Oorinfeksies en myte

Eksterne oor infeksie (Otitus) is ‘n infeksie van die oorkanaal.  Diere se oorkanale is sensitiewe dele van hul oorkanaal en word maklik deur ongewenste organismes geinfekteer.  Die Literatuur is van mening dat 80% van diere wat sukkel met oorprobleme die diere is met lang ore, oormatige groei van hare in die ore, diere met ‘n gebrek aan lugwegvloei wat dit vogtig hou en ‘n omgewing skep wat die voortbestaan van bakterie-groei en myte bevorder.

Verskeie faktore dra by tot die ontwikkeling van oorkanaalprobleme.  Die Chinese Sharpei is veral vatbaar vir oorkanaalprobleme weens hul nou oorkanale wat tot gevolg het dat bitter min lugvloei in die kanaal plaasvind om dit droog te hou en dus vir bakterieë en ander organismes die ideale omgewing skep.

Honde met velkondisies, veral rasse met atopie en sensitiwiteit of hipersensitiwiteit (dermatitis) wat reageer teenoor droë kosse se kleur-, geur- en preserveermiddels, meelprodukte of gluten in droë hondekosse, asook produkte van die Natuur soos gras, sade en blomme is veral vatbaar vir oorkanaal infeksies.

Honde met primêre en sekondêre seborrhea het gewoonlik n geel olierige vloeistof wat ‘n uitstekende medium is vir bakteriese opbou.  Faktore wat hiertoe bydra is die kruiskontaminering van materiaal waarmee ore skoongemaak word, soos oorpluisies en watte wat oor en weer gebruik word.  Water wat in ore kom wanneer daar geswem word of hul met seep gebad word en mense wat “grooming” doen en met ongesteriliseerde instrumente werk om hare te sny en te knip.

Tekens van oorinfeksies en oormyte

  • Skud van kop
  • Krap van ore met pote
  • Vryf van ore
  • Ander honde wat daarin lek en/of ruik
  • Die kop word gewoonlik laag gedra
  • Oorflappe wat stukkend is, haarloos is en opgewel is
  • Huilgeluide wanneer daar aan die oor geraak word
  • Olierige uitskei vanuit die oor
  • Doofheid
  • Vrees vir klank
  • Reuke vanuit die oor

Tipe van oorinfeksies (terme in Engels sodat lede dit self kan naslaan op Google)

  1. Ceruminous otitis” gaan gewoonlik gepaard met primëre “seborrhea”. Dit is ‘n oormatige opbou van geel, olierige was in die oorkanale wat die ideale medium is vir bakterieë en gis om op te bou.  Behandeling is gerig om die ore en oorkanaal skoon te hou en ook die ander velkondisies te beheer.
  2. Bacterial otitis” in sy akute vorm word gewoonlik veroorsaak deur die bekende “Staphylococci” bakterie. Die uitskeiding is natterig en gewoonlik ligbruin.  Kroniese infeksies word veroorsaak deur die “Proteus” en/of “Pseudomonas” bakterie, wat se afskeidings kenmerkend geel of groenerig is, alhoewel daar al uitsonderings was op hierdie reël.
  3. Meer as een tipe bakterie kan by oorinfeksies betrokke wees, wat die behandeling daarvan met antibiotika bemoeilik.
  4. Yeast or fungal infections” (Gis en/of fungie-infeksies) kan die gevolge wees van antibiotiese behandeling vir bakteriese oorinfeksies.
  5. Gis infeksies (“Yeast infections”) is ook die gevolg van honde wat sukkel met atopiese dermatitus of “atopic dermatitis”, voedsel veroorsakende dermatitis, en “seborrheic” velkondisies. Kenmerkend van gis is ‘n bruin, olierige was uitskeiding met ‘n kenmerkende stank en ore wat inflammasie het en vogtigheid in die ore.  Hierdie kondisies bly voortbestaan totdat onderliggende velsiektes opgelos is.

Myte is hoofsaaklik ‘n immuungebreksindroom.  Dit beteken ‘n immuunstelsel wat nie ten volle funskioneer nie.  Dit kan wees dat die dier nie voldoende sinkinname het wat dermabsorpsie van belangrike minerale en vitamiene bevorder nie.  Kan wees as gevolg van kosse wat nie opgeneem word en/of vir die dier verteerbaar is nie.

Honde en katte is hoofsaaklik vleisvreters.  Hul hanteer gluten in meelprodukte nie baie goed nie en hul sisteme is nie bedoel om mielies en meel te verteer nie en vele diere se liggame reageer heftig daarteen.

Promix EM Multivitamien en/of Promix Probiotika, asook ander minerale en vitamien aanvullings, sal baie doen vir diere se velle.  Sorg ook dat die dier ‘n kaiing of twee per dag inkry om vetoplosbare vitamiene wat in die liggaamsvet gestoor word, te ondersteun, veral by maer diere.

Pierre van Niekerk

https://www.facebook.com/groups/pierredieregesondheid/

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s