HONDESIEKTE (DISTEMPER)

Wat is “Distemper”, ook genoem Hondesiekte?
Dit is ‘n hoogs aansteeklike virale siekte en ongeneesbaar. Hondesiekte kan slegs voorkom word deur ‘n volledige inentings kursus as klein hondjie (op 6 weke, 10 weke en 14 weke) en om daarna ‘n jaarlikse enting (booster) kry.

Dit kom gewoonlik by jong honde voor waar dit die asemhalingstelsel, gastro-intestinale stelsel asook die senuweestelsel affekteer. Infeksie vind plaas deur die inaseming en oordrag van die siekte deur direkte kontak met ander diere.

Groot hoeveelhede van die virus kom in die afskeidings tydens die aktiewe stadium van die siekte voor. Die inkubasie periode van die virus (van besmetting tot kliniese simptome) is 3-7 dae maar kan tot so lank as 4 weke wees.

Kliniese tekens sluit in koors, longontsteking met ‘n geel uitloopsel uit neus en oë en gastro-enteritis (diarree). As hulle herstel van die akute fase word dit meestal gevolg deur neurologiese tekens.

Honde se spiere kan begin sametrekkings kry, veral die spiere op die kop. Stuiptrekkings kan ook voorkom. Diere gaan deur erge lyding en aangesien daar gewoonlik geen behandeling / genesing is nie, moet hulle meestal uitgesit word.

Die diagnose van hondesiekte kan deur ‘n bekwame veearts gemaak word deur die “Rapid snap test” en die resultate wys baie vinnig.
Bron: “Viral diseases of the dog” Prof Remo Lobetti

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s