KORTISOON EN SY FUNKSIES

Voordat jy vir iemand kortisoon aanbeveel, moet jy net mooi onthou in watter perspektief jy dit doen. Kortisoon is ‘n wonderlike produk, maar dit is ‘n “bedriegmedisyne“ wat in duidelike persepktief gestel en gebruik moet word.

Wat kortisoon doen, is om die immuunsisteem te onderdruk sodat die immuunsisteem nie teenoor die allergent (dit wat die gejeuk, allergie veroorsaak) reageer nie.

In gewone taal beteken dit dat as daar ‘n allergiese reaksie is op jou dier se vel, reageer die immuunstelsel daarteen om dit te beveg, te oorkom. Gee jy kortisoon in, onderdruk die kortisoon die immuunstelsel sodat dit nie reageer teen die allergent nie – die ding wat die reaksie veroorsaak het nie.

Dit “verdoof” die immuunstelsel gewoon om nie te reageer nie. Dit los ook nie die probleem van die allergent op nie. Dit bly steeds daar en sal weer sy kop uitsteek as dit nie aangespreek word nie en die immuunstelsel nie onderdruk word nie.

Wat moet gebeur is dat die dier (of jy) antigene in jou liggaam moet opbou teen die allergente en miskien nog beter, dat jy eerder moeite doen om vas te stel wat die oorsaak is van die allergiese reaksie en jou dier daarvan weerhou.

Die antwoord van ‘n gesonde immuunstelsel en gesonde opneembare kos vir jou diere word hiermee sterk beklemtoon. Daar is ‘n klomp “Allergente”, gluten of koring of meelprodukte, gras, stof, preserveermiddels in kos, kleurstowwe en nog hordes meer. Als wat jy in kos vir diere kry, iets wat jy maar self moet gaan oplees oor.

Weet jy nie wat als dit kan veroorsaak nie, gaan jou liefde vir jou dier jou baie geld kos. Jou dier gaan sukkel en selfs jy ook.

Kortisoon is baie goed, het sy plek, maar dit het sy beperkinge. Dit spreek nie die probleem van allergente aan nie en help nie die immuunsisteem om dit suksesvol te oorkom/beveg nie. Bloot om die reaksie van die allergiese reaksie te verdra.

Pierre van Niekerk © 2015

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s