partikels van die kos direk in die dier se bloedstroom opgeneem word vanuit die groter ingewande.
4. Die liggaam, op sy beurt, reageer negatief teenoor hierdie onverteerde partikels en hierdie veroorsaak in vele gevalle die rede waarom diere nie maksimale gesondheid geniet nie.

Hoekom is ensiem toevoegings en bewaring vir jou diere belangrik?

Omdat ensieme in elke lewende sel gevind word en kardinale rolle speel in elke lewende sel van die liggaam. Ensieme is klein proteien-partikels wat direk funksioneel is in die liggaam se metabolisasie, energie produksie, detoksifisering en miljoene ander biologiese prosesse in die liggaam.

Ensieme is nie net belangrik in die spysvertering van jou diere nie. Dit is ook belangrik vir die volgende funksies in jou diere se liggaam:
1. Die immuunsisteem
2. Die opname van vitamiene en minerale in die liggaam
3. Normale liggaamsgewig en voorkoming van “cravings” of kos behoeftes
4. Bevorder ‘n gesonde en funksionele asemhalingstelsel en bloedvatstelsel
5. Verminder kleinere voedsel-sensitiwiteite
6. Bevorder normale selfunksies en groei en herstel daarvan
7. Bevorder gesonde tande en tandvleis
8. Bevorder gesonde cholesterolvlakke
9. Voorkom “bloating”, gasse, winde, hartprobleme en konstipasie
10. Bevorder velgesondheid en herstel velprobleme en vel irritasies
11. Help met die voorsiening van energie
12. Voldoende opnames van voedsel en nutriente
13. Detoksifiseer die liggaam
14. Beter beweging van gewrigte en ander ledemate

Wanneer iemand vir jou ‘n aanbeveling doen oor medisyne, of aannames wil rugsteun met Literatuur, lees asseblief weer hierdie stuk aandagtig deur. Lees en dink bietjie wat dit aan jou dier se ensieme (gesondheid) maak. Raadpleeg ook ander wat omgee wat jy doen.

Gebruik medisyne / ‘medikasies’ net op kundige aanbeveling (en doen asseblief goeie navorsing, ter wille van jou dier) en neem dan verantwoordelikheid vir die stille skade wat jy doen/veroorsaak – dikwels heeltemal onwetend – om dit ook te herstel.

Pierre van Niekerk © 2015

 

Advertisements

2 thoughts on “MY DIER SE GESONDHEID – WAAR BEGIN DIT?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s