Waar begin my dier se gesondheid?

943924_492145987657620_6080067542003633962_n

Inleiding

Dit begin by die gehalte en gesondheid van die bakterie en mikrobes en ensieme binne hul spysverteringstelsels. Enige produk, of antibakteriese of antibiotiese produk wat toegedien word wat hierdie ensieme se werkinge beperk en of ontwrig, plaas jou dier se gesondheid op risiko.

Antibakteriese of antibiotiese produkte en produkte wat fokus om bakterie dood te maak, kan nie onderskei tussen goeie en slegte bakteriese organismes nie.

Daar is twee hoofgroepe ensieme in jou dier se spysverteringstelsel;

  1. Metaboliese ensieme: Metaboliese ensieme funksioneer met die herstel van selgesondheid van organe is soos longe en lewer, hart en niere, die milt en pankreas en natuurlik die vel. (Sien laaste punt.)
  1. Verteringsensieme: Spysverteringsensieme werk hoofsaaklik in die spysverteringstelsel van jou dier.

Daar is hoofsaaklik 4 belangrike ensieme in die dier se spysverteringstelsel. (Ek los die Engelse beskrywings hiervan, ter wille van die wat die ensiem wil gaan Google.)

  1. Protease – helps break down and digest protein
  2. Amylase – helps break down and digest carbohydrates and starches
  3. Lipase – helps break down and digest fat
  4. Cellulase – helps break down fiber

Jou dier se gesondheid begin by hierdie ensieme, omdat hierdie ensieme die vermoë van die spysverteringstelsel ontsluit om vitamiene en minerale in die liggaam te kan opneem.

Wat gebeur as diere se “Digestive enzymes” of spysverterings ensieme in die maag en dermkanale ontwrig word?

  1. Die liggaam gaan neem/ steel belangrike metaboliese ensieme weg van organe soos die lewer, longe hart en niere, asook die vel, om kos te verteer omdat dit ‘n hoë prioriteit is in die oorlewingsbehoefte van die dier se liggaam.
  2. Dit plaas die immuunsisteem onder druk en maak dus die dier vatbaar vir vele siektes.
  1. Dit bring onvoltooide vertering van voedsel mee en veroorsaak dat gedeeltelik verteerde partikels van die kos direk in die dier se bloedstroom opgeneem word vanuit die groter ingewande.
  1. Die liggaam op sy beurt reageer negatief teenoor hierdie onverteerde partikels en hierdie veroorsaak in vele gevalle die rede waarom diere nie maksimale gesondheid geniet nie.

Hoekom is ensiemtoevoegings en bewarings vir jou diere belangrik?

Omdat ensieme in elke lewende sel gevind word en speel kardinale rolle in elke lewende sel van die liggaam. Ensieme is klein proteien-partikels wat direk funksioneel is in die liggaam se metabolisasie, energie produksie, detoksifisering en miljoene ander biologiese prosesse in die liggaam.

Ensieme is nie net belangrik in die spysvertering van jou diere nie. Dit is ook belangrik vir die volgende funksies in jou diere se liggaam;

  1. Die immuunsisteem
  2. Die opname van vitamiene en minerale in die liggaam
  3. Normale liggaamsgewig en voorkoming van “cravings” of kos behoeftes
  4. Bevorder gesonde en ‘n funksionele asemhalingstelsel, bloedvatstelsel
  5. 5 Verminder kleinere voedselsensitiwiteite
  6. Bevorder normale selfunsies en groei en herstel daarvan
  7. Bevorder gesonde tande en tandvleis
  8. 8 Bevorder gesonde cholesterolvlakke
  9. 9. Voorkom “bloating”, gasse, winde, hartprobleme en konstipasie
  10. 10. Bevorder velgesondheid en herstel velprobleme en velirritasies
  11. 11. Help met die voorsiening van energie
  12. 12 Voldoende opnames van voedsel en nutriente
  13. 13 Detoksifiseer die liggaam
  14. 14 Beter beweging van gewrigte en ander ledemate.

Wanneer iemand vir jou n aanbeveling maak met medisyne, of aannames wil rugsteun met Literatuur, lees weer hierdie stuk. Lees die pamflet en dink bietjie wat dit aan jou dier se ensieme (gesondheid) maak.

Raadpleeg ook ander wat omgee wat jy doen. Gebruik medisyne net op kundige aanbeveling en neem dan verantwoordelikheid vir die stille skade wat jy doen om dit ook te herstel

Pierre van Niekerk.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s