KATGRIEP OF “CANINE PARVOVIRUS”

KATGRIEP OF “CANINE PARVOVIRUS”

  1. Inleiding

“Canine parvovirus” of Katgriep, is ‘n hoogs aansteeklike virussiekte wat baie maklik van hond tot hond versprei met direkte of indirekte kontak.

  1. Waar kom die virus in die erf voor?

Honde word aangesteek deur orale kontak met die virus wat in hondemis voorkom, grond of ander materiale wat in staat is om organismes te huisves soos beddegoed, velle, ou komberse.  Ook kosprodukte wat organismes wat mens en dier kan infekteer, kan huisves.

  1. Werking van die virus in die hond

Die virus val die groep selle in die hond se liggaam aan wat vinnig verdeel.  Dit is die groep selle wat in die limfnodes voorkom, die selle wat in die dermwande en beenmurg voorkom.

Die gevolg hiervan is dat dit die witbloedselle wat nodig is om die herstel van die dier te bewerkstellig, vernietig.  Wat op sy beurt weer meebring dat die herstel van diere wat die infeksie opgedoen het, baie stadig is.

Die skielike afsterwe van die selle van die dermwande veroorsaak die loskom van die dermwande wat meebring dat die dier opgooi, bloed passeer en maagwerkings het.  Dit KAN die dood van die dier veroorsaak.

  1. Kliniese tekens van die Parvovirus en/of “Katgriep”:
    • Naarheid
    • Anoreksia of vermaering
    • Bloed in die stoelgang
    • Ontwatering
    • Lusteloosheid
    • Neerslaan (fits or collapse)
  2. Behandeling vir Parvovirus

NB: DAAR IS GEEN TEENMIDDEL VIR DIE PARVO GASTROENTERITUS VIRUS NIE.

Veeartse pas die “Snap-combo” toets toe om die siekte te diagnoseer.  Met diagnose kan hul slegs die simptome bestuur.

Twee van die belangrikse faktore is om te verhoed dat die dier:

  • dehidreer of ontwater
  • proteiene verloor

By jou veearts sal die hond op ‘n drup gesit word om dit te verhoed en spesifieke antibiotika kry wat binneaars toegedien word.

In die geval dat veeartse nie beskikbaar is nie, is die toediening van vloeistowwe en elektroliete in kort tydperke van 15-20 minute lewensbelangrik.

  1. Diere wat siek word, word ook maklik naar en sal met ‘n anti-naarwordmiddel behandel moet word.
  2. Hierdie honde is nie in staat om enige voedingstowwe op te neem nie en moet daarom gehelp word om ontwatering te voorkom en voeding in klein hoeveelhede op te neem.
  3. ‘n Veearts sal die dier se glukosevlakke kan vasstel, albumien (bloed proteien), asook die potassiumvlakke en die nodige aanpassings maak om in die dier se behoeftes te voldoen.
  4. Sommige honde sal ‘n bloedoortapping nodig hê en dit word gedoen om die lae proteienvlakke in die hond se bloed te oorkom.
  5. Omdat die diere naar is, wil hul nie graag voedsel inneem nie en moet in vele gevalle gedwing word om voedsel in te neem.
  6. Jou veearts sal dit beter kan doen om die dier op ‘n drup te sit om dehidrasie te verhoed en die nodige ander vloeistowwe te voorsien.
  7. Goeie verpleging en higiëne is van uiterste belang by diere wat met die Parvovirus besmet is.

Hulp en raad vir die interim periode:

Die volgende hulp en raad kan nooit die kundigheid van jou veearts vervang of die nodige middels wat hy tot sy beskikking het nie.  Die persoon kan die volgende oorweeg/doen:

  1. ‘n Skoon spuit wat sowat 10-15ml vloeistof behou, om te gebruik.
  2. Een teelepel Marmite of Oxo – neem en maak aan met 1 koppie gekookte water aanmaak. Na gelang van die grootte van die hond, sowat 10ml elke 20 minute agter in die keel stadig inspuit sonder dat dit in die dier se longe kom.
  3. Sou naartjie Energade (energiekoeldrank) beskikbaar wees, kan dit gebruik word en al om die beurt met die Marmite water ingegee word. Weereens, afhangende van die gewig en grootte van die dier.
  4. Valoid anti-naarmiddel, die pilvorm of beter, die pediatriese setpil, kan toegedien word. Neem weereens die dier se massa en grootte in ag.
  5. Dien Lennon se staaldruppels 5 druppels 2 keer per dag deur die spuit in die Marmite water toe, as dit n groot hond is, gee 10 druppels. Turlington kan gebruik word indien staaldruppels nie beskikbaar is nie.
  6. As die koeldrank nie beskikbaar is nie, gee elke 20 minute ‘n vingerlek ‘rou’ heuning met die water in of verkieslik sukrose. Rou heuning is onverwerk, nie bestraal nie, geen stroop bygemeng nie.
  7. Onthou net dat suiker giftig is vir honde maar dat die maag se mikrobes in hierdie geval energie nodig het en dat dit baie belangrik is dat die afvalstowwe nie in die niere en lewer, asook maag, konsentreer nie, maar uitgeskei moet word.
  8. Alternatiewelik kan 9 gram sout op ‘n liter gekookte water met 4 teelepels suiker goed gemeng word en elke 10-15 minute toegedien word met die spuit, om die elektroliete in die liggaam te herstel.
  9. Sorg altyd dat daar vars water naby is as die dier self wou drink, wat n baie goeie teken is.
  10. Voorsien halfgaar hoenderlewer of lewer aan die hond in sagte formaat, al is dit in klein hoeveelhede, maar ook kort- kort.

Voorkoming is beter as beheer!

  1. Wanneer u ‘n nuwe hondjie kry, behandel die blyplek met Jik of F10. Die virus behoort na ongeveer 10 minute dood te wees.  Maak daarna gereeld die blyplekke en hokke skoon met die middels en tel alle mis op.
  2. Die enigste effektiewe voorkoming van die siekte is inenting, op 6 weke, op 9 weke en dan weer op 12 weke.
  3. Moet verkieslik nie ‘n jong hond onder 6 maande aan ander honde van u vriende of bure blootstel nie. Lees weer hoe en waar die virus kan oorleef.
  4. Immuniteit van ‘n dier is die heel belangrikste wapen wat hy en u het teen die virus. Daarom kan gesonde en goed gebalanseerde kos nooit onderbeklemtoon word nie en moet goedkoop hondekos ten alle koste vermy word.
  5. Pas liewers ‘n “RAW” of Rou dieët dan toe, waar groenteskille of selfs groente in geheel gemaal word, skil en al, met ‘n 50:50 verhouding van rou vleis. Hoendervlerkies, nekke en die tipe van proteien kan been en al fyn gemaal word, effe gestoom word en gevries word en as kos daagliks voorsien word.
  6. Vele kosse is nie opneembaar in droë hondekosse nie. Maak seker dat ‘n dieet genoegsaam sink bevat wat absorpsie van die nodige voedingstowwe in die dermkanaal bevorder.
  7. Wurms speel ‘n baie belangrike rol in die verlaging van ‘n dier se immuunstelsel. Onthou ook dat wurmmiddels ‘n dier siek maak maar dat dit baie belangrik is om die diere te ontwurm met ‘n middel wat 3 aktiewe bestanddele het, om die hele groep wurms te dek, soos Drontal of Antizole.  Milbemax kan ook die S. Lupi virus voorkom.
  8. Neem ook kennis dat baie honde nie werklik graandieëte goed hanteer nie en allergiese reaksies daarteen toon (gluten intoleransies).
  9. Dit plaas die immuunstelsel ook onder druk en verhoog die vatbaarheid vir verskeie siektes.
  10. Laastens, vermy “Boererate en heksebrousels”. Parvovirusse is ‘n virus en niks maak ‘n virus dood nie.  Petrol, Jeyes Fluid, brandewyn, spiritus, eiergeel, koeksoda en parafien kan nie die virus doodmaak nie.  Dit is onwaar.  Vermy hierdie gebruike ten alle koste.

Bronnelys:

Ettinger SJ, Feldman EC. Textbook of veterinary internal medicine, 6th edition, St Louis (MO): Elserivier, 2005 p.646-7.

Pierre van Niekerk © 2015

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s