BLAAS WAT LEK BY TROETELDIERE

1. Inleiding
Troeteldier uriene ruik sleg en is uit ‘n higiëniese oogpunt nie wenslik nie. Uriene in die huis kan weens ‘n gedragsprobleem wees of dit kan ‘n siekteteken wees wat behandel moet word.

2. Faktore van belang
Die spiere van die blaaswand en –klep word met ouderdom swakker en daarom is ouer diere meer geneig om uriene “uit te lek” as hulle slaap. ‘n Ou dier kan soms ook nie gou genoeg opstaan nie of wil nie sy warm slaapplek verlaat nie.

2.1 ‘n Oorvol blaas lei dan tot ‘n lekkasie van uriene. Dit kan ‘n gedragsprobleem wees en die hond moet gereeld uitgeneem word na buite.

2.2 Sterilisasie: Dit is natuurlik dat uriene ook lek by sterilisasie. Daar is baie gou ‘n verbetering indien die teef met vroulike hormone behandel word. Sulke pille is by veeartse beskikbaar en die dosis word slegs een keer per week toegedien. Oordosering met die pille kan veroorsaak dat u teef al die tekens toon van ‘n teef op hitte. Sy kan selfs reunhonde lok. Maak dus seker dat u die instruksies noukeurig volg.

2.3 Sleg-ruikende uriene: Nog ‘n oorsaak van uriene wat erg ruik, is blaas- of nierontsteking. In vele gevalle is dit die irritasie van die kanaal wat veroorsaak dat die hond dikwels klein hoeveelhede uriene uitdruk. Die slegte reuk word veroorsaak deur bakterieë wat in die blaas of niere groei. Daar is net een soort behandeling vir nier- en blaasontsteking, en dit is met antibiotika.

2.4 Nier- en blaasontsteking is baie ernstig, want dit kan tot permanente skade lei. Blaas- en nierstene kom voor by honde en in ‘n vroeë stadium is dit nie baie pynlik nie.

2.5 Kanker wat aan die binnewand van die blaas groei, kan ook ‘n lekkasie veroorsaak.

3. Nierstene
Daar was in die verlede geglo dat die inname van te veel kalsium die ontwikkeling van nierstene verhoog, aangesien die meeste nierstene bestaan uit kalsiumoksalaat. Daar bestaam egter sterk bewyse wat aandui dat lae-kalsium diëte verbind kan word met ‘n hoër risiko van blaas- en nierstene en dat verhoogde kalsium ironies genoeg ‘n laer risiko meebring. Die redes hiervoor lê waarskynlik by die suurgehalte van die uriene.

4. Ander soorte nierstene
Ander soorte nierstene is struwiet (magnesium-, ammonium- en fosfaatbevattende stene), uriensuur, kalsiumfosfaat of sistien (slegs aangetref by sistinurië). Die vorming van struwietstene word verbind met die teenwoordigheid van bakterieë wat ureum afbreek, gewoonlik Proteus mirabilis (ook Klebsiella, Serratia, Providencia spesies) wat ureum kan afbreek na ammoniak, wat ‘n gunstige omgewing skep vir die vorming van struwiet.

‘n Gebrek aan die proteïen “calgranulin” word gereken is die oorsaak vir die vorming van kalsiumoksalaatstene.

Pierre van Niekerk © 2015

Advertisements

2 thoughts on “BLAAS WAT LEK BY TROETELDIERE

  1. Ons het n 11 jaar oud reuntjie Yorkie wat lek. Ons moet hom neem vir n stap voordat hy urineer!! Hy het ook al hormoon behandeling gekry maar dit lyk nie of dit enige vrugte afwerp nie. Hy is egter nog op die hormoon behandeling. Wat kan ons nog doen, hierdie is nogals n probleem?

    Like

    1. BLAAS WAT LEK BY TROETELDIERE
      1. Inleiding
      Troeteldier uriene ruik sleg en is uit ‘n higiëniese oogpunt nie wenslik nie. Uriene in die huis kan weens ‘n gedragsprobleem wees of dit kan ‘n siekteteken wees wat behandel moet word.
      2. Faktore van belang
      Die spiere van die blaaswand en –klep word met ouderdom swakker en daarom is ouer diere meer geneig om uriene “uit te lek” as hulle slaap. ‘n Ouer dier kan soms ook nie gou genoeg opstaan nie of wil nie sy warm slaapplek verlaat nie.
      2.1 ‘n Oorvol blaas lei dan tot ‘n lekkasie van uriene. Dit kan ‘n gedragsprobleem wees en die hond moet gereeld uitgeneem word na buite.
      2.2 Sterilisasie: Dit is natuurlik dat uriene ook lek by sterilisasie. Daar is baie gou ‘n verbetering indien die teef met vroulike hormone behandel word. Sulke pille is by veeartse beskikbaar en die dosis word slegs een keer per week toegedien. Oordosering met die pille kan veroorsaak dat u teef al die tekens toon van ‘n teef op hitte. Sy kan selfs reunhonde lok. Maak dus seker dat u die instruksies noukeurig volg.
      2.3 Sleg-ruikende uriene: Nog ‘n oorsaak van uriene wat erg ruik, is blaas- of nierontsteking. In vele gevalle is dit die irritasie van die kanaal wat veroorsaak dat die hond dikwels klein hoeveelhede uriene uitdruk. Die slegte reuk word veroorsaak deur bakterieë wat in die blaas of niere groei. Daar is net een soort behandeling vir nier- en blaasontsteking, en dit is met antibiotika.
      2.4 Nier- en blaasontsteking is baie ernstig, want dit kan tot permanente skade lei. Blaas- en nierstene kom voor by honde en in ‘n vroeë stadium is dit nie baie pynlik nie.
      2.5 Kanker wat aan die binnewand van die blaas groei, kan ook ‘n lekkasie veroorsaak.
      3. Nierstene
      Daar was in die verlede geglo dat die inname van te veel kalsium die ontwikkeling van nierstene verhoog, aangesien die meeste nierstene bestaan uit kalsiumoksalaat. Daar bestaan egter sterk bewyse wat aandui dat lae-kalsium diëte verbind kan word met ‘n hoër risiko van blaas- en nierstene en dat verhoogde kalsium, ironies genoeg, ‘n laer risiko meebring. Die redes hiervoor lê waarskynlik by die suurgehalte van die uriene.
      4. Ander soorte nierstene
      Ander soorte nierstene is struwiet (magnesium-, ammonium- en fosfaatbevattende stene), uriensuur, kalsiumfosfaat of sistien (slegs aangetref by sistinurië). Die vorming van struwietstene word verbind met die teenwoordigheid van bakterieë wat ureum afbreek, gewoonlik Proteus mirabilis (ook Klebsiella, Serratia, Providencia spesies) wat ureum kan afbreek na ammoniak, wat ‘n gunstige omgewing skep vir die vorming van struwiet.
      ‘n Gebrek aan die proteïen “calgranulin” word gereken is die oorsaak vir die vorming van kalsiumoksalaatstene.
      Pierre van Niekerk © 2015

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s